Beampte vlug ná verdagtes sterf

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Ondersoekbeampte van die polisie in Gauteng het glo gevlug nadat drie verdagtes gesterf het.

Lt.genl. Lesiba Mothiba, provinsiale polisiekommissaris, het gesê twee speurders en drie informante, was op 17 April op soek na vier persone wat verdink word van moord, het die Citizen berig.

Die informante het een van die vier persone uitgeken en hy is in hegtenis geneem. “Die beamptes het tydens ondervraging van onortodokse metodes gebruik gemaak en die verdagte het sy bewussyn verloor,” het Mothiba aan die koerant gesê. Die beamptes het die man na ʼn hospitaal geneem waar hy met sy aankoms dood verklaar is.

“Dieselfde beamptes het die man se lewelose liggaam saam met hulle geneem terwyl hulle na die ander verdagtes gesoek het,” het hy bygevoeg. Die ander drie verdagtes is ook later in hegtenis geneem.

Die speurders het na bewering die drie in die veld buite Carletonville, wes van Johannesburg, geskiet.

“Een van die slagoffers kon na ʼn pad toe kruip, waar ʼn verbygaande motoris hom opgelaai en na ʼn hospitaal geneem het,” het Mothiba bygevoeg.

Genl.maj. Vincent Leshabane, adjunkpolisiekommissaris vir speurdienste, het gesê die inligting het eers laat Maandagmiddag aan die lig gekom en een van die beamptes en twee van die informante is in hegtenis geneem. “Dit is net ʼn kwessie van tyd voor die tweede beampte ook in hegtenis geneem word,” het Leshabane bygevoeg.

Bron: Adam Wakefield, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Dave ·

Hi Neptunus, is daar dalk ‘n spelfout reggemaak na jou kommentaar of waarna verwys jy?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.