ʼn Verkeersbeampte het Vrydagoggend kritieke beserings opgedoen toe sy in die gesig geskiet is deur die bestuurder van ʼn voertuig wat sy afgetrek het.
Die voorval het net na 09:00 by die brug oor die N2 naby Pacaltsdorp in George plaasgevind.
Volgens kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het die beampte ʼn grys Audi A4 van die pad af getrek. Toe sy die voertuig nader, is sy deur die bestuurder oorrompel en het hy haar dienspistool afgeneem. Hy het hierna talle skote op die beampte afgevuur en sy is in die gesig getref.
“Hy het die voertuig net daar gelaat en gevlug,” sê Pojie. Die polisie is na die toneel ontbied en het die verdagte agternagesit tot in ʼn nywerheidsgebied.
ʼn Skietgeveg het tussen die polisie en die verdagte uitgebreek. Die verdagte is in die knie en arm geskiet. Die polisie het op die voertuig, twee vuurwapens en ʼn onbekende bedrag kontant beslag gelê.
Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê by paramedici se aankoms op die toneel is die beampte in die pad langs die verdagte se voertuig aangetref.
“Sy was in ʼn kritieke toestand. Paramedici van ER24 en Metro EMS het haar dadelik begin behandel. Sy is daarna na ʼn hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling,” sê Van Huyssteen.
Op pad na die hospitaal is paramedici van die verdagte wat tydens die skietgeveg gewond is, verwittig. ʼn Ander span paramedici is na die toneel gestuur. By hul aankoms daar het hulle die verdagte geassesseer en bevind dat hy matige beserings opgedoen het. Paramedici het die man op die toneel behandel.
Die verdagte is daarna deur die polisie na ʼn hospitaal vergesel vir verdere mediese behandeling.
Die verdagte, in sy vroeë 30’s, sal na verwagting Dinsdag in die George-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, diefstal van ʼn vuurwapen en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Sterkte aan die Beampte vertrou sy sal herstel.
Besmptes moet nicalleen ry nie en een persoon bly in voertuig.
Mimister van Polisie… gasn u ou Verkeersbeampted ontwapen.
Ek weet daar is nie genoeg polisie en metro personeel in SA nie maar hoekom is daar altyd net een beampte in ‘n motor? Ek sien in die VSA as die polisie ‘m motor aftrek dan gaan een beamte na die bestuurder se venster toe, en die ander beampte bly staan soe half agter die kattebak in lyn met die
truspieël met sy hand op sy pistool. Daar word ook die bevel uitgeryk aan die bestuurder om hy/sy hande op die stuurwiel te hou. Lyk my elke polisie motor in die VSA het ook ‘n voor en agter kamera.
Hallo dis VSA nie SA NIE
In SA is hul ook 2, maak beurte om te eet in motor
Dis korrek.
‘n Tweede persoon wat in die voertuig bly sit dien geen doel nie.
Wonder waarheen was hy oppad mt onwettige wapens en al daai geld!