Beamptes betrokke by Pikitup-kontrak geskors

Pikitup (Argieffoto)

Die Stad Johannesburg het Dinsdag gesê daar is besluit om senior beamptes wat verantwoordelik was vir die verwerking van die tender vir sy rommelbestuurdiensverskaffer, Pikitup, te skors hangende ʼn ondersoek na aantygings van wangedrag.

Die Stad sê dit het dié stappe gedoen nadat die vullisverwyderingsdiens sowat twee weke gelede ontwrig is weens die onbehoorlike bestuur van Pikitup se niegespesialiseerde, gespesialiseerde en rooivloot-kontrak.

Ntombi Khumalo, burgemeesterskomiteelid van korporatiewe en gedeelde dienste, het gesê as die ondersoek die bewerings van wangedrag bevestig, sal die Stad nie huiwer om die gepaste stappe te doen nie.

Die Stad het gesê hy doen alles moontlik om te verseker dat aantygings van wangedrag aangeraak en dienste nie onderbreek word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

joe ·

Daar is bedrog by ALLE transaksies tans in hierdie land betrokke???!!! Maar ek sien NIEMAND wat ge-arresteer of toegesluit word nie. Almal is betrokke met almal se skandale, so die een vuil hand was die volgende vuil hand op hierdie stadium, maar so loop die uurglas na die verkiesing leeg.
Weet net nie of die massas met hulle verstand of weereens met die `struggle` in die agterkop gaan stem, ons sal maar sien????

bekommerd ·

Joe jys reg……ek het ook nog niks raakgelees van enige een wat die gelde terug betaal het nie. SKANDE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.