Beampte help uitlander glo om land in te kom

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het ʼn immigrasiebeampte by die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn buitelander gehelp het om onwettig die land in te kom.

Brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, het gesê die beampte, Andrew Aphane (39), het na bewering Dinsdag gehelp om Abdul Hussain (38), ʼn Bangladesji, onwettig in die land toe te laat deur Hussain se vervalste paspoort te stempel.

Die twee is deur speurders wat by die lughawe gevestig is in hegtenis geneem. Hulle het Woensdag in die Kempton Park-landdroshof verskyn.

Aphane is daarvan aangekla dat hy Hussain bygestaan het om onwettig die land in te kom. Hussain word aangekla van die oortreding van die Wet op Immigrasie.

Aphane is vrygelaat op borgtog van R2 000. Hussain bly in aanhouding. Albei mans moet weer op 2 September in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lance ·

Hy leer mos by die minister wat so iemand die land laat inkom het ….dis EEN ou wat van al die mense wat oor die Limpopo net instap in SA in ….dis tog n veel groter probleem !

Cherokee ·

Dit is positiewe nuus om te lees dat hulle dit nie reggekry het nie maar in ag genome dat dit ‘n (klaarblyklike) moslem is wat die land onwettig ingesluip het te midde van tereurveldtogte wêreldwyd, behoort die doaneamptenaar uit sy pos verwyder word.

KarooKlong ·

Lance, jy’s reg.
Ja, as mamma dit doen dan kan baba dit mos ook doen.

Henk ·

Waaroor die boehaai? Zuma se gabba minister het dan sommer met ‘n staatsvliegtuig ‘n retoervlug gedoen om ‘n onwettige immigrant via een van ons land se militere vliegvelde die land in te smokkel. En daardie storie het ‘n stille dood getref!

Morina ·

Maroela Media, kry asb jul feite reg. Dit is n immigrasie beampte en nie n doeane beampte wat gearresteer is. Daar is n groot verskil tussen die twee.

Landi Slatter ·

Dagsê Morina,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die flater en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Joann ·

Ag wat ons prez laat dit dan toe. Niks is meer snaaks in die land nie

Louw ·

Dit is net die boonste toppie van die ysberg. Hoeveel siele kom sommer te voet/trok/motor/bus/forts die land binne vanaf die res van Afrika?

Rapes ·

Julle sal my seker wil stenig, maar ek dink hy moet nie aangekla word nie. Kry vir jou ‘n goeie prokureer jy het net die minister se voorbeeld gevolg. As sy nie vervolg word nie dan is jy ook onskuldig.

jennefer ·

Ek het ook al gewonder hoe so baie in die land inkom, dis wragtig te ver om te swem. Hier in die platteland is baie van die mense.

Scalla ·

Hy volg maar net die minister se voorbeeld wat dit boonop op staatsonkoste gedoen het, wat het in elk geval van daai saak geword?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.