Beampte by verlate polisiestasie oorrompel, beroof

(Argieffoto: SA Polisie/Facebook)

Die vakbond Popcru het uitgevaar na nóg ʼn aanval op ʼn polisiestasie, dié keer die Tsineng-polisiekantoor in die Noord-Kaap. Die polisiestasie is in die omgewing van Hotazel.

In die jongste voorval het drie mans Saterdagaand omstreeks 21:40 glo die polisiestasie binnegekom, oor ʼn toonbank gespring en die enkele polisiebeampte in die stasie met ʼn vuurwapen gedreig. Hulle het geëis dat sy alle beskikbare vuurwapens en die sleutel vir die kluis oorhandig.

Volgens Popcru het die verdagtes drie R5-gewere en twee magasyne, ammunisie, twee haelgewere met ammunisie, agt 9 mm-pistole, vyf magasyne en ammunisie gebuit.

“Die vrouebeampte is daarna met kabelbinders vasgebind en haar selfoon gesteel,” sê Richard Mamabolo, woordvoerder van Popcru.

“Die onverskrokke aanval gebeur op ʼn tydstip wat baie misdadigers bewus is van die talle onderliggende probleme by vele van ons polisiestasies in landelike en township-gebiede. Dit sluit in te min beamptes en tekorte aan voldoende hulpbronne om die gemeenskap te dien,” sê hy.

Mamabolo sê dit lei boonop tot ʼn gespanne verhouding tussen die polisie en inwoners.

“Tydens die aanval was net twee polisiebeamptes aan diens: Een het uitgegaan op patrollie, terwyl die ander een die stasie beman het.

“Dit is veral kommerwekkend dat ʼn gebied met 23 000 inwoners en 43 nedersettings net twee polisiebeamptes het om dienste aan inwoners te verskaf. Dit plaas nie net die beamptes se lewe op die spel nie, maar versterk ook die wanopvatting dat ons manne en vroue in blou doelbewus versuim om die misdaadsituasie in hul streke te pak,” sê Mamabolo.

“Dit terwyl die onvermoë in werklikheid toegeskryf kan word aan die ongelyke toewysing van hulpbronne.”

Popcru sê dit is ʼn situasie wat dringend aandag verg en landelike en township-polisiestasies moet genoeg hulpbronne ontvang sodat beamptes hul werk kan doen. Die vakbond sê onlangse begrotingsbesnoeiings bemoeilik die situasie verder.

Volgens kol. Brenda Muridili, nasionale polisiewoordvoerder, is altesame 15 wapens gebuit en het die Valke intussen die ondersoek oorgeneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

SjN ·

Gaan roep vir Hoedeman waar hul besig is om die strande te patroleer sodat hy aandag aan die sake van belang kan gee.

Adriaan ·

Die Polisie “Diens” het 200 generaals en 600 brigadiere. Die “Diens” dra so swaar aan die top struktuur dat daar byna niks oor is om nog konstabels en sersante ook te wil hê nie.

JohanR ·

Dis soos MetroFail hier in die Kaap, Die trein trek by die stasie uit dan stop hy vyf maal by ‘n boom of bos voordat hy by die volgende stasie aankom. Daat is ‘n generaal en beigadiere agter elke boom. Nege provincies soe daar is soe 90 vir elke provinsie. Waar was hulle toe die paw paw die fan geslaan het in KZN? Seker beach inspection gedoen?

Kokerboom ·

Absolute skreiende skande! Die SAPD is tot in sy kern verrot, onbevoeg en pateties. Dank die Kommissaris van Polisie en bevelvoerders af. Dis seker die makliksste manier om wapens GRATIS in die hande te kry en dan wil hul die publiek ontwapen!!! Van om naar te word! Die SAPD en nie boewe blyk nou grootste vyand te wees!

Persheks Adri ·

Ain’t gonna happen hy kan dit waaragtig vergeet Kokerboom! Hy sal dit maar uit ons dooie hande kom haal!

Persheks Adri ·

Dis nou pragtig pffft nóg wapens in misdadigers se hande, maar hoed wil ons ontwapen. Pateties dat daar 2 beamptes aan diens is. Waar is hoed laat ons hoor wat hy vir homself te sê het?

Samuel ·

Dink jy vir een oomblik Hoedman sal iets opbouend kan sê??

Persheks Adri ·

Nee Samuel ek weet hy gaan nie, maar sy patetiese verskonings wil ek hoor…

Keith ·

The Police need to have their “security” needs assessed by a private company. Start by simply adding a strong security door to each station , cost about R2 000 each or… R200 000 each, depending on who gets the tender. Or better still , how about installing security bars and cages inside the offices, to protect the police…. of course.

Flower Girl ·

So true if the tender ends up in the wrong hands.. We can forget..

koos10 ·

Popcru, waar was julle toe Afriforum en al die ander forums baklei het vir landelike veiligheid?? (Plaasmoorde). Maar noudat julle eie lede geraak word, nou praat julle!

Peach ·

koos10 ja, die kommando stelsel, ‘n baie effektiewe verdediging’s meganisme wat oor tyd, soos vele ander instansies tot in die afgrond bestuur is, sal nou weer ten duurste op die been gebring moet word as teenvoeter vir landelike aanvalle.

Werner ·

Hulle get mos gese hulle gaan polisiestasies aanval om wapens te kry.Dink dit gaan nou baie gebeur voor 10Augustus.

Rian ·

Hulle het mos reeds die miljoen 9mm patrone, en al waar jy 9mm vuurwapens gaan kry, is by die polisie.

Aai ·

Wat soek hulle met al daai wapens daar werk seker 3 mense daar?En die persoon met kluis sleutel moet nooit op kantoor wees hy word altyd ingeroep as daar wapens benodig word hy werk gewoontlik buite maar is aan diens.

Aai ·

Twaalfboor ex polisieman Soweto Blits weet hoe dit werk jy kan nie die man alleen los met kluis sleutels jy moet nog leer wat ek vergeet het.

Linx ·

D klem val duidlik op “ex”.D polisie het verskriklik baie verander hoor,dit is nie meer soos destyds nie(of dit n goeie/slegte ding is,kan niemand regtig hardop sé nie)iemand moet ongelukkig Antwoord gee op wat gebeur het,so bly ds nie ek nie.Bheki Cele wil weet hoe police resources in d hande van criminals beland,ek dink sy Antwoord is heel voor d handliggend.

Rian ·

Klink vir my na n beplande aksie deur sekere polisie beamptes.

Linx ·

Ongelukkig is daar nie net wapen&ammo in d kluise nie,daar is radios,radio battery,registers en baie anderlike goed in,so wat j voorstel is,met elke skof ruiling moet hierie designated person met d safe keys inkom,d kluis oopsluit&toesluit en weer huistoe gaan,ek sal dit met my eenheids bevelvoerder moet bespreek kyk of hy dit ook so lagwekkend vind

Deon ·

So jy is ook een van die wat alleen op skof is en alles moet doen

Anoniem ·

“Inside Job” As daar ordentlik gedissiplineerde opgeleide mense aangestel word in poste wat hul regverdig sal sulke goed nie gebeur nie. Dit is mos aan die orde van die dag om “agtergeblewenes” / “werkloses” en mense met vorige misdaad rekords in die poslisiediens in te neem en aan te stel.

Elize ·

Ag dis aspris. Verlate stasie ens ens. Natuurlik gaan hulle daar roof. Hoekom gewere en goed daar stoor??

Sarel ·

Cele moet antwoord horkom was die Personeel nie beskerm.nie. Hoekom kon hulle enigsins oor die
Toonbank kom. Hoekom beskerm.jy nie jou mense nie

Chris dupreez ·

Maar steeds bly die grootbek met die hoed in sy pos

Frank John ·

En dan wil hul boonop mense die reg ontneem om hulself te verdedig terwyl die polisie nie eens hulself kan beskerm nie.

Cornel ·

Watter groot grap…net jammer daar kan nie oor hierdie grap gelag word nie. Die eens magtige en gerespekteerde polisie mag het ontaard in sirkus – hoof sirkusnar natuurlik die pateet Cele

Ampie ·

Seker net SA in die hele wêreld waar ‘n polisiestasie beroof word. Hulle moet maar privaat sekerheids maatskappye kry om hulle op te pas en te beveilig, Skandelik

JohanR ·

Die skurke het meer geweere as die polisie. Altans al die polisie geweere, het op een of ander manier skurke se geweere geword! Daar was self die geval waar ‘n polisie uit gehuur om iemand dood te skiet.

Elize ·

Ou hoed het nie die “guts” om by sulke dinge betrokke te raak nie. Vat net die sagte teikens aan en bietjie “tan” op die strand. Sy hoed beskerm mos die kop teen die son

Harley Davidson ·

Die polisie moet ontbind word soos dit huidig funksioneer, leierloos sonder reëls of discipline.

Eugene ·

Nog 15 wapens deur polisie aan die kriminele geskenk en die minister wil ons reg op selfverdediging wegneem??????

Tokkel ·

Mnr Cele…….my woorde vir jou het opgedroog….
Gesien hulle adverteer ‘n sekeruteitspos by Nkankla…

Tino ·

Ons pluk die vrugte en dra die letsels van ons gedrag ne minister?

Jack ·

Ek verstaan nie hoe een beampte kan toesig hou oor soveel vuurwapens nie. Dit is mos eenvoudig asof die polisie saamwerk met die misdadigers. Met die soort polisiediens kan die land maar die sapd ontbind en manne vanaf vsa kry om die taak oor te neem. Hopeloos is ligtens gestel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.