Bavuma ná kniel-herrie: ‘Ons respekteer sy besluit’

Die Proteas het Dinsdag in Dubai die Wes-Indiese Eilande met agt paaltjies in ’n Wêreldbeker-wedstryd geklop.
(Foto: Aamir QURESHI/AFP)

“Quinton is ʼn volwassene. Ons respekteer sy besluit. Ons respekteer sy oortuigings. Ek weet dat hy agter enige besluit sal staan wat hy ook al geneem het.”

Só het Temba Bavuma, Protea-kaptein, Dinsdag op ʼn nuuskonferensie reageer nadat Quinton de Kock hom aan die Proteas se tweede groepwedstryd teen die Wes-Indiese Eilande onttrek het.

Dit het gevolg kort ná ʼn opdrag van Krieket Suid-Afrika (KSA) dat elke speler die knie vóór die oorblywende Wêreldbeker-wedstryde moet buig in solidariteit met die Black Lives Matter-beweging (BLM).

Die Proteas het uiteindelik Dinsdag se wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande met agt paaltjies gewen.

Volgens Bavuma is die span eers Dinsdagoggend van die raad se bevel ingelig. “Ek dink die rit (stadion toe) was omtrent een en ʼn half tot twee uur lank. Quinton het in daardie tyd sy besluit geneem. Ons het dit uitgevind, ook ék as kaptein, toe ons by die kleedkamer kom.

“Uiteraard is Quinton ʼn groot speler vir die span, nie net met die kolf nie, maar die rol wat hy vanuit ʼn senior oogpunt speel en om as kaptein dit nie tot my beskikking te hê nie, was natuurlik iets waarna ek nie uitgesien het nie.”

Bavuma erken die gebeure het tot die moeilikste dag van sy kapteinskap tot dusver gelei.

“Ek weet nie hoe ver die ding gaan ontwikkel nie. Maar sover dit ons aangaan, is Quinton steeds een van die spelers. Hy is steeds een van ons, so watter ondersteuning hy ook al nodig het, watter skouer hy ook al van sy spanmaats vereis, ons sal daar wees vir hom.”

Quinton de Kock. (Foto: Sajjad Hussain/AFP)

De Kock het tot dusver staande gebly terwyl die res van sy spanmaats kniel of ʼn vuis in die lug steek ter ondersteuning van BLM. Hy het vantevore gesê dat dit ʼn persoonlike keuse is om staande te bly.

“My rede? Ek sal dit vir myself hou. Dit is my eie persoonlike opvatting. Dit is elkeen se eie besluit. Niemand word gedwing om iets te doen nie. Nie in die lewe nie. Dit is hoe ek dinge sien,” het De Kock destyds gesê.

KSA se raad het Dinsdag nadat De Kock se besluit aan die lig gekom het ʼn tweede verklaring uitgereik en gesê hy neem kennis van De Kock se persoonlike besluit om nie te kniel nie. Volgens die raad wag hy vir ʼn verslag van die Protea-spanbestuur voordat daar oor die volgende stappe besluit sal word.

Die KSA-raad het gesê die besluit om die Proteas te dwing om te kniel is ten einde ʼn verenigde standpunt teen rassisme in te neem.

“Die verbintenis om rassisme die nekslag toe te dien is die gom wat ons moet verenig, saambind en versterk,” het Lawson Naidoo, KSA se raadvoorsitter, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

102 Kommentare

Pieter ·

So gaan hy nou sy “werk” verloor omdat hy nie wou kniel nie? Hierdie nonsens moet ent kry, en al hoe dit gaan stop is as die ondersteuners hulle stem duk maak. Bly weg van die stadions, en moenie dit op TV meer kyk nie. As daar nie ondersteuners is nie,is daar nie meer n span nie. Die poletiek neek alles op in hierdie land

Nici ·

Ongelukkig respekteer KSA nie spelers se besluite om die politieke organsiasies van hul keuse te ondersteun nie. Hul gedrag is onwettig en SA behoort verban te word uit internasionale sport. Dis jammer die res van die spelers besef nie dat hul buig vir Marxisme nie.

Uitmykoker ·

Mens voel terselfdertyd kwaad en magteloos hieroor. Elke regdenkende persoon kan egter ‘n meer positiewe bydrae maak deur lid te word van n burgerregteorganisasie soos Afriforum (indien jy nie alreeds n lid is nie). Slegs wanneer KSA, sy borge asook internasionale sportbase op daardie vlak aangespreek word, sal hierdie onreg behoorlik in die kiem gesmoor kan word.

Wakkerslaper ·

Al die hoe-ha was verniet…. slapgat de kock het gaan verskoning vra en gaan nou saam knie buig vir s.g. blm….

Marius ·

Dit is asof KSA die span se kanse om die toernooi te wen in die wiele wil ry.
Hulle het geen skaamte oor mag en gesag nie. Siestog KSA , is dit beste wat julle het???
Pateties!!!

Frank ·

Ek dink nie ons het ‘n idee hoe moeilik dit vir ‘n sportman is om so ‘n besluit te neem nie. En watse tipe intergriteit dit van so ‘n jong man verg nie. Sjoe, wat ‘n man!!

Misky ·

Wat probeer jy sê Peter? Moes hy kniel ter wille van die spel sodat hulle nie verloor sonder hom daar nie?

Peter ·

Misky, die span het gewen sonder QDK, AB en Faf vir wat dit werd is. Ek haat dat hulle nie daar is nie.
My uitgangspunt is dat as n werknemer van KSA moes QDK eienaarskap neem van die beleid van die maatskappy eerder as om te onttrek en die balans van die span te versteur. Kyk hoe maklik kon die vangskoot wat die tydelike paaltjiewagter gemis het die gang van die wedstryd bepaal het.
Sy optrede vir my is strydig met die van inklusiwiteit. Ek haat ook die tydsberekening van KSA om die beleid so laat op te dring aan die spelers. KSA het self n saak om te verduidelik.
Groete

Dries ·

Jy ou Quinton is n yster. Staan op jou regte. Geseënd sal jy wees,,, en jy. Ja jy Bavuma. Jy hoort nie in die span nie. Moet eerder niks oor Quinton kwyt raak nie. Jy is maar net nog een wat voordeel trek uit rasmag en rasbehepteid,,, pak op en keer terug SA toe. Jy mors jou en ander se tyd. Totsiens SA krieket. Alles waaraan julle raak verval in stinkende bollie,, wie gaan julle nou blameer. Shame. Ai shame.

Kompas ·

Ag nee regtig! BLM is nou al holrug gery. Alle lewens maak saak.

Heleen ·

Ek stem Alle lewens maak Saak en Ek know net voor My Here niemand Anders Nie.

Jubba ·

Ja wys vir almal in die land is ras meer belangrik as verkragting en kindermishandeling en moord en enigiets anders maar hoekom is die KSA narre nie ook daar om heel voor te buig nie dis mos hulle idee?

melaney ·

Absolute respek vir jou Quinton. Daar wag ‘n veel beter toekoms vir jou!! Jy is ‘n ware man.

Willem ·

ñ Man wat vassttaan by sy beginsels!Knap gedaan Quinton!!

Hippi ·

So….wanneer vat Bafana Bafana die knieg vir plaasmoorde? Dit is mos ras gedrewe geweld?

Marshall ·

A man of principal. How rare. The BLM/Postmodernist movement base their philosophy on the false premise that the major genetic clusters are behaviorally the same and that differences in socio-economic performance are due to White privilege and racial discrimination. There is a massive volume of hard scientific data to disprove this false construct. In all mixed societies the Jews and East Asians are at the top socio-economically, then Caucasians and then, way down, Sub-Saharan Black People. The economic discrepancy is now beyond doubt due to a massive IQ disparity between the groups, which is genetic. Violent behaviour is currently under scientific evaluation. It too appears to have a genetic component but there is, as yet, not enough data to make a definite conclusion.
Well done De Kock. Time we all openly reject the Postmodernist fraud.

Mallie ·

Quinton de Kock, ek ondersteun jou 100%. Jy staan vas in wat jy glo.

AW ·

As dit Moontlik is, gaan speel krieket in n ander land.

Seker dat jy daar waardeer sal word vir jou Talent.

Aries ·

Quinton- wees verseker daar is baie mense wat jou honderd persent ondersteun in jou besluit om nie te kniel nie- al het dit ook moontlik gevolge vir jou- die enigste rede hoekom al die ander Protea krieketspelers te gretig is om te kniel want hulle is te BANG hulle verloor hulle wedstrydgelde- Quinton my maat pak en waai oorsee waar jy groot geld kan verdien

Barney ·

Ons Boere is ń trotse volk. Ons word deur die swart mense vertrap en verneder en vermoor as ons net probeer goed doen. Genoeg is genoeg. Ons buig nie vir die spul ondankbares nie. Hulle kan maar nou vir hulself buig en lekker dom voel. Haha!

gpsa ·

Boere volk het verval in ‘n spul mense wat net wil sit en kerm en jammer gekry wil word. Het geen beginsels. Hier en daar is nog een soos Quinton de Kock met beginsels en rug graat. As ons so trots en sterk was het ons saamgestaan en iets gedoen.

Chef ·

Lankal nie meer nie, dis maar net nog ‘n mislukte nasionale sport.

Charl Albertus ·

Ek was ‘n dood gewone burger wat elke dag gedeel het in die plesiere en pyne wat die lewe bring, sonder sterk opinie, kwaad of haat. Onbekend en ongesiens. Die laaste paar jaar word my taal en kultuur, my menswees en trots getrap. Dit bruis binne my. My tanne kners en my oë trek skrefies. Ek het tot stilstand gekom. Maar ek staan nie net nie, née, ek staan op. Ek staan op want ‘n lyn word in die sand getrek. Hulle trek die lyn, nie ons nie. Die opoffer van my voorvaders en die toekoms van my nageslag roep my tot standpunt. Ek sal antwoord op jou roepstem, ek sal offer wat jy vra.

Chef ·

Ek stem saam, maar dit bly egter gewoonlik by die uiter van woorde.

Jakes ·

Kan die bestuur van KSA se kennis en integriteit van die spel asb verduidelik word? Niks anders as n spul huigelaars nie. En wat is Graham Smith en Boucher se menings hieroor? Almal weet hoekom Bavuma juis as kaptein aangestel is ten koste van Markham. Dieselfde gald met rugby. Daar is egter duisende sportliefhebbers wat regdeur hierdie spul sien en besef dat narre sedert 1994 alles beheer.

Anel ·

Die volgendes wat seker gedwing gaan word is die rugbyspelers. Quinton, as jy my seun was, sou ek nie my trots kon wegsteek nie. Jou ouers moet ongelooflik trots wees op jou. Jy gaan nog baie vêr in die lewe kom. Wat mense nie alles vir afgod sport sal doen nie.

Edward ·

Rassisme is deel van wereld menswees. Dit help om ‘n volk se identiteit te bepaal. As een persoon ‘n persoon van ‘n verskillende ras egter beledig of misbruik as gevolg van ras of vel kleur dan is dit rassisme wat as crim injuria geklassifiseer moet word en dit moet deur ‘n land se regstelsel beheer en aangespreek word en so word rassisme beheer en beperk tot ‘n beskaafde vlak. Sportmense gaan na toernooie om hulle sport te beoefen, nie om rassisme uit te roei nie. Net die feit dat Quinten daar is en teen mense van ander ras sy sport beoefen, wys dat hy nie rassistiese agendas het nie maar net sy sport vernuf wil meet teen ander spanne. Ons as Christene kniel net voor God, dit is vir ons ‘ n heilge gebaar. Om te kniel vir rassisme is sinneloos.

Wakkerslaper ·

Dit lankal tyd dat ons ons eie sportligas begin waar spelers slegs op meriete gekies word en twak soos kwotas en blm nie geduld word nie. Dan kan die “agtergeblewenes” rustig voortploeter op hulle eie steeds agtergeblewe bly…

JM ·

Die ANC is die vloek wat ons land in alle opsigte getref het sedert 1994.

jzjz05 ·

Laat KSA die knie buig vir die blanke minderheid in SA teen n rasmalregering,Dan kan hulle ons wys hulle is erenstig oor rassisties. En waar is die MRK nou “So stil soos n landnyn .”

JohanR ·

Net jammer al die wit spelers in die span is soe lam sakkig. Aan die een persoon in die span met ‘n ruggraat se ek vat jou goed en trek Ferrerra. Jy kan jou krieket eenige plek gaan speel en seker meer geld maak as by die Proteas.

piet ·

Maar nou moet jy versigtig wees dat jy nie nou almal se persoonlike opinie van die tafel afvee nie. Daar IS wit spelers in die span wat BLM ondersteun en het nog die heeltyd so gedoen deur knie te buig. Om die waarheid te se daar is net 3 spelers: De Kock, Nortje en Klaassen wat nie voorheen knie gebuig het nie. Nortje en Klaassen het blykbaar nou ter wille van span-eenheid besluit om ook maar te kniel. Daar is ook ‘n mooontlikheid dat Nortje en Klaassen (en selfs De Kock) wel BLM ondersteun maar net nie daarvan hou om die knie te buig nie.

Chef ·

Dis nogal waar. Ek sal dit waag om te sê dat die meeste persone wat BLM ondersteun nie die vaagste benul het waarvoor hul werklik staan nie.

piet ·

Chef – Ja. Eintlik het BLM niks met sport te doen nie en ek weet nie hoe dit in die eerste plek sy weggebaan het tot in sport nie. Wat wel van toepassing is op sport, is rassisme in sport en voorbeelde van laasgenoemde sien ons veral in Europese sokker waar sekere toeskouers swart spelers rassistiese aanmerkings toesnou. Dit blyk ook ‘n probleem te wees by Australiese krieket. BLM is ‘n Amerikaanse storie waar hulle wit polisiemanne blykbaar meer geneig is om op swart misdadigers te skiet. BLM moet in Amerika uitgesorteer word dit het niks met sport te doen nie.

Vrijburger ·

Piet – Nee. Daai mite van Amerikaanse polisiemanne wat meer geneig is om swart misdadigers te skiet is word nog net in die (s)linkse hoofstroom media aan die lewe gehou.
En die mees blatanste vorm van rassisme in sport, nl kwotas in SA se sport, laat jy gerieflikeheidhalwe uit in jou argument hier bo?
Maar ek stem saam BLM het niks met sport te doen nie, en hoor in Amerika uitgesorteer te word.

Porseleintjie ·

Bravo Quinten. Ons kniel net voor God. Mag Hy jou so seen dat die wereld sal sien Hy is waarlik God.

Peter ·

Dis jammer dat dit gebeur terwyl die atlete besig is met n belangrike toernooi.

Die atlete is ambassadeurs van SUID AFRIKA en werknemers van KSA en dus moet die land se belange verteenwoordig word en juis daarom dat QDK moes kniel. Werkers neem tog eienaarskap van beleide ensovoorts en daar is griewe prosesse om te volg as daar ongelukkigheid is,
Ek stem nie saam dat dit n instruksie van Bestuur moes verg om die atlete te forseer om te kniel want hoe hipokrities is dit nou om te kniel en nie vroeer nie.
Hoe verduidelik QDK aan sy ondersteuners van ander rasse sy standpunt en hoe regverdig hy dit aan sy werkgewers wat inklusiwiteit hoog of prys stel. Israel Folau van vooraf…

Ons land is so verdeeld mense dit is hartseer om te aanskou.
Ek volg die gebeure maar sal nie my asem ophou.

Tjaart ·

Ja Peter. Dit is n baie eenvoudige saak vir mense soos jy. Jy weet, die tipe wat nie n ruggraat het nie.

Kobus ·

Wel mnr Bavuma,jy het jou sin gekry. Die ander lande wat krieket bo politiek plaas sal Quinten laat tuis voel. Net jammer die ander spanlede wat soos Quinten voel het nie die moed gehad om saam met hom te staan nie.

piet ·

Alle lande se krieketspanne ondersteun BLM lyk dit vir my. SA, Australie, NZ, Indie, WI, Pakistan, Sri Lanka, Pakistan en Engeland almal amptelik sover ek weet.

Johanna ·

Quintin de Kock, jy is n man uit murg en Been. Jou beginsel voor wie en wat jy sal kniel, spreek boekdele. Ek haal my hoed af vir jou.
Rassisme word in elke mens se hart beveg nie om te kniel voor skares nie.
Dis belaglik. Dis omgekeerde diskriminasie om te verwag mense moet kniel vir enuge iets.
Kry n beter manier om rassisme te beveg. Die een gaan nue werk nue, sorry.
Rassisme sny baie fyn na albei kante toe.
Wat is n ras???? Define die woord en sien dat daar ander rasse is wat nie BLACK.is nie..

Catherina ·

BLM….arsonists, trouble makers. So….we have to show respect to such? Well done Quinton….you have respect of all the peace loving South Africans

Louise ·

KSA…
ALL LIVES MATTER!
KOM TOG NET OOR DIE STROOI VAN NET EEN RAS MAAK SAAK! Daar is BAIE ander rasse nie net WIT EN SWART NIE. ALMAL MAAK SAAK. PUNT

Renier johannes ·

Hou politie uit sport uit doen julle werk eerder as om nonsens te praat

Susan ·

Regtig waar! Alles wat politiek is meng deesdae in met sport en opvoeding. Almal word gedurig gedwing om iets waarin jy nie glo of voorstaan nie, te doen, en meestal het dit te doen met rassisme. Die krieketspeler tree bewonderingswaardig op, mooi so, staan by dit waarin jy glo!
Ons het meer mense in die land nodig, wit, swart of gekleurd, wat nie soos ‘n trop skape net agterna draf en ja en amen op al die belaglikhede wat aan ons afgedwing word nie.

Pieter ·

So sal ons almal nog hierdie besluit moet neem om op te staan teen die dinge van hierdie tyd. Die duiwel is los.

Jannie van Niekerk ·

BLM gaan nie oor rassisme nie, dit gaan oor ondersteuning van ‘n Amerikaanse misdadiger. Waarom word daar nie ook atandpunt deur KSA ingeneem teenoor die sinnelose uitmoor van plaasboere nie?

piet ·

BLM gaan daaroor dat wit Amerikaanse polisiemanne klaarblyklik “meer” geneig is om vermeende swart misdadigers te skiet (en bloot volgens statistieke blyk dit wel so te wees). Reg of verkeerd maar dit is waaroor dit gaan.

Jannie van Niekerk ·

Dit verander niks aan die feit dat BLM absoluut geen verband met rassisme in SA het nie. Misdadigers word in elk geval in SA en in die VSA baie beter behandel as hulle sl;agoffers.

Debbie ·

Mense kan hul kniee deur kniel en vuiste bal soveel hul wil. Rassisme sal nooit heeltemal uitsterf nie en niks gaan dit stop nie. Amerika se apartheid het donkie jare gelede gestop en tot vandag toe is daar rassisme, en net so erg of selfs erger.

kapteinr ·

Quinton, dankie, is al wat ek sal se…
Geen Protea krieket verder vir my nie.
Marshall, yes, in Africa violence is the rule of the game.

Sylvia ·

Wat het geword van jou konstitusionele reg? Wanneer dit pas word goed afgedwing. ALLE lewens tel, dit sluit sommer diere in ook, die natuur, ensovoorts. Hierdie sulke afdwinging bring verdeeldheid en mens wonder “wie” dwing verkragting, moord, mense-handel, smokkelry af?

Jannie van Niekerk ·

As dit oor swart bevoorregting gaan het niemand regte nie, Almal weet dat ou Nati die minister r van sport ‘ en namasveranderings ‘n ANC lid is en dat hulle misdaad (lees |BLM) ondersteun.

Jr ·

KSA lyk dit asof dit krieket verenig of skade aan doen. Word wakker man. Klaar met ksa en die CANCer span

Andries ·

As jy my dwing om iets te doen… basta met jou. Maak nie saak wie jy is nie. In my geloof beteken dit om die knie te buig is ek jou mindere en jy het mag oor my. Jy is nie my koning of God nie. Ek aanbid jou nie so ek buig nie my knie vir jou nie. Ek kan presies dieselfde standpunt maak terwyl ek regop staan.
Ek is teen alle vorme van rassisme maar die is nou bietjie ver gevat.
Eish….Jammer maar my IK verstaan dit nie.

Johann ·

“Ons respekteer sy besluit” maar ONS is tevrede om ‘n walglike organisasie se kortsigtige siening te bevorder. Nee, almal se lewens is belangrik, wys dit op gepaste manier indien jul dan wil.

Frans ·

Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan;
Ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan;
‘n oog wat nie wyk,
wat ‘n bars kan kyk;
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipstaan staan –

Vir my die Afrikaner van durf en daad,
Wat Mammons eer en loon versmaad,
Sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
En ‘n trap van sy voet vir laag verraad!

O, ek hou van ‘n man wat sy man kan staan:

Desere ·

Die voorlaaste paragraaf is lagwekkend: ‘n verenigde standpunt, maar dis onder dwang?? Haha ek dink my kop is te plat om dit in te sien.

Janee ·

Ons admireer jou Quinton!…Jy’s ‘n man van integriteit!!!

Frikkels ·

Politiek moet uit sport verban word, eers dan kan ons vorentoe beweeg op die sportveld. Maar die siek regering moet mos oral ñ vinger in die pastei hê. En hulle word slaafs nagevolg deur hulle liberalistiese meelopers!

Johanna ·

Het die Krieket Raad en die public al gaan kyk waarvoor staan die Beweging BLACK LIFE’S MATTER??
Doen jouself n guns en gaan kyk gerus.

JN ·

Quinton De kock jy is n man met integriteit!
Ek respekteer jou waarlik baie in die hipokratiese wereld waar hoer geplaasdes jou sal intimideer om te te spring soos hul vir jul sê en so daardeer mense se demokratiese regte verkrag om hul eie agendas deur te voer….
Politiek hoort nie in sport nie!
A Cheap shot from superficial political agenda driven dictators!!!

Willem ·

Ek kan my nie vereenselwig met ‘n sportspan wie se lede in die openbaar hul steun toesê aan ‘n organisasie wat misdadigers en terrorisme ondersteun en pleeg nie. Jammer Proteas maar julle ondersteuning vir BLM gaan julle duur te staan kom. Julle en KSA gaan dit aan jul beursies voel wanneer die geldstroompie opdroog omdat niemand na jul wedstryde kom kyk nie. Wag tot dit gebeur dan praat ons weer.

piet ·

Ongelukkig vir jou ondersteun omtrent alle spanne ter wereld BLM. So jy moet maar sport in sy geheel los weens jou eie persoonlike oortuigings.

Heleen ·

Moan maar Ek gee Nie Om. Ondersteun glad Nie meer SA sport. Dis n Klug met Al’s wat aangaan.

Erich ·

Ek steun hom ten volle. As dit gegaan het oor rassisme sou ek dit ondersteun. Hoe kan daar beweer word dat slegs swart lewens saak maak. Wat van al die ander mense in die wereld. Belaglik – dit is hoekom ek geen Suid- Afrikaanse span ondersteun nie. Nie sewes of rugby of krieket nie. Ek kyk dit glad nie meer vandat die blm storie sy kop uitgesteek het. Almal se lewens maak saak.

summie ·

Oneindige RESPEK vir Quinton, wow!! Mens kniel NET voor God en voor NIKS en NIEMAND anders nie! Meer mense kan gerus sy voorbeeld volg, what a MAN !!!

Petrie ·

Ek het al lankal sedert die eerste knie buiging besluit om nie meer enige sa span wat die knie buig te ondersteun, daarna te kyk of enige iets met hulle te doen te hê nie.

Toy ·

KSA maak dit nou ‘n rasse ding, krieket moet geniet word, julle maak dat dit onsmaaklik man.

Piet parys ·

So KSA stel iets in en spelers moet net inval . Dis viktimiseering op die hoogste graad . Hulle vertolking van die rede is nie aanvaarbaar vir meeste van die mense in die land nie. Jy kan nie iets instel en almal moet dans nie.Dis om vir n Moslem te sê hy moet n Christen wees of anderom anders kan hy nie meer krieket speel nie

Johannes ·

Hoekom slegs black lives. Alle lewens maak saak en as dit so uitgedruk word glo ek baie sal saamstem en ondersteun.

Hondjie ·

Boet laat hul di kriekit druk waar di son ni skyn ni.speel oorsee kriekit en word wardeur en los lat di kwotas maar aan buig.maak my so vies.as die kwota wil buig is reg.los die regte spellers hul eie keuse

Blikkies ·

Ek dink nie die BLF het enige iets met enige sport uit te waai nie. Dit is slegs Polities gedrewe en teen alle wit mense. Dit is omgekeerde Rassisme. My siening: All Lives Matter. Ek respekteer Quinton de Kock se besluit.

Mercia ·

Ek probeer piet antwoord maar die modereerder modereer die rook uit my uit. Mag mens nie vir piet antwoord nie.
piet wat sê BLM gaan oor polisiemanne wat swartmense doodmaak. Gaan doen jou huiswerk piet hou op om uit die heup te skiet met belaglikhede.

Hendrik ·

Bog, as julle Quinten se standpunt gerespekteer het, sou julle saam met hom geweier het om te speel. Julle is almal ruggraatlose papperts wat gedienstig is aan die ultra-linkse BLM ideologie.

msp ·

Dis net rasiste wat hul kiee sal buig aangesien alle Suid Afrikaners deur die kriminele benadeel word en dit terwyl die regering die kriminele beskerm.

Johan ·

Mens kan maar net wonder watse invloed KSA gehad het hoekom AB en Faf uit getree het? Well done Quintin jyt my respek. Ek kniel net voor my Here dis al.

Wakkerslaper ·

Sien de kock het nou om “verskoning” gaan vra en sal nou saam sy knie buig…. Wat de heng man!?!? Plaas dat hy maar dan van die begin af saam met die links-liberales gaan g@tkruip en knieë buig… en dit alles vir ‘n verdomde misdadiger! Maar toe gaan skep hy die indruk dat hy vaste beginsels en ‘n ruggraat het. Flippin TWEE GESIG JOINER man!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.