BBP-beskermer gestrand ná motoris glo karsleutel gryp, wegjaag

(Argieffoto ter illustrasie)

’n Motoris is Maandag by die OR Tambo- internasionale lughawe in die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat sy glo die sleutels van ’n amptelike voertuig van die Tshwane-metropolisie in die Pretoriase middestad gegryp en weggejaag het.

Dié voertuig behoort aan ’n BBP-beskermingsbeampte wat aan Johann Mettler, Tshwane se stadsbestuurder, toegewys is.

Mettler was nie by die voorval betrokke nie en was ten tyde van die gebeurtenis in ’n vergadering, het die metro Dinsdag gesê.

Volgens Selby Bokaba, woordvoerder vir die Tshwane-metro, is ’n saak van roof en diefstal intussen by die polisie aanhangig gemaak.

Die vrou was Maandag vir ’n rukkie in aanhouding en is dieselfde dag vrygelaat, aldus Bokaba.

Hy verduidelik dat die betrokke BBP-beskermingsbeampte Maandag omstreeks 13:30 in Francis Baardstraat gery het toe hy ’n motoris met ’n silwerkleurige Mercedes-Benz-sedan teëgekom het wat die verkeer glo opgehou het.

“Die polisiebeampte het ’n sirene geaktiveer en aan die vroulike motoris beduie om aan te beweeg sodat sy nie die verkeer belemmer nie. Sy het egter glo geweier om gehoor te gee,” het Bokaba gesê.

“Die beampte het uit sy voertuig geklim, haar genader en sy aanstellingsertifikaat vir haar gewys. Hy het haar ingelig dat hy ʼn verkeersboete aan haar gaan uitreik. Terwyl hy besig was om dié boete uit te skryf, het sy glo die sleutels van sy amptelike voertuig gegryp en weggejaag. Dit het die beampte in die middestad gestrand gelaat.”

Bokaba sê die beampte het sy afdeling van die voorval in kennis gestel, waarna die blitspatrollie ontplooi is op die verdagte op te spoor.

Die eenheid het haar voertuig glo met behulp van ʼn opsporingstoestel opgespoor en haar op die R21-suid agternagesit.

“Tydens die hoëspoedjaagtog het sy na bewering opdragte deur die polisie geïgnoreer om haar huurmotor tot stilstand te bring. Sy het later wel stilgehou. Die polisie het haar toe beleef versoek om die sleutels van die amptelike voertuig terug te gee, maar sy het glo geweier.

“Sy het weer weggery – glo in ʼn gehaas om ʼn vlug te haal. Die polisie het haar agternagesit en uiteindelik by die OR Tambo-lughawe aangekeer en in hegtenis geneem.”

Volgens Bokaba is die sleutels van die amptelike voertuig by haar inhegtenisneming in haar besit gevind. Die verdagte is glo ʼn senior bestuurder by ʼn filiaal van een van die waterrade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Di ·

Haar tipe dink die land behoort aan hulle en is verhewe bo die wet. Sy hoort agter tralies vir ‘n ruk om ‘n les te leer. Kan verstaan hoekom ons land is waar hy is met hierdie tipe in bestuurs poste

koos10 ·

In Pretoria se middestad is daar net twee van die vier bane waarin gery kan word. Die ander word dood eenvoudig as parkering gebruik. TMPD sleep karre op strepe weg, maar kan nie voor bly nie. Hulle het net 2 sleep voertuie. Dalk is dit tyd dat hulle privaat sleep voertuie inspan, en die koste daarvan van die eienaars van die voertuie verhasl.

Frank ·

Man, as jy laat is vir jou vlug moet jy maar ‘n plan maak….. Lol

Marius ·

Dalk het die vrou n goeie rede gehad om die sleutel te vat en weg te jaag????
Alles gebeur met n doel.

Vinny ·

Ek is seker daarvan sy betree menopause, en in daai geval moet sy maar verskoon word. lol.

Frank ·

Goeie rede gehad om sleutel te gryp en weg te jaag Marius? Noem asseblief net een goeie rede en let daarop dat SY in eerste plek verkeer opgehou het voor die metro beampte daar opgedaag het.

Petro ·

Sjoe maar hulle kon gou haar voertuig opspoor…… Kan dieselfde vlink diens nie gebruik word in die vervolg met gekaapte voertuie nie???

Alta Alleman ·

En alles is oor en verby sonder dat sy aangekla word en gestraf word. Was dit ek , het ek nou nog in die tronk gesit.

gpsa ·

Sal haar kant ook wil hoor, maar volgens die artikel moet sy maak haar pak vat. Mense dink dis geen probleem om verkeer op te hou nie. Noodligte word sommer gebruik om biki met ander mense te gesels ook terwyl karre ophoop after hulle. TMPD moet strenger word.

Olive ·

Maar ons ry hom daarie fensy kar. Vanoggend ook ene teegekom oppad werk toe. Dit sit op die foon en hou ook verkeer vreeslik op. By die robot se ek vir haar om nie op die foon te jap nie. Sy skree vir my en wil weet wie se foon dit is. Gelukkig het sy nie my sleutel gegryp nie.

Karoo ·

Lol…. ek le soos ek lag. Natuurlik is dit nie snaaks nie maar joe…. wat het sy gedink? Kyk teveel NetFlix.

Duck ·

Give the girl a Bells! Almal met ‘n blou lig en sirene dink mos hul is die kat se snor!
Geen respek, so geen wedersydse respek terug!
Well done aunty

Bolandse Nooi ·

Was die aunty dalk gerook, of is sy 1 van die “voorheen-benadeeldes”?

Bekkie ·

Ja……waarom sit sy nie ook nie, maar ‘n boer wat ‘n paar klappe uitdeel moet sit!

SjN ·

Sleutel gegryp en weggejaag, dit moes tog by sy voertuig plaasgevind het, kon hy haar nie keer nie, net n teenvraag, wat kon hul aan haar doen indien hul nie die sleutel(bewys) in haar besit gekry het nie?

Piet Snot ·

Ek het al ‘n taxi se sleutel op die polisiestasie se dak gegooi. Glo my, daar was rede voor.
Sou graag die tannie se storie wou hoor.

Alta Alleman ·

Neem asb. kennis.

Die verdagte is glo ʼn senior bestuurder by ʼn filiaal van een van die waterrade.

Dit sê alles.

Elizabeth ·

Die vrou het moed! Mooi so al was dit nie reg nie????????????

Aggie ·

Die verhaal het my dag gemaak! Soveel swaar berigte wat mens daagliks moet lees. Mense, sien tog die humor in die storie raak.

Keelvol ·

Piet Snot, daar is geen regverdiging vir haar swak optrede nie. En on te dink dat daar mense is wat haar ongemanierde optrede goes praat laat my maar net wonder.

@ Duck, jou houding spreek boekdele. Die publiek is onopgevoed. Julle wil net die wete gehoorzaam wat goed klink vir julle. Uiters swak gedrag van die vrou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.