Beampte veroorsaak glo botsing; van toneel verwyder

u-turn-symbolDie Randburg-polisiestasie het Maandag berigte ontken dat ‘n misdaadintelligensie-beampte deur kollegas van die toneel verwyder is nadat hy in ‘n ongeluk betrokke was.

“Niemand is weggeneem nie. Hy was tot die einde op die toneel,” het ao. Johannes Maja, woordvoerder van die Randburg-polisiestasie, gesê. “Ons ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur.”

The Star het Maandagoggend berig dat die misdaadintelligensie-beampte glo ‘n onwettige u-draai gemaak het en ‘n botsing veroorsaak het. Die ongeluk het glo Dinsdag in Ferndale, noord van Johannesburg, plaasgevind.

Katrina Miller, die bestuurder van die ander motor, het haar voormalige kêrel, Gino MacRitchie, geskakel en gevra om na die toneel te kom. MacRitchie was voorheen in die polisie. Hy het glo op die ongelukstoneel gesien dat die staatsvoertuig se lisensie verval het.

MacRitchie het glo ook ‘n plastieksak met leë bottels in die staatsvoertuig opgemerk. Die plastieksak is glo deur polisiebeamptes op die toneel onder die passasiersitplek ingedruk. MacRitchie het glo versoek dat ‘n asemtoets vir dronkbestuur op die beampte gedoen word. Daar is glo aan hom gesê dat dit die verantwoordelikheid van ‘n ander departement was.

Miller en MacRitchie het toe glo gesien hoe die misdaadintelligensie-beampte deur kollegas van die toneel verwyder word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.