Die Stad Johannesburg het Dinsdag gesê daar is besluit om senior beamptes wat verantwoordelik was vir die verwerking van die tender vir sy rommelbestuurdiensverskaffer, Pikitup, te skors hangende ʼn ondersoek na aantygings van wangedrag.
Die Stad sê dit het dié stappe gedoen nadat die vullisverwyderingsdiens sowat twee weke gelede ontwrig is weens die onbehoorlike bestuur van Pikitup se niegespesialiseerde, gespesialiseerde en rooivloot-kontrak.
Ntombi Khumalo, burgemeesterskomiteelid van korporatiewe en gedeelde dienste, het gesê as die ondersoek die bewerings van wangedrag bevestig, sal die Stad nie huiwer om die gepaste stappe te doen nie.
Die Stad het gesê hy doen alles moontlik om te verseker dat aantygings van wangedrag aangeraak en dienste nie onderbreek word nie.
Daar is bedrog by ALLE transaksies tans in hierdie land betrokke???!!! Maar ek sien NIEMAND wat ge-arresteer of toegesluit word nie. Almal is betrokke met almal se skandale, so die een vuil hand was die volgende vuil hand op hierdie stadium, maar so loop die uurglas na die verkiesing leeg.
Weet net nie of die massas met hulle verstand of weereens met die `struggle` in die agterkop gaan stem, ons sal maar sien????
Joe jys reg……ek het ook nog niks raakgelees van enige een wat die gelde terug betaal het nie. SKANDE