‘Bazoeka’-student: Tugverhoor ná uitlatings

Luvuyo Menziwa. Foto: Via Facebook

Luvuyo Menziwa. Foto: Via Facebook

Luvuyo Menziwa, die geskorste lid van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se studenteraad wat vyf maande gelede glo gesê het hy wil wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka doodskiet, se tugverhoor begin eersdaags.

Candice Jooste, woordvoerder van die universiteit, het aan Maroela Media gesê Menziwa se verhoor sal in Februarie plaasvind.

“Die datum is onlangs eers vasgestel weens ʼn sameloop van omstandighede, onder meer die ontwrigting van die 2016-akademiese jaar weens die studenteprotesaksie, die eksamens, die beskikbaarheid van getuies en die Desembervakansie,” het sy gesê.

Dit volg nadat Menziwa in Augustus na bewering op Facebook ʼn lys redes geplaas het hoekom hy wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodmaak. Hy het in die inskrywing redes gelys waarom hy wit mense haat, onder meer “wit voorreg, wit arrogansie, wit monopolie van kapitaal en wit meerderwaardigheid”.

'n Skermskoot van die inskrywing soos die AfriForum Jeug verskaf.

‘n Skermskoot van die inskrywing soos die AfriForum Jeug verskaf.

“Ter afsluiting, f** wit mense. Gee my net ʼn AK-47 of ʼn bazoeka sodat ek die regte ding kan doen en hierdie demoon-besete mense kan doodmaak,” lui die inskrywing.

Menziwa is aan die einde van Augustus, ná druk van AfriForum Jeug op die universiteitbestuur, van die studenteraad geskors hangende die uitslag van ʼn interne ondersoek deur die studenteraad.

Strafregtelike aanklagte van intimidasie, aanhitsing van geweld en crimen injuria is ook by die polisie aanhangig gemaak en by die hof ingedien vir beslissing.

Lees die vorige berigte oor Luvuyo Menziwa op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Carel ·

Dis ‘n kortstondige berig. Wanneer is die kriminele klagtes gelê? As dit reeds in Augustus laas jaar aanhangig gemaak is en uitsluitsel is nog nie gegee nie, watter tipe geregtigheid is dit? “Justice delayed is justice denied.” Ek dink Afriforum gee net lippediens aan die klagtes sonder om dit ernstig op te neem. Ons, die verontwaardigde burgers wat nie die finansiële vermoë het self stappe te neem nie moet ons berus by Afriforum se aksie. En ek dink nie hulle gee hoe beste nie.

Ja toe ·

Nou ja toe, alles berus by AFRIFORUM?? Behoort jy aan AFRIFORUM ? Hoe verwag jy van ‘n organisasie waaraan jy NIE behoort nie om sy BESTE te gee sonder enige fondse? Hulle is 100% afhanklik van die publiek se befondsing, almal wil altyd het AFRIFORUM moet iets doen, maar hulle wil nie eers R50 ‘n maand tot hulle bydra nie. Jy kan nie saampraat as jy nie aan hulle behoort nie, dan moet jy jouself maar berus by hulle besluit. Daar is mos nog mense wat dink Afriforum is ‘n regse politieke party, en voordat mense hulleself nie EDUCATE nie, gaan julle maar tevrede moet wees met wat hulle kan doen SONDER julle fondse.

Herman ·

AfriForum is so besig om hofsake te voer waarvan jy nie eers weet nie. Lig jouself in, gaan na hul webtuiste en vergewis jou daarvan voordat jy links en regs oordeel spreek waarvan jy nie kennis dra nie.

Justsaying ·

Kriminele sake word nie binne ‘n maand of twee afgehandel. Party sloer jare. Dit is nie te sê omdat daar nog nie uitspraak gelewer is dat daar niks gedoen is.

JP Fourie ·

Carel man! Word wakker van Winkel!
Afriforum doen ‘n ontsettende goeie job!

Piet Pompies ·

Jammer boeta, ek is wit en hier om te bly, die suksesse in my lewe is te danke aan my eie en ons as gesin se toedoen. My arm verlede het my nie terug gehou om my kinders suksesvol deur die skool te sit en te verseker dat hulle werk.
Anders as jy haat ek nie mense want haat is sleg vir jou as mens, dit beperk jou groei in die lewe en maak dat jy nie met mense oor die weg kom.
Verander jou denke en deure sal vir jou oopgaan.

Amanda ·

Lees mooi – hy is eers NA druk van Afri Forum geskors!!!! Is dit nie haatspraak nie!!!

Fritz ·

Ek is waar ek is nie oor ek wit is nie maar oor ek bereid is om hard te werk. nie ander rasse blameer vir wie en wat ek is nie en nie n chip op my skouer dra en verwag alles in die lewe moet verniet wees en dat ek geregtig daarop is nie. Ek as witmens is hie om te bly maak vrede daarmee.

Johanna Botha ·

Wonder wie is nou eintlik demon possed …tragies !

janee ·

Witbevoorregting ? snaaks ek is wit maar het nie geld of die voorreg om aan n Universiteit te studeer nie. En jy is n arm swart student wat studeer aan n Universiteit….wonder wie is nou arrogant!

Jordaan ·

Is daar enige klag by die MRK gelê hieroor? Maar selfs as daar nie is nie, die MRK is baie vinnig om wit rassiste te vervolg, in die geval is daar nie ‘n piep van hulle of die ANC en DA nie.

Chris ·

Ja Jordaan en ook nie van die vf+ nie. Al wat iets dien is afriforum. In ander gevalle tree die MRK op sonder dat daar n klag by hulle gelê is.

De Villiers ·

Hy haat blankes, maar dis goed genoeg as hy op ‘n instelling kan studeer wat deur hul inisiatief daargestel is, op paaie kan ry wat deur hulle inisiatief gebou is ens. Dubbele standaarde.

AL ·

Hy is n knapie wat nog nat agter die ore is. Wit bevoorregting?! Daardie 2 woorde is lagwekkend! Duisende (dit klink min – in vergelyking met hul bevolkingsonploffing) wit afrikaners soos ek het arm groot geword gegedurende apartheidsjare. Niks het in ons skote geval nie – het nie eens n HOP huis ontvang of kon universiteit bekostig nie.
White monopoly capital! Net so lagwekkend. Hul besit die afgelop 23 jr die meeste werk!
Raak groot seunie en moet nie jou mislukkings op ons neerpen nie.
O ja, laat jy strafregtelik aangekla word, ander wit mense se lewens is geruineer oor rassistiese uitsprake wat so sag soos n malvalekker is teenoor jou gruwelike haatlike uitlatings.

KP ·

Ja en al hierdie geriewe soos hier genoem is deur oorwegend wit belasting geld gefinansier. Ek wonder persentasie gewys hoeveel belasting word deur die wittes betaal teenoor swart in SA en op watter persentasie word hierdie belasting uit gegee, dit wat nie gesteel word deur ANC regering.

Denise ·

Hoe tragies dat hulle altyd wil uiter die wit bevoorregtes waar kry hulle die snert elke wit mens moet bloed sweet vir wat hy of sy het dit val nie uit die lug nie ai tog ek is keelvol vir die dom uitlatings al hoe jy iets bereik is om te WERK !!! Wat jy saai sal jy maai en jy is op universiteit weet jy hoeveel slim wit kinders se ouers het nie geld om hulle te laat leer nie ????? Jou uitlatings is iets uit n RILLER prent!!! Without prejudice

Pasop ·

Weereens, baie praat en NIKS word daadwerkliks gedoen nie, hy gebruik die AANDAG om nog verder haat te saai, die persgesigte is onmiddellik geskors, hy is net geskors uit die STUDENTERAAD (waarop hy nie eers moes wees met so ‘n rassistiese walglike attitude nie) .. hy is NIE uit die universiteit geskors nie .. WAKKER WORD< hulle skryf dit so dat jy dink hy is geskors van die Universiteit af. Gelukkig wys hulle uitlatings PRESIES wie hulle is .. wat se afleiding kan jy maak van 'n jong man wat wil MOOR? Dat hy 'n moordenaar is?

lettie ·

Dankie Afriforum jul is tops om hierdie uitlatings vas te vat. Trots op jul harde werk en deursettingsvermoe! Geregtigheid moet gebalanseer word, en jul spreek hierdie gruwelike onreg aan.

Kellies ·

Het julle mooi gelees. Sy tugverhoor begin. Dit is net n dissiplinere verhoor by die universiteit. Hy is nie strafregtelik aangekla vir haatspraak ens. nie soos al die ander blankes aangekla word nie. Waarom nie?

Veritas ·

Kellies die berig noem dat daar wel strafregtelike aanklagte by SAPS gelê is.

Steve Hofmeyr ·

Ek was nog nooit apologeties oor ons gewone Westerse standaarde nie; wat deur ander gesien word as bevoorregting, is vir ons al eeue die norm. ‘n Sterk erfenis, goeie skole, bogemiddelde lewensverwagting, werksetiek, wêreld prestasie, roemryke universiteite, geletterheid, geesdrif, geloof, vindingrykheid, lae moord en verkragsyfers. Elke keer as iemand skree WHITE PRIVILEGE hoor ek AFGUNS.

Johann ·

Is jy die Steve Hofmeyr wat sing?
Ek stem 100% saam met jou daar, maak nie saak wie jy is nie.
Dit is net jaloesie wat sulke opmerkings maak.
Ek sal ook net graag wil weet of die persoon dieselfde behandeling gaan ontvang as wat die ander gekry het.

Matmiet ·

Spoken like a true demon possessed human. Hahaha. Hy het n sataniese simbool om sy nek en praat dan van wit mense wat demon possessed is. It takes one to know one boetie.

Willem ·

Die ankh is nie ‘n satanistiese simbool nie, dis Egipties

Matmiet ·

Jy is of vir God of teen Hom. Daar is geen ander geloof nie. Jesus of Satan. Think about it.

Willem ·

… en daar is baie mense wat van jou verskil – wat in ander gode glo. Die punt is, die ankh is ‘n Egiptiese simbool, en het niks met die Satan van die Bybel te doen nie.

Chris ·

Nee Matmiet daar is baie ander gelowe buiten die Christelike geloof. Ek glo ook nie die Christelike geloof is die grootste in die wereld nie. So jy moet maar bietjie brieër dink as net Jesus en satan.

Matmiet ·

As Christen glo ek wat die Bybel sê. Ander gelowe sê ek is verkeerd, en ek weet ek is reg. Moenie agter oor buig vir ander gelowe nie. Kies n geloof en bly by dit. En jy is vol in jou reg om vir boetie te ondersteun en saam met hom te dink ons wit mense is demoon besete. Ek sê net ons is nie en n heidense geloof is teen my geloof en is dus teen Jesus en is dus vir die teenstaander. Moenie n draadsitter wees nie. Kies n kant en staan by dit. Daar is geen ander gode nie, net Jesus.

Middelburg ·

Ek sal graag wil sien hoe vuur hy ‘n bazooka af! Hy kyk te veel Rambo flieks!! Ons blankes moet regtig nie te veel aandag aan die “grensvegter” gee nie.

WW ·

Dit grief my om my alma mater se wapen op sy hemp en das te moet sien.

Gideon ·

Hy loop met ‘n kruis om sy nek maar wil moor. Hy verstaan self nie. Wat ‘n drommel.

Aai ·

En dit is die ‘demoon-besete’ Wittes wat JA gestem het om die grondwet te verander wat vermoor word deur mense wat 1652 jaar – 3 maande – en 5 dae lank die land vir hulle self gehad het en nie veel ontwikkel het totdat daar ‘n witte was om leiding te gee nie. Gaan hou vakansie in Europa en sien hoeveel geboue dateer uit die jaar 1100! Dat hulle getalle groei soos dit doen wys juis dat die blanke in hierdie land Christen is – as dit nie was nie sou daar tog wel ‘n Afrikaanse sprekende Hitler gewees het ……

Marinda ·

Hitler was nie ‘n Christen nie. Hy was ‘n godsdienstige. Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n ware Christin en ‘n godsienstige. Christene sal nie met wreedheid kan saamlewe nie. Godsdiens is ‘n idiologie. So onthou dus: “Godsdiens kan gevaarlik wees”.

lara ·

Dink maar net aan Penny Sparrow ……wat hulle maar net M…….genoem het en die prys wat sy daarvoor betaal het! Daar word openlik gepraat van how wittes uitgeroei moet word en op welke wyse maar daar is n stilswye wat dit aangaan. Dink maar net …..

Andrea ·

Dankie aan TUKS se SR lede wat hierdie kwaadstoker en sy trawante teenstaan!

Rocklin Bell ·

Die leegste blikke maak die meeste geraas. Is net praat……. het hy vergeet dat sy Commander in Chief, in 2010, nie opgedaag het vir ‘n afspraak om ‘n Boer by Fort Schanskop te “kill” nie. Google maar self. As die eerste skoot klap hardloop hulle…..net soos hulle mk lede! bwhahaha

miv ·

Willem, jy’s op die verkeerde bus. Die beskuldigde ly aan ‘n persoonlikheidsgebreksindroom en definitief nie trots op die vel waarin hy gebore is nie.

Willem ·

Ek het geen kommentaar oor die beskuldige gemaak nie – so waarvan praat jy?

Theresa B ·

Duidelik het hy eintlik van homself en sy “comrades” gepraat toe hy dit gesê het.

Juffrou ·

DIS SKOKKEND OM TE SIEN HOE HY AS STUDENT SPEL???? Liewe hemel dit is nie Afrikaans nie ou, dit is ENGELS en dit is die basiese spellesse wat jy gemis het. Snaaks jy kon die F woord regspel … PREVILLAGE?? hehehehe dalk eers leer spel voordat jy wil wapens opneem .. STUDENT nogals? hoe het jy matriek Engels geslaag met daai spelling of het jy ook jou matrieksertifikaat vir R3000 gekoop?

wilma ·

Hy moet maar eerder sy moordgedagtes los en vir sy mense gaaan vertel hoe belangrik is gesinsbeplanning vi n beter leefstyl.

Theresa ·

Ag simpel mannetjie. Uitgevat en opgetof. Sukkel niks. Waar de drommel kom hy aan al die snert wat hy kwytraak? En dan moet sy vuilmond met seep gespoel word. Bewyse van geweldadige beplanning en haatspraak. Waarom is hy nie in tronk nie?? Hy kan enige ding om sy nek hang – dis sy keuse. Hoop hy kies ‘n meulsteen binnekort.

Estelle ·

As dit ons was wat dit gese het was ons LAAAAAAANKAL hof toe gesleep ne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.