Beampte geskiet toe gevangene probeer ontsnap

(Foto: Rusa/Facebook)

ʼn Polisiebeampte en ʼn man wat skuldig bevind is aan moord is Woensdag geskiet nadat dié glo uit polisieaanhouding probeer ontsnap het.

Die gevangene het die middag by die Verulam-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn en is 15 jaar tronkstraf opgelê vir moord en huisroof toe die voorval gebeur het.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) het ʼn polisiebeampte die gevangene na die selle toe begelei ná sy vonnisoplegging, toe die veroordeelde moordenaar die beampte se vuurwapen gegryp het.

“Die gevangene het die vuurwapen teen die SAPD-lid se kop gehou toe hy deur die polisieman se kollega geskiet is.”

Die gevangene is in die kop geskiet, terwyl die betrokke beampte ʼn skietwond aan sy arm opgedoen het.

Rusa-beamptes is 13:43 na die toneel ontbied om die beseerdes te behandel.

Die gevangene is ernstig beseer en is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ʼn plaaslike hospitaal geneem is. Die beseerde polisiebeampte is na ʼn privaathospitaal geneem vir verdere behandeling.

“Die gevangene het glo verskeie hangende sake van moord wat hy in Verulam, Canelands, Umhlali en Ballito gepleeg het.”

Hy sal na verwagting in die komende maande weer in die hof verskyn vir dié sake.

(Foto: Rusa/Facebook)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Anoniem ·

Goed op te hoor dat die gevangene vir die verskeie hangende sake van moord wat hy in Verulam, Canelands, Umhlali en Ballito gepleeg het, sy moses teëgekom het. Aan die SAP lid, dankbaar jy het lig daarvan afgekom en spoedige herstel word jou toegebid. Vir die SAP lid se Kollega, welgedaan. Mag daar meer van jul in die SAP ingeneem word.

Kobus ·

Hoe paraat is die SAPD lede? Hoe kry ‘n gevangene dit reg om sy wapen af te neem en teen sy kop te druk? Moet misdadigers nie met hande agter die rug geboei word nie of is daar nie geld vir boeie nie?

Anoniem ·

Is veronderstel om geboei te wees maar jy weet mos dit is net van toepassing voor 1994

Misky ·

SA sou kon doen met daai ou minder in die samelewing en ons belasting geld betaal vir sy pap

Winnie ·

Daai polisiebeampte moet opleiding kry sodat hy beter kan skiet

JM ·

Hoe is dit moontlik dat die polisieman se wapen gegryp is? Waar was gesonde verstand om te besef dat die gevaarlike gevangene handboeie moes aanhê? Die meeste polisielede is pateties verby!

Kathleen ·

Dalk moet polisie-beamptes so 2 keer per jaar verdere skiet-opleiding kry , net die oog so bietjie in oefening hou …. dan gaan hy meer raak as mis skiet !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.