Beampte in rooftog by vulstasie doodgeskiet

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Beampte verbonde aan die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD) is Dinsdagaand in ʼn rooftog by ʼn vulstasie aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die rooftog het teen 22:49 by ʼn vulstasie in Selcourt in Springs plaasgevind.

“Agt verdagtes het in ʼn blou Toyota Corolla, waarvan die registrasienommer onbekend is, en ʼn grys Audi A4, met die registrasienommer FPV 579 MP, brandstof ingegooi,” het Tshilate gesê.

“Terwyl een van die petroljoggies by die kassier besig was, het die verdagtes vuurwapens op hom gerig en al vier die werkers, sowel as ʼn klant met ʼn kind, in ʼn kombuis ingedwing en hulle daar aangehou.”

Die verdagtes het daarna ʼn kluis in die winkel opgeblaas en ʼn onbekende bedrag geld asook sigarette gevat. “Terwyl die rooftog aan die gang was, het twee metropolisiebeamptes onverhoeds by die vulstasie opgedaag. Die verdagtes het op die metropolisiebeamptes losgebrand.”

Die bestuurder van die EMPD-voertuig, ʼn 50-jarige man, is verskeie kere geskiet en is op die toneel dood. Sy dienspistool is ook gesteel. Sy vrouekollega is ongedeerd.

Die polisie het vasgestel dat die aanvallers AK47’s en R5-gewere tydens die rooftog gebruik het.

Die Springs-polisie ondersoek ʼn saak van moord en sakeroof.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om met inligting na vore te kom wat hulle in hul ondersoek kan bystaan. Mense wat die verdagte voertuig opmerk, word versoek om die polisie by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Irma ·

Die SANW gebruik mos R5 gewere. Dan is wapen beheer id weermag maar regtig swak as dit so maklik in misdaad gebruik word.

DMC de Koker ·

Die polisie gebruik die R5 en die weermag die R5. Inherent is dit maar dieselfde geweer, die R5 is net die karbyn weergawe van die R4. Nog slegter egter.

Eish ·

Die publiek sal nie na vore kom met inligting nie. Daardie tyd van die aand is hul agter hoë mure met lemmetjiesdraad bo-op, die deure en veiligheidsdeure toegesluit, diefwering in plek, alarms gestel en die Rottweilers is buite. Alle slagysters is ook gestel.

Wonder ·

Sterkte aan die familie. Die weermag het dan self sekuriteit beampte nodig.

Pieter ·

Is hulle dan onnosel, gaan die registrasie van die motor na en kry dan die adres van die eienaar. Is dit dan so moeilik?

Takkies ·

Gaan kyk maar by die naaste SAPS kantore , kan jou belowe die verdagtes werk daar

Daan ·

Dit is n skande dat die misdaad nou algemeen word wys net weer die polisie doen nie hulle werk nie nou was een van hulle n slagoffer en dit is hartseer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.