Beampte verkrag vrou glo: ‘Vanaand maak ek jou my vrou’

tronk 2ʼn Polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn 25-jarige vrou in die aanhoudingselle van die Linden-polisiestasie in Johannesburg verkrag het.

Grace Langa, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat, het gesê die voorval het glo plaasgevind nadat ’n vrou Saterdag in hegtenis geneem is op ʼn aanklag van bedrog. “Polisiebeamptes het haar na die Linden-polisiestasie toe geneem en die betrokke beampte was aan diens om selle aan die aangehoudenes toe te ken,” het sy gesê. “Hy het die vrou alleen in ʼn sel geplaas en glo vir haar gesê: ‘Vanaand maak ek jou my vrou’.”

Die beampte het glo Sondag omstreeks 02:00 na die vrou se sel gegaan waar hy haar glo verkrag het. Volgens Langa was daar ander beamptes aan diens in die polisiestasie se ontvangs en aangehoudenes in die ander selle, maar die vrou het glo nie geskree of om hulp geroep nie.

“Toe ander polisiebeamptes die volgende oggend by die vrou se sel kom, het sy die saak gerapporteer. Hulle het haar dadelik na ʼn kliniek geneem waar sy mediese sorg ontvang het en die betrokke beampte is in hegtenis geneem,” het Langa gesê. “Hy word nou by dieselfde polisiestasie in die selle aangehou.”

Die vrou is na ʼn gevangenis geskuif waar sy as verhoorafwagtende aangehou word. Langa wou nie die naam van die gevangenis bekendmaak nie uit vrees vir die vrou se veiligheid.

“Die polisiebeampte het reeds in die Randburg-landdroshof verskyn en sy borgtogaansoek is uitgestel tot 7 Julie. Hy is nie gevra om te pleit nie en sal in aanhouding bly tot sy formele borgtogaansoek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

lynette louw ·

Ons innigste simpatie met die ouers. Dit is n verskriklike tragedie. Ons bid hul sterkte toe.

scalla ·

Ek vermoed jy het nou die kat aan die stert beet lynette, verkeerde berig pop

Charmaine ·

My innige simpatie aan die ouers wat al 2 hul dogters aan die lelike ongeluk af gestaan het. Mag die Here jul leiding, krag en gemoedsrus gee. Dis n jardepad wat vorentoe le vir julle,
Sal julle in my gebede hou.

Se maar net ·

Mag hulle dan vandag van hom ‘n voorbeeld maak, en hom gee wat hom toekom.

tina ·

GEEN ….nie eers ‘n opsie van borg nie!!!! Hierdie veragtelike mens wat in ‘n vertrouens posisie geplaas is en homself regte toe-geeien het, gevat het wat nie aan hom behoort het nie!!!
Die volgende verweer wat uit sy mond sal kom is, dat sy seker haarself aangebied het! Ek sidder om te dink vir elke soort oortreding wat ‘n persoon of dan vrou in hierdie geval, opgesluit word, die risiko loop van hierdie soort boef.
Hierdie arme vrou moes seker van vrees, ‘n wrak gewees het.
Sy moet sommer ‘n eis teen die polisie instel, omdat hulle nie haar veiligheid gewaarborg het nie.
GEEN persoon verdien ‘n dubbele straf vir ‘n oortreding begaan, sou sy of enige mens skuldig bevind word en bewys is.

Paul ·

Daar moet darem eers bewys word of die bewerings waar is of nie.

Gaan lees bietjie oor hoe die proses van borgtog funksioneer.

Rissiepit ·

‘n Mens mag nie veralgemeen nie, maar ek wil weet HOE moet ‘n mens vertroue he in die SAPD as daar sulke dinge gebeur? Ek sidder om te dink wat gaan nog alles aan waarvan ons geen kennis dra nie….

Peet Schabort ·

My simpatie met die slagoffer.
Nou wil ek werklik weet hoe dit moontlik is vir ons regte polisielede om saam met sulke goed te werk ?
My simpatie ook aan julle wat vasgevang is in ‘n publieke opinie wat julle nie vedien.

Eish! ·

Wat het geword van die outydse manier van bewaking en opsluit. Geen manlike lid mag alleen saam ‘n vroulike gevangene verkeer nie. Of dit toesluit, siekeboeg, bewaking, deportasie of na en van hof is. Daar moet altyd ‘n vroulike lid by gewees het en in ‘n manlike gevangene moes daar altyd ‘n manlike lid bygewees het. Dit was vir beskerming van almal gewees. Gevangenes, sowel as lede. Bestaan dit nie meer nie?

Laetitia Herholdt ·

Maak net DOODseker sy is verkrag. Hoekom het sy nie geskree en vir hulp geroep nie. Gedink sy sal gunsies uitdeel om vrygelaat te word en die volgende oggend toe sy in die selle wakker word, besluit om “verkragting” te skree. Iets is fishy hier, al was die SAP lid verkeerd, twyfel ek baie sterk of dit verkragting was.

Jaco Flemix ·

Ek ry daai pad elke week en ek kan met ope hart se dit is die gevaarlikste pad en duurste tol om te ry.Dit is enkel pad meeste van die tyd en die mense is ongedulig met al die stadige trokke op die pad.Drie tol hekke tot en met Rustenburg wat vere gaande is volgens my.My innige simpatie met die ouers

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.