BBC-ondersoek: Só het Warner glo SA se $10m gebruik

Jack Warner. Foto: Facebook

Jack Warner. Foto: Facebook

ʼn Ondersoek deur die BBC wys glo hoe die $10 miljoen wat Suid-Afrika vir sokkerontwikkeling gegee het, deur die voormalige vise-president van Fifa Jack Warner aangewend is.

Volgens die BCC is die geld wat Suid-Afrika aan die sokkerfederasie van Noord-Amerika, Sentraal-Amerika en die Karibiese Eilande (Concacaf) gegee het, deur Warner (72) gebruik vir kontantontrekkings, persoonlike lenings en geldwassery.

Die BBC voer aan die $10 miljoen is in drie transaksies – op 4 Januarie, 1 Februarie en 10 Maart 2008 – in Concacaf se rekeninge, wat deur Warner beheer is, betaal.

JTA Supermarkets, ʼn groot kettingwinkel in Trinidad, het glo $4,8 miljoen van die Concacaf-rekeninge ontvang. Volgens Amerikaanse aanklaers is die geld meestal in die plaaslike geldeenheid aan Warner terugbetaal.

Die BBC berig verder dat $360 000 glo deur mense na aan Warner onttrek is en dat baie van dié geld gebruik is om kredietkaarte en persoonlike lenings af te betaal.

Klik hier om die volledige berig te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Francois ·

Steel maar lekkervoort. Julle dink julle gaan nooit uitgevang word nie, maar dan skielik kom daai dag en iemand “split” op julle! Ek hoop julle kierings braai lekker!

Pietertjie ·

Nee wat, daar is net te veel kierangs wat gebraai moet word, en te min kole. Kyk maar wat het met die sg. wapenskandaal, Nkandla, Eskom, PetroSA, gebeur. Die lys is lank, en dis net die geld wat “onwettig” gesteel word. Wat van al die biljoene wat “wettig” gesteel word, soos al die staats-toelaes, die vragte onbekwame senior bestuurders wat met helse salarisse elke enkele Staatsdepartement vol sit, en dan die berge geld wat aan BEE konsultante betaal word om ‘n bietjie werk te doen? Ek praat van eerstehandse ondervinding. Mens kan boekdele skryf net oor hierdie wettige vermorsing!

CHRISTA ·

Dalk moet ons die VSA inroep om ons ook meet al hierdie bedrogsake te help! Hulle sal dalk als kan oopvlek!!!

zahn ·

He4t Fokile nie nou die dag gesê die geld is aangewend vir ontwikkeling in die buiteland nie? Ek praat nou van sokker ontwikkeling? Verbeel ek my of het hy kwytgeraak die geld is op weetige wyse aangewend?

Gerhard ·

SA sal aanhou ontken (dis in die kultuur om net bloot te se eks onskuldig), tot die feite so groot word dat hul die ontkenning gaan verander in “skok dat Warner nie die geld gebruik het soos bedoel was nie”.
Die betrokkenes van SA sal skotvry afkom, want dit het gebeur onder Mandela se “watch”.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.