Die polisie het ʼn immigrasiebeampte by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn buitelander gehelp het om onwettig die land in te kom.
Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het gesê die beampte, Andrew Aphane (39), het na bewering Dinsdag gehelp om Abdul Hussain (38), ʼn Bangladesji, onwettig in die land toe te laat deur Hussain se vervalste paspoort te stempel.
Die twee is deur speurders wat by die lughawe gevestig is in hegtenis geneem. Hulle het Woensdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
Aphane is daarvan aangekla dat hy Hussain bygestaan het om onwettig die land in te kom. Hussain word aangekla van die oortreding van die Wet op Immigrasie.
Aphane is vrygelaat op borgtog van R2 000. Hussain bly in aanhouding. Albei mans moet weer op 2 September in die hof verskyn.
Hy leer mos by die minister wat so iemand die land laat inkom het ….dis EEN ou wat van al die mense wat oor die Limpopo net instap in SA in ….dis tog n veel groter probleem !
Nes as ek dink ek het alles gehoor … verras hulle my weer!
Dit is positiewe nuus om te lees dat hulle dit nie reggekry het nie maar in ag genome dat dit ‘n (klaarblyklike) moslem is wat die land onwettig ingesluip het te midde van tereurveldtogte wêreldwyd, behoort die doaneamptenaar uit sy pos verwyder word.
Lance, jy’s reg.
Ja, as mamma dit doen dan kan baba dit mos ook doen.
Hy volg net voorbeeld!!!!!!!
Hoeveel is al voor hulle onwettig deur !!!!
Nou waar kry die Doeane beampte ‘n Immigrasie stempel?
Waaroor die boehaai? Zuma se gabba minister het dan sommer met ‘n staatsvliegtuig ‘n retoervlug gedoen om ‘n onwettige immigrant via een van ons land se militere vliegvelde die land in te smokkel. En daardie storie het ‘n stille dood getref!
Maroela Media, kry asb jul feite reg. Dit is n immigrasie beampte en nie n doeane beampte wat gearresteer is. Daar is n groot verskil tussen die twee.
Dagsê Morina,
Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die flater en wysig die berig.
Groetnis
Landi nms Maroela Media
Ag wat ons prez laat dit dan toe. Niks is meer snaaks in die land nie
Dit is net die boonste toppie van die ysberg. Hoeveel siele kom sommer te voet/trok/motor/bus/forts die land binne vanaf die res van Afrika?
Julle sal my seker wil stenig, maar ek dink hy moet nie aangekla word nie. Kry vir jou ‘n goeie prokureer jy het net die minister se voorbeeld gevolg. As sy nie vervolg word nie dan is jy ook onskuldig.
Ek het ook al gewonder hoe so baie in die land inkom, dis wragtig te ver om te swem. Hier in die platteland is baie van die mense.
Hy volg maar net die minister se voorbeeld wat dit boonop op staatsonkoste gedoen het, wat het in elk geval van daai saak geword?