Beampte vas wat glo dreig om kleuter te skiet

Die beampte wat glo by die voorval betrokke was.

Die beampte wat glo by die voorval betrokke was.

Die Tshwane-metropolisiebeampte wat glo Maandag gedreig het om ʼn huilende driejarige meisie te skiet, is in hegtenis geneem.

Justice Project SA (JPSA) en Crime Line het in ʼn gesamentlike verklaring gesê die beampte en sy kollega is Dinsdag in hegtenis geneem.

“Die aard van die beweerde misdaad is baie ernstig en moet so hanteer word,” het die organisasies gesê.

Maroela Media het Dinsdag berig die kleuter, Veronique, moet berading ontvang nadat die beampte glo gedreig het om haar te skiet. Alles het begin skeefloop toe die kind se ma, Magda Robbertse, na bewering geweier het om omkoopgeld aan die beampte te gee. Sy het haar kinders by die skool gaan haal toe die beampte haar naby die Zandfontein-begraafplaas in die weste van Pretoria van die pad afgetrek het. Hy het omkoopgeld geëis omdat sy nie ʼn rybewys gehad het nie. Magda het gesê sy het nie kontant nie, waarna die beampte haar handsak gegryp het wat op die vloer gelê het.

Die beampte het daarna glo ook die asbakkie van die voertuig hardhandig uitgeruk, en na bewering die nagenoeg R80 kontant wat daarin was, gegryp. Veronique het geskrik en begin huil, waarna die beampte sy hand op sy vuurwapen aan sy heup gesit het, en in Afrikaans gesê het ‘bly stil of ek skiet jou’. Lees meer hier.

Die organisasies het motoriste versoek om glad nie omkoopgeld aan beamptes te gee nie en om beamptes aan te meld wat omkoopgeld eis.

Yusuf Abramjee, die hoof van Crime Line, het die polisie geprys vir hul spoedige optrede. “Ons moet die vrot appels in die metropolisie agter tralies kry,” het Abramjee gesê. “Ons doen ʼn beroep op die publiek om hierdie skelm polisie aan die kaak te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

BullsEye ·

Wat ‘n siek agterstevoor samelewing leef ons in! Die publiek moet help om korrupte polisielede vas te trek.

Fanie ·

Jip, en dan vier hulle hul suksesse die week met nasionale polisiedag! Wat ‘n klop op die skouer is dit nie vir hulle as hulle mekaar so gaan prys nie. Ek dink nie daar gaan baie medaljes beskikbaar wees om uit te deel nie, want dit sit aan polisiekommesaris se univorm, tensy iemand dit af steel.

Neptunus ·

Plaas dat hy maar net die vrou ‘n boetekaartjie gegee het vir bestuur sonder lisensie en die kind op die voorste sitplek, maar nee, hy moes nou weer kom met daai “Ek ês hongor, maak ‘n plan-strategie”. Volpunte vir die verkeersoortreder (en latere slagoffer) wat nie toegegee het aan sy omkoopvoorstel nie.

Ria De La Harpe ·

Dit is so hartseer skokkend om sulke goed telees.Veral jy self die pad elke dag gebruik.En om tedink dit kon jou oor gekom het.Geen mens sal naderhand stop.En eeder na die naaste polisie stasie ry.Jy sal tebang wees n mens weet nie meer wie jy kan vertrou in mense wat uniforms dra. Hulle da om eintlik n mens moet beskerm,My vraag vir wie kan jy stop Wat jou stop in uniform en vir wie kan jy nie stop.Jy sal nooit weet nie sal raaisel bly.

Mariaan ·

En stop jy nie, sal hulle wragtig op jou skiet om jou tot stilstand te dwing.

Bertie Fourie ·

Ek gaan hierdie volg en wil sien of hierdie vinnige opvolg êrens vorentoe met positiewe straf beloon gaan word.

Lize ·

Bertie ek twyfel, hy gaan ‘n slap on the wrist kry tssk tsk tsk, moenie dit weer doenie hoor. Dis wat gaan gebeur, en teen die tyd wat hy terug kom na sy geskorste tyd gaan hy heel moontlik in ‘n beter pos en ‘n VET salaris by wees.

Nicoline ·

Dit n siek spul!!!!!!! wat van as jy vrou alleen en hy raak dalk hardhandig deur jou dalk rond te ruk en pluk…Wat kan n vrou alleen doen!!!!ONS IS NERENS MEER VEILIG!!!!! Maar nou word daar net niks aan daai mense gedoen, hulle word gedisipliner kry n waarskuwing en is weer more op die pad net om weer terug tekeer op sy ou trant…..”want jakkals n verander van haar maar nie van streke”

Brenda ·

Welkom in Kommunistiese Azania, waar jy banger moet wees vir die polisie as die boewe in die skadu’s. Die SAPD is niks anders as n Staats gesubsideerde georganiseerde kriminele bende nie.

Griet ·

Daar is BESLIS ‘n verskil tussen die Polisie (Suid Afrikaanse Polisie Diens/SAPD) en die Metro Polisie (Metro Polisie Diens/MPD). Maar elkeen van hierdie organisasies het hulle goeie lede en dan is daar die vrot appels. Dit lyk net asof die meeste vrot appels wel by die MPD (die ou “spietkops”) voorkom. My ervaring van die SAPD was tot dusver nog net positief, kan ongelukkig nie dieselfde van die MPD sê nie…..

Dave ·

Die ‘Polisie’.. oftewel die Suid Afrikaanse Polisie Diens/SAPD soos jy breedvoerig in hakies uitlê Griet, is dìt die spul waarvan Selebi die hoof was? Die wat nou sommer ook help om die buitelanders se winkels te plunder? Daar ìs ‘n verskil, sê jy.

Tilo ·

En wat maak die persoon wat nie ‘n bestuurslisensie het nie, agter die stuurwiel van die motor……….
Sal graag die volgende sien verloop in die hof: Vrou word geroep as betuie. Regter: Dame hoe het dit gebeur? en die hele toneel speel af… Regter:Toon asb aan die hof jou bestuurslisensie. Dame: het nie een. Regter: goed jy en die beskuldigde kan ‘n sel deel. Die een is net so skuldig soos die ander. Hof verdaag.

Marietjie ·

Tilo – het sy nie ‘n lisensie nie of het sy net nie haar lisensie op haar persoon gehad nie? Groot verskil. Die een is NIE so skuldig soos die ander nie en buitendien gaan die nie oor die lisensie hier nie – dit gaan oor die feit dat die slapgat hom soos ‘n barbaar gedra het, haar geld GESTEEL het het haar KIND gedreig het met ‘n vuurwapen. Wat klink vir jou die ergste? Ek sal ook graag in die Hof wil wees, hopelik nie met jou as regsverteenwoordiger nie.

Dave ·

Sal help om te leer lees, Tilo. Van wiè praat jy? Dink jy werklik jy is antwoord-waardig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.