BBP: ‘Swak regeringstyl ry voldoende groei in die wiele’

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Solidariteit het Dinsdag sy kommer oor die stand van die Suid-Afrikaanse ekonomie uitgespreek. Dit volg nadat die bruto binnelandse produk (BBP) vir die tweede kwartaal van 2021 aangekondig is.

“Die groei van 1,2% is nie naastenby genoeg om te vergoed vir die afgelope jaar se volgehoue agteruitgang nie,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by Solidariteit.

“Suid-Afrika gaan nog lank neem om op die ekonomiese vlakke van voor die pandemie te kom. Herstel gebeur nie net stadig nie; dit word ook aktief deur die regering se hulpeloosheid in die wiele gery. Terwyl die res van die wêreld in baie gevalle reeds die verliese van 2020 opgemaak het, en selfs groei, ploeter Suid-Afrika voort in ʼn moeras van swak beleid en dikwels onnodige inperkings.”

Volgens Du Buisson het geen enkele sektor beduidende groei getoon om voldoende die verliese van verlede jaar ongedaan te maak nie. Vervaardiging, een van die min sektore wat volgehoue uitvoere en werksgeleenthede tot gevolg kan hê, het inderwaarheid gekrimp. Hy voer verder aan dat ʼn bedryf soos vervoer, wat wel effense groei getoon het, ongelukkig te wisselvallig is om ʼn ekonomie op te bou.

“ʼn Kommerwekkende tendens wat voortduur is die agteruitgang van vaste kapitaalvorming. Sonder volgehoue beleggings in toerusting en infrastruktuur kan die land nie volhoubare welvaart skep nie. In die eerste kwartaal het dit afgeneem, soos die tendens reeds sedert 2018 is. Mense maak dus hul beleggings in Suid-Afrika ongedaan.”

Du Buisson is verder van mening dat die entstofprogram nie volkome op dreef kom nie omdat daar grotendeels nie geld is vir veldtogte om mense te mobiliseer om die inentings te ontvang nie. Hy is van mening dat die regering in werklikheid geen vooruitsigte najaag om die land uit sy staat van inperking te haal sodat mense na “normaal” kan terugkeer nie.

“Aanhoudende inperking, stremmende regulasies en wetgewing is alles aan die orde van die dag en ons ekonomie ly daaronder. Dit is tyd dat die staat besef dat hy geen bestuursvermoë het nie, sy regulasies moet verslap, inperking moet afstel en die privaatsektor moet toelaat om beheer te neem en groei te stimuleer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter ·

Als wat julle anc kommuniste aan raak verander in gemors. Nou bly julle klomp als op sit want die belastingbetaler sal mos betaal.

Tiptol ·

Die anc IS ‘n moeras van korrupsie, diefstal en nutteloosheid. SA het ‘n moeras van kriminele, moord en goggas geword.

melaney ·

Jy kan dit weer sê. Ek wonder selfs of ons ekonomie inderwaarheid met 1,2% gegroei het.

Marshall ·

If one examines the relationship between mean GDP per capita and mean national IQs for a serirs of countries with populations of differing mean IQ, then a non-linear positive relationship is found to exist with very high Pearson correlation coefficient.

The mean IQ of the majority genetic cluster in SA is 69. These are the people making important economic policy decissions. Is it any wonder that the outlook is grim.

Scrapping BEE and EWC and combating corruption and crime would have a major positive effect. This is obvious to intelligent people, but not to the unintelligent.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.