Beamptes geskors wat man uit rolstoel gooi

Foto: Skermskoot uit video

Twee beamptes van die Kaapse metropolisie is met onmiddellike inwerkingtreding geskors nadat hulle ’n man in ʼn rolstoel omgestamp het.

Die voorval is op video vasgelê en word sedertdien wyd op sosiale media versprei.

“Ek het onmiddellik die saak met Richard Bosman, die stad se uitvoerende direkteur vir veiligheid, bespreek en hy het bevestig die beamptes is geskors hangende ’n volledige ondersoek na die voorval,” het Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, gesê.

Plato het onvoorwaardelik om verskoning gevra vir die voorval. “Die manier waarop die situasie hanteer is, is nie wat ons van ons personeel verwag nie.”

In die video kan gesien word hoe een beampte met sy voet op die rolstoel se wiel staan voor sy kollega die rolstoel omkeer en die man op die grond val.

Die een beampte stoot die rolstoel dan ’n ent weg. Die voorval het glo voor die Kaapstad-Sentraal-polisiestasie plaasgevind.

Volgens mediaberigte was die man in die rolstoel glo deel van ’n groep mense wat oor dienslewering betoog het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Persheks Adri ·

Wie doen dit? Dis blerrie onmenslik man. Hulle dink ook hulle is bo die wet pffft. Ek hoop hulle is geskors SONDER salaris hel man dis vieslik! Nogals voor die polisie stasie dit sê ook baie

Tanniepetoors ·

Dit is wreed en vernederend om so iets te doen. Die twee het heeltemal buite die gedragskode opgetree en behoort ontslaan te word. Geen verskoning vir sulke laakbare gedrag.

Cecilia ·

SIES MAN wat se bedreiging kan n man in n rolstoel nou wees?
Ek hoop hulle is sonder salaris geskors.
Hulle moet ook sommer gaan werk (verniet) in n tehuis of rehabilitasie sentrum. Sodat hul kan leer om respek te he vir mense met “less able” liggame.

Erika ·

Dit is So tipies van Hudige ” Very competent ” Police…..Nobody can trust them

Mad Mike die Rhodesiër ·

Dis nou ‘n skande! Al verskil julle van opinie, ‘n gestremde is ‘n mens soos jy en moet met respek – eintlik MEER respek – hanteer word!

Casper ·

‘n Man in sy rolstoel wat betoog reg voor die polisiestasie.Watse openbare geweld kan hy pleeg kan hy plunder nee.Hoekom word daar nie so opgetreë teen die EFF nie.

Louise ·

En hulle voel nou seker soos groot menere…
Maar weereens, waar is die nodige opleiding…

Regverdigheid ·

En dan verwag hul ons moet die Polisie vertrou neeeeeeeee nie as hul so optree uiters swak hoop hul verloor hul werk want dis nie antvaarbaar.

Dries ·

Dis darem jammer dat die politici wat in ROOI geklee is, nie ook met onmiddelike effek ‘geskors’ word elke keer wanneer hulle op video gevang word dat hulle mense rondstamp en aanrand nie.

Genis ·

Nog n pluimpie in die rassisties-hoed van Cele, jou “our people” polisie is baie rassisties.. Besoek maar n polisie stasie.. Hulle dink hulle doen jou n vooreg as hulle iets moet doen, nou praat ek van net opstaan, never mond werk.. … Ek het ongelukkig nie respek vir die polisie nie.. Dis skokkend om n man in rolstoel so te verneerder, en te mishandel.. Ek is seker daar is Prokureers in Kaapstad wat die man verniet sal help met n behoorlikkesiviele eis? Kla sommer die omstanders ook aan..

Danny ·

Bo die wet verhewe – regstelsel en sy mense is ‘n klug!

Kokerboom ·

Dis van verkeersbeamptes skielik Polisie(g’n mens weet hoekom) dat hul helse egos ontwikkel het en arrogant optree!

Daleen1 ·

Die polisie MAG mos enige iets doen!!!!! hulle is die WET, of het die mense dit vergeet

JohanR ·

Nee wat daai man het ‘n groot brein poep gehad. Kan verstaan as ‘n rolstoel miskien omval, maar daai man is heeltemal uit die stoel uit gegooi.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.