Batsa knorrig oor onwettige sigarette

‘n Besending sigarette word Dinsdag by ‘n kleinhandelaar afgelaai. (Foto: Maroela Media)

British American Tobacco South Africa (Batsa) het ʼn beroep op die regering gedoen om die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) se Protokol oor Onwettige Handel te ratifiseer om die onwettige verkoop van sigarette te stuit.

Suid-Afrika het die omvattende internasionale reëls reeds sewe jaar gelede onderteken, maar steeds nie formeel geratifiseer nie. Suid-Afrika het volgens Batsa verreweg die grootste onwettige tabakhandelbedryf ter wêreld. Indien die land die protokol ratifiseer, sal die WGO se opsporingsriglyne gevolg moet word.

Ná ʼn maande lange verbod weens die Covid-19-pandemie mag tabakprodukte weer vanaf Dinsdag in Suid-Afrika verkoop word.

Batsa het onafhanklike navorsing bevestig wat bevind het sigarethandelsmerkname wat hoofsaaklik uit die stal van die Fair-Trade Independent Tobaccco Association (Fita SA) kom, het die afgelope vyf maande, terwyl die verbod gegeld het, die mark heeltemal oorgeneem.

Die Navorsingseenheid vir die Ekonomie van Aksynsprodukte onder die direkteurskap van prof. Corné van Walbeek by die Universiteit van Kaapstad het tydens die afsonderingstydperk die patroon van sigaretverkope gevolg. Van Walbeek en sy span navorsers het bevind dat byna alle rokers – 93% – uit die 23 000 respondente wat aan die studie deelgeneem het, sigarette tydens die afsonderingstydperk kon koop.

Die handelsmerkname wat hulle kon koop, het egter beduidend verander, selfs al is vasgestel dat sommige kleinhandelaars sigarette wat aanvanklik wettig aangekoop is en waarop belasting betaal word, onbehoorlik tydens die afsonderingstydperk verkoop het.

“British American Tobacco het die grootste terugslag weens die verbod ondervind,” het Van Walbeek bevind.

Die omvang van die skade aan die wettige bedryf, wat voorheen R35 miljoen per dag in belasting ingesamel en betaal het, is blootgelê in die navorsingseenheid se verslag.

Batsa het vandeesweek gewaarsku dat enige aggressiewe aksynsbelasting op tabak, soos wat deur sommiges voorgestel word, net die houvas wat onwettige produsente op die mark het, gaan verstewig.

“Belasting word net betaal deur mense en maatskappye wat die wet gehoorsaam. Suid-Afrika het nou ʼn tabakmark wat beheer word deur diegene wat dit nié doen nie,” het Johnny Moloto, woordvoerder van Batsa, gesê.

“Die verbod op wettige sigaretverkope was die grootste geskenk nog vir misdadigers wat tabak smokkel. Om die aksynsbelasting te verhoog, wat hulle in ieder geval nie betaal nie, gaan vir hulle die kersie op die koek wees.”

Batsa sê ook die navorsingspan se bevindinge was helaas “voorspelbaar”.

“Ons maatskappy het nie ʼn enkele sigaret na Suid-Afrikaanse klein- of groothandelaars verskeep sedert die verbod in Maart in werking getree het nie. Dit is hoekom ons, vantevore die grootste tabakmaatskappy in die land, kwalik ʼn voetnota in die navorsingseenheid se verslag is.”

“Ons het ons volle samewerking aan die polisie en amptenare van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) by ons fasiliteit in Heidelberg gegee wat daagliks produksie en uitvoerbesendings beheer en monitor,” het Moloto gesê.

“Prof. Van Walbeek onderskat ons gevoel maar is heeltemal reg as hy in sy verslag sê “in teenstelling met Fita-lede” het ons rede om ongelukkig oor die verbod te wees.”

Moloto sê ook ten spyte van onjuiste en kwaadwillige bewerings daaroor, skuld Batsa die SAID geen belasting nie.

SAID-hoof Edward Kieswetter het verlede week gesê “dit gaan jare duur om die korrupsie en onwettige bedrywighede wat die afgelope vier maande posgevat het, uit te roei”.

Batsa sê Kieswetter se kommer is heeltemal gegrond. “Ons bly verbind tot samewerking met die SAID en ander wetstoepassingsowerhede om onwettige handel te pak en vinnig terug te keer na wettige en belastinggehoorsame handel in tabakprodukte,” het Moloto gesê.

Batsa het in Mei, tydens vlak 3 van die afsonderingsregulasie, die regering hof toe gesleep oor die verbod op sigaretverkope. Ten spyte van die regering se aankondiging dat tabakverkope nou op vlak 2 toegelaat word, word uitspraak daaroor deur die hooggeregshof in Kaapstad steeds binnekort verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Androclus ·

Dis die wat nie belasting betaal nie,dis hulle wat smile-smile bank toe loop,hierdie buitelanders veral.

Johan ·

As “onwettige” koper was die laaste aankoop ‘n BATSA produk uit Mosambiek! Ek weet nie meer wie om te glo nie …….

Corne123 ·

Snaaks meeste drankwinkels het vooraad maar gaan kyk hoe min plekke het sigarette dit net onwetting onder die tafel verkoop en dit van groot handelsnaam plekke

Anel ·

Onthou, hulle het kennis gehad dat verkope op geskort gaan word en baie plekke was uitverkoop teen vlak 5.

Persheks Adri ·

Begin by kopdoek mense dis sy en haar kinders wat geld op swart mark gemaak het en word steeds nie vervolg nie!!! Iemand beter nou op tree teen hulle regtig waar!

Hoop nie die pryse gaan op nie! Ek kon nou net 5 pakkies koop eish, want niemand het stock nie… Ek het my Kent Menthol gerook deur lockdown oor ek genoeg gaan koop het.

Andre ·

Dis lag wekkend self laas week se kop doek die ekonomie het nie seer gekry want in plaas van sigerette het mense geld op ander produkte spandeer, feit is almal wat gerook het voor die afsondering rook steeds en het seker 4 of 5 meer betaal per pakkie wat geld sodoende minder maak vir ander items waarop belasting gehef word.
Oog klappe of aspris is verseker debiteerbaar.

Fedup ·

who is idiotic and running on fumes. Now batsa want throw temper tantrums. Fita had the guts to take on oooolllddd head scarf, and not giving up today. Please get over yourselves. We, the citizens of this crappy lawless and corrupt country has had ENOUGH.
We do not care anymore. So, suck it up and move on.

Suzette ·

En so is dit Dinsdag en mens kry steeds net onwettige sigarette te koop. Kopdoek is steeds nie klaar met die rokers nie. Hul sal wel ‘n manier hê, hoe om hul gifpyle te verkoop.

katerinadiekat ·

In die klein dorpie waar ek bly, het ek P+P gebel voor ek in dorp toe is. Hulle se toe vir my hulle sal eers more he. Shoprite het wel gehad. Hang seker af waar mens woon.

Emmerentia ·

Gee kopdoek beheer en manlief (en kinders) lag nog steeds te lekker

Anton ·

Na die prysverhoging wat hulle aangekondig het wat gaan plaasvind op 24 Aug 2020, kan jy rerig die onwettige handel blameer. By wie gaan die verbruiker koop?

Pieter ·

Is nou gewoond aan die ander sigarette en ou kop doek en ANC sirkus kry nie belasting geld nie pas my.

Nette ·

My “dealer” was goed vir my vir 5 maande sal hom aanhou ondersteun

Anoniem ·

Batsa moenie nou kla nie, hulle moes juffrou kopdoek se rookverbod blatant geignoreer het en rokers nie gedwing het om smokkel sigarette te koop nie. Die swartsmeerdery van kamtige goedkoop sigarette is net ‘n ander manier om hulle eie geldsug te regverdig. Ek gaan voortaan heerlik rook aan R…..n Blue se R22.50 sigarette. Dit verskil bloedweinig van die R45.00 se M……o Gold sigarette waarvan die korrupte staat ongeveer R17.00 per pakkie kry. Tatta, die wiel draai en hierdie keer het hy sommer gou gou gedraai.

katerinadiekat ·

Die aller heerlikste sigarette wat ek in my 55 jaar gerook het, is n Mosambiekse soort, AppleMint click on. Maar mens kon dit net somtyds kry. Ek gaan dit mis! Die res vd tyd was dit maar waterbuffel ontlasting in wit papier toegedraai met n filter aand die een kant.

Adeline ·

Ek sê weer volg die geld pad en die uiteinde gaan wees by die vadoek draende kopdoek, voos vrot korrupte werker in die regering wat al die reëls maak om die land verder in verdoemenis in te korrup.

ronel ·

Maar BATSA lieg dat hulle bars!!! Produkte vervaardig deur hulle in SA tydens die verbod is uitgevoer na lande soos Namibia en weer terug gesmokkel en verkoop in SA, hul produkte het nooit opgehou verkoop nie, dis net uitgevoer en gesmokkel, buurlande het BATSA sigarette, vervaardig in ons land in voorraad gehad nog die heel tyd.

katerinadiekat ·

Nou maar dan moes Batsa BAIE meer en BAIE groter tande gewys het vanaf die dag na die verbod aangekondig was!!

Marisa W ·

Ek voel BATSA het nie hard genoeg baklei vir my regte as ‘n jarelange klient van hulle nie – ek gaan nou my bes probeer om hulle nie verder te ondersteun nie. Behalwe vir die geel vingertjies (wat net acetone skoonkry) het die swartmark sigarette vir my die ding gedoen deur lockdown.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.