BBP-beampte het glo vrou, dogter doodgeskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Adjudantoffisier van die eenheid wat baie belangrike persone by die Uniegebou beskerm, is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy vrou en dogter, het die onafhanklike polisieondersoek-direktoraat (Opod) Sondag gesê.

“Die 46-jarige beampte, van die Pretoria-beskermingseenheid by die Uniegebou, het na bewering sy 23-jarige dogter en sy 42-jarige vrou by hul huis in Pretoria-Wes doodgeskiet,” het Grace Langa, woordvoerder van Opod, in ʼn verklaring gesê. “Die paartjie het glo die oggend ʼn stryery gehad voor die beampte na sy neef se begrafnis toe gegaan het. Toe hy terugkeer, het hy sy vrou gevra om vir hom kos te maak. Terwyl sy in die kombuis doenig was, is hy na ʼn ander kamer waar hy ʼn vuurwapen gaan haal het en hy het sy vrou en dogter doodgeskiet.”

Volgens Langa het die beampte daarna weer sy dienspistool in die kluis gebêre en hy en sy 17-jarige seun en broerskind, wat ook in die huis was, na bure toe geneem. Hy het die buurman gevra om hulle na die polisiestasie te neem waar hy dadelik in hegtenis geneem is.

“Hy sal na verwagting Maandag in die Pretoria-Sentraal-landdroshof verskyn. Die ondersoek duur voort,” het Langa bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dave ·

Dit gebeur waar ‘n ‘mens’ absoluut geen gewete besit en kans sien om daarmee saam te leef en voort te gaan sonder om selfs daaroor na te dink. Dit bloot uit te vee uit sy gedagtes asof hy die reg daartoe gehad het. Dìt is een van vele redes waarom ons aanhoudend ‘afsonderlik sal ontwikkel’. By hom was daar buitendien geen ontwikkeling.

paul ·

Wat hy gedoen het toon dat daar n afwyking is,,,dit is hulle wat met die blou ligte motoriste aanrand,,en heel moontlik skiet????duidelik was die verkeerde tipe persoon n vuurwapen gegee

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.