‘BBSEB-kodes sal regsberoep skade berokken’

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie. (Foto: Reint Dykema)

AfriForum het vandag kommentaar ingedien oor die voorgestelde veranderinge aan die regspraktisynsraad se breëbasis- swart ekonomiese bemagtiging- (BBSEB-)kodes vir die regsberoep. Dié organisasie is ook gereed om die kodes in die hof te beveg.

Die kodes is ʼn raamwerk waarvolgens regsfirmas se BBSEB-status bepaal word. ʼn Regsfirma se BBSEB-status sal bepaal of hy deur die regering of openbare instansies aangestel mag word. Die kodes het ten doel om die regsprofessie te transformeer en is reeds in November verlede jaar in die Staatskoerant gepubliseer.

AfriForum meen dat die nuwe kodes rassisties en moreel onregverdigbaar is.

Volgens die organisasie raak dit toenemend moeiliker vir wit regspraktisyns om mee te ding omdat verskeie groot rolspelers in die bedryf, soos die Padongelukfonds, reeds verkies om swart regsverteenwoordigers aan te stel.

“Padongelukfonds-sake maak sowat 80% van die sake op die hofrol in die Gautengse hooggeregshowe uit. Dit is maar net een voorbeeld van waar swart regspraktisyns reeds bevoordeel word. Dit verminder wit regspraktisyns se kanse aansienlik om kliënte te kry,” sê Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie.

piet-le-roux-afrisake-2018-06-05

Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga. (Foto: Reint Dykema)

In Sakeliga se kommentaar wat verlede week ingedien is, voer hy aan dat die kodes ʼn bedreiging vir die onafhanklikheid en funksionering van die regsberoep inhou.

“Die kodes skaad nie net die privaat belange van praktisyns, firmas en kliënte nie, maar ook die openbare belang, gegewe die regsprofessie se funderende rol in ʼn konstitusionele orde,” sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga.

“Ons wys daarop dat ʼn geldige konstitusionele orde ʼn doeltreffende skeiding van magte vereis, waarvoor ʼn regsprofessie onafhanklik van partypolitieke programme onontbeerlik is. Die regsprofessie dien wat ʼn metakonstitusionele rol genoem kan word, naamlik mediasie tussen die magsentrums van ʼn staat, tussen regsubjekte en tussen die staat en regsubjekte. Die werking van hierdie konstitusionele meganisme vereis vrye keuse van regsverteenwoordiging en die vrye beoefening daarvan vir kliënte.”

AfriForum sê ook die kodes is teenstrydig met dele van die Grondwet, soos artikel 22, wat handel oor vrye handel en die keuse van beroep.

Dit is omdat die kodes tot gevolg sal hê dat regsfirmas hul inkomste moet bekend maak. “Aangesien baie regspraktisyns onder hul eie naam sake doen, beteken dit dus dat hulle hul persoonlike geldsake sal moet bekend maak, wat strydig is met artikel 14 van die Grondwet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Michal ·

Land se gesondheid afgebreek, land se onderwys afgebreek, land se veiligheid afgebreek, nog net een pilaar om te gaan, land se geregtigheid, wat reeds gekompromitteer is, finaal af te breek, wat bly oor, gangsters paradise.

Blikkantien ·

Weer moet die massas beskerm word teen ‘n handjievol blankes.

Pieter ·

En so sorg jy dat slegs sekere voorgeskrewe of eerder gewenste partye in sleutel posisies kan aangestel word wat verder die mag / hou vas sal verterk…
Saam dit bring dit moontlik: minder kompetisie, minder vaardigheid, meer korrupsie en ‘n baie goeie kans dat die wet verkeerd toegepas word of partydigheid sal wees…

Dup ·

Miskien moet ons regering die inkomstebelasting wetgewing ook transformeer en voortaan NET belastings van BBBEE entiteite/persone invorder.Dan hoef die minderheid nie meer die meerderheid van die belastinglas te dra nie.As hulle nie van ons hou nie dan is ons geld seker ook nie goed genoeg nie !

Misky ·

Maar as hulle die dag n goeie prokureur wil hê om hulle te verdedig, soek hulle die beste en kies die wit prokureur. Kyk maar na Malema…..

Pieter ·

Nog n beroep in sy …… oor BBEEE, nes enige ander beroep waar daar ingemeng word met die ongrondwetlike rassisme en diskriminasie teen ander ras groepe.

Frank ·

Man, as jy een van hulle met ‘n groot soliede ysterbal erens toesluit, en jy kom weer daar, gaan die ding gebreek wees!!!

jzjz05 ·

D Verwoed het dit al jare terug voorspel wat sou gebeur as daar n swart regering in die land kom,

Genis ·

Ek dink dis die enigste land in die wye wereld waar die meerderheid die minderheid verdruk… en boonop bang is vir hulle… Siestog… om jou aanvaarding met slegte wetgewing te wil afdwing…

Blikkies ·

Ek wil net noem, dit is nie net die regspraktyk wat hier benadeling in die gesig staar nie , maar alle ander beroepe is alreeds hierdeur geraak en baie erg geraak. Nou wat kan julle doen om dit te verhoed?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.