‘Bazoeka’-student skuldig aan haatspraak

Luvuyo Menziwa. Foto: Via Facebook

Luvuyo Menziwa, die geskorste lid van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se studenteraad wat in 2016 in ʼn Facebook-plasing gesê het hy wil wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka doodskiet, is in die gelykheidshof aan haatspraak en aanhitsing tot geweld skuldig bevind.

Henrico Barnard, voormalige studenteraadvoorsitter van die UP en lid van AfriForum Jeug, het gesê Menziwa is Vrydag deur die hof beveel om binne vyf dae vanaf die hofuitspraak op sy Facebook-blad om verskoning vir sy optrede én die nadelige gevolge daarvan te vra. Hy moet verder gemeenskapsdiens, spesifiek in armoedige wit gemeenskappe, verrig.

Menziwa was ten tyde van die plasing ʼn lid van die EFF se jeugvleuel aan die UP.

Teen Maandagoggend het daar nog nie ʼn verskoning op Menziwa se Facebook-profiel verskyn nie. Barnard het aan Maroela Media gesê indien Menziwa nie binne vyf dae ʼn verskoning op sy profiel plaas soos deur die hof beveel nie, sal AfriForum verdere stappe doen om te verseker dat hy wel aan die hofbevel gehoor gee.

Menziwa het wel Saterdag ʼn skakel na ʼn artikel op Forum Nuus oor die voorval op sy profiel geplaas waarin hy sy Facebook-vriende vra vir ʼn vertaling van die berig.

Maroela Media het vroeër berig Menziwa het in Augustus 2016 op Facebook ʼn lys redes geplaas hoekom hy wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodmaak. Hy het in die inskrywing redes gelys waarom hy wit mense haat, onder meer “wit voorreg, wit arrogansie, wit monopolie van kapitaal en wit meerderwaardigheid”.

“Ter afsluiting, f** wit mense. Gee my net ʼn AK-47 of ʼn bazoeka sodat ek die regte ding kan doen en hierdie demoonbesete mense kan doodmaak,” lui die inskrywing.

‘n Skermskoot van die inskrywing soos deur AfriForum Jeug verskaf.

Menziwa is aan die einde van Augustus, ná druk van AfriForum Jeug op die universiteitbestuur, van die studenteraad geskors hangende die uitslag van ʼn interne ondersoek deur die studenteraad.

In Januarie 2017 het ʼn woordvoerder van die UP bevestig dat Menziwa aan ʼn tugverhoor onderwerp sou word, maar volgens mediaberigte kon dié verhoor nie onmiddellik voortgaan nie omdat Menziwa nog nie amptelik vir 2017 as student by die UP geregistreer het nie.

Maroela Media het die UP genader vir kommentaar oor die voorgenome tugverhoor teen Menziwa en wag op terugvoer.

Intussen het Barnard die hofuitspraak verwelkom. “Dit is verblydend om te sien dat politieke studenteleiers nie bo die wet verhewe is nie. Ek wil dit benadruk dat leiers verantwoordelikheid moet aanvaar vir hul uitlatings en hulle nie moet skuldig maak aan goedkoop politiekery nie,” sê Barnard.

Henk Maree, hoof van AfriForum Jeug, het gesê enigiemand, ongeag hul kleur, wat hulle skuldig maak aan haatspraak en aanhitsing tot geweld moet deur die howe gestraf word.

“Ons let egter daarop dat Menziwa se straf nie naastenby so hewig soos dié van enkelinge soos Penny Sparrow is nie, hoewel Menziwa se uitlating ʼn element van geweld bevat het. Net so fokus talle mediahuise telkens op gevalle van sogenaamde rassisme waarby wit oortreders betrokke is, maar in hierdie geval, waar ’n swart persoon hom aan dieselfde misdryf skuldig gemaak het, word dit nie gedek nie,” het Maree gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Patriot ·

Mooi.. ek sou graag wou sien dat hy moet `n stewige boete ook betaal . `n verskoning is nie genoeg nie, gemeenskapsdiens ook nie. Hy kom te lig daarvan af.

Anton ·

En Penny Sparrow moet R150 000.00 betaal. Weereens dubbele standarde.

Pieter ·

Sy aanhitsing is vasgebrand in sy soortgelyke volgelinge. Dit het 10 keer meer skade tot gevolg as die wit dame se uitlatings. Hy moet ‘n 10 keer groter boete opgelê word. Hy is in die “nuwe” SA gebore en op universiteit welke ‘n voorreg is teenoor baie wit jongmense van sy ouderdom wat nie universiteit kan bekostig. Skors hom en verban van alle tersiëre instellings.

Gertryda ·

Hoe nou??? Net gemeenskap dien hoekom nie R250000 nie
Uhmmmmmm

Irene ·

Ag tog wat van malema wat wit mense se kele wil afsny wat doen hulle omtrent dit hy die aanhister van dit loop lag lag rond

Tess ·

As jy haat in jou hart het sal enige slagoffer doen. In Engeland maak die wit mense mekaar dood vir godsiens en aan watter kant vd treinspoor jy bly. Oor die hele wereld is daar maar haat. Dis net hier in ons land waar daar kleur betrokke is. Kyk maar na sy foto-die ding om sy nek en die haat in sy gesig. In Amerika maak kinders hulle klasmaats dood? Dink jy regtig jy het dignity sonder integriteit? Dit nogal met ‘n TUKS hemp aan.

PW ·

Ek is TROTS WIT, hy en sy makkes kan my maar HAAT, pla my nie, hul sal net nooit by my werk of n geldjie by n robot of in parkeerarea ontvang nie. HAAT my maar is lief vir my geld en besittings.

Pierre ·

Weereens net ‘n duidelik voorbeeld van dubbele standaarde vir straf tov rassisme…

Penellope Jones ·

Sal seker nie ‘n boete kry nie . . . . . . .

Mens sou gedink het dat iemand wat plek kry op die studenteraad van ‘n universiteit, meer beheer oor denke en uitsprake sou en moes he. . . . . . . .of is die studenteraad eerder ‘n bedekte politieke platform vir aanhitsing en rassisme?

Lerato ·

Iemand moet appeleer teen die geringe “vonnis” as jy dit ooit n vonnis kan noem.
Sy uitlatings is baie duidelik haatspraak en moet as sulks deur die howe hanteer word.

Onder Zuma het die wetgewende en uitvoerende gesag n siek grap geword.

Hoop van harte dat die regsplegende gesag die selfde pad gaan loop nie.

Alida 2 ·

Dit help nie hy vra onverskoning nie want hy gaan dit nie bedoel nie.
As enige blanke sulke uitlatings maak sal die straf veel erger wees.
Hy moes onmiddelik geskors gewees het.
Wat maak mnr. Menziwa in elkgeval by ‘n instelling wat deur die mense wat hy so haat opgerig is?

blue butterfly ·

Wat van Malema wat geweld aanhits? Waarom kom hy elke keer weg daarmee?

Dewald ·

Sorry – ou – jy gaan nie eendag ‘n werk by my kry nie – ek hou foto’s van almal wat haatspraak teenoor blankes doen.
En daar is baie maatskappye wat dieselfde doen as ek.

JoeJ ·

Ek doen presies dieselfde! En almal wie ek ken doen dieselfde. Hulle sal nie naby my kom nie.

Wonder maar ·

Daardie aanhaling op sy Faceboekblad kan tans op ons blankes van toepassing gemaak word, waar ons vreemdelinge in ons geboorteland geword en waar ons basiese menslike waardigheid gedurig aangetas word.

Soos iemand oor die naweek opgemerk het – “white “privilege” is ‘n gesin met ‘n pa, ma en twee kinders.

HPV ·

Net so bevrees soos Malema, dieselfde windlawaai. Ek het nie eers een witmens sien bewe van vrees nie. Het wel baie sien lag vir die narre.

Boontjie ·

Los die verskoning vir iemand wat belangstel, gee eerder R150 000 vir arm wit gemeenskappe. Dit sal meer uitrig.

Hans ·

Stem saam dat daar teen die verspot ligte “vonnis” appelleer word.

Blommie ·

Stem ook saam oor haat spraak maar stem nie saam met gemeenskap diens in arm wit gedeelte nie. Hy sal sy kans daar gebruik om daad by die word te voeg

Siek en sat ·

Hy moet n boete betaal. Whats good for the geese is good for the gander. Why does he NOT pay a fine ??????? Double standards. Wonder what would have happened if this student was of another race???????????,?????

Belinda Erasmus ·

Rassisme en haatspraak bly gruwelik, maak nie saak van watter kant af dit kom nie. Waarom word dit dan so ongelyk hanteer? Lelike name wat rasse toegesnou word, word beantwoord met doodsdreigemente deur jong mense wat nie deel was van die ou bedeling nie. Waarom al d haat?

HPV ·

Alle werkgewers onthou sy gesig, hy doen dalk binnekort aansoek vir werk.

WERK? ·

HPV, jy nie geweet hulle Everthing For Free hê nie.
90% van die land , 90% van besighede,90% van die geld behoort volgens die “previously disadvantaged” aan die “currently disadvantaged” So ons dra 90% by tot die belasting wat hom verniet laat bly en studeer ..hoe nou?
Maar ons hou ons oë oop vir sy werkaansoek..AS hy dit ooit maak.!!

Wonder ·

Hy moet net ondertoesig werk, want hy kan dalk probeer om iets aan die arm wit mense te doen.

Tammy ·

Diskriminasie, diskriminasie, diskriminasie. Hy SAL n BOETE van minstens R200 000 betaal en klaar. Hoekom moet hy omverskoning vra? Vir wat? Ek verloor myself hier… heeltemal. EK kan nie meer die onregverdigheid hanteer nie. n Oog vir n oog. Behandel hom dieselfde as Penny Sparrow… Julle skep n president met n VERSKONIG> SIES vir die persoon wat so n uiters SWAK besluit geneem het. SIES vir jou

Theresa ·

Twyfel of hy gaan werk. Hy is reeds in die klas van sekere politieke party – dus reeds indiens. Uiters swak dat hy ‘n powere boete kry. Siestog boetie, die priviledges wat baie duisende vandag geniet tel lyk my niks. monopolie? vanwaar gehasie? kyk bietjie wie het monopolie! arrogance? seker in die spieël geloer toe hy dit sis. Baie makliker om te haat as om te verdra en “lief te hê” . Helaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.