Beamptes met klippe bestook gedurende uitsettings

Argieffoto ter illustrasie

’n Beampte van die Stad Kaapstad is in ’n hospitaal opgeneem nadat onwettige grondbesetters na bewering beamptes in Mfuleni buite Kaapstad in die Wes-Kaap aangeval het toe hulle besetters wou verwyder.

Die Stad het in ’n verklaring gesê beamptes en hul voertuie is verlede week Donderdag met klippe bestook waarna een beampte met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem is.

Luidens die verklaring beleef die metro daagliks agt of meer onwettige grondbesettings.

Intussen het die hooggeregshof verlede week die Stad se optrede gedurende verlede maand se verwydering van grondbesetters in Hangberg in Houtbaai as onwettig en ongrondwetlik verklaar. Skuilings in Hangberg is gedurende dié uitsetting gesloop.

Die hof het in sy uitspraak die Stad opdrag gegee om een van die inwoners wie se skuiling gedurende die uitsettings gesloop is, binne 48 uur te herbou aangesien die uitsetting strydig was met die Wet op Rampbestuur gedurende die algehele landwye afsondering.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het hom intussen ook nou na die hof gewend om die Stad Kaapstad te verbied om grondbesetters te verwyder. Die EFF het hom by die MRK se hofaansoek aangesluit.

Luidens die verklaring wil die MRK nie net hê dat die Stad Kaapstad verbied word om uitsettings te doen nie, maar ook dat die hof alle bestaande hofbevele wat spesifieke persele teen onwettige grondbesetters beskerm, nietig verklaar.

Volgens Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, het die Stad reeds hofstukke ingedien om die MRK se hofaansoek teen te staan.

“Die MRK vergeet oënskynlik van die regte van die mense wat deur onwettige grondbesetting geraak word, maar hierdie inwoners kan gerus wees dat hul Stad vir hulle sal optree. Grondbesettings ontspoor behuising- en diensteprojekte, lei tot die besoedeling van waterweë wat die begunstigdes van die behuising ten sterkste benadeel, en veroorsaak dat eienaars van eiendom hul beleggings oornag verloor,” het Plato in ’n verklaring gesê.

Die saak tussen die Stad Kaapstad en die MRK sal eerskomende Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor word.

Volgens Plato gaan die Suid-Afrikaanse Polisiediens ook die MRK se hofaansoek teenstaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kokerboom ·

Die MRK verstaan duidelik nie sy funksie nie en word ‘n albatross om die nek van ordelike vooruitgang en ontwikkeling

Sandra ·

Net een deel van volk wat “regte” het volgens MRK. Reg om te doen wat hulle wil!

Fedup ·

I always wanted a little kaya by the ocean.
Tomorrow i will be erecting a 2 bedroom there.
Let’s see what mrk and the little red gnomes will do about that.

Stefan ·

Ek hou baie van daai stukkie gras voor die uniegebou, kan dus nou maar daar ‘n struktuurtjie opsit en daar gaan bly.

Piet ·

Goed so, hoe kan jy mense op straat uit gooi in die middel van ‘n pandemie? Jesus skaam hom dood vir ons!!! Dis NIE wat hy ons leer nie

Sakkie ·

Ou Piet, gaan haal dan maar vir jou so paar mense om in jou tuin te kom plak. Jy hou mos daarvan. Dan kan jy sommer vir hulle gratis krag ook gee.

Piet ·

Of ons los die mense net uit? Hulle probeer letterlik net oorleef. Dis die laagste van ons samelewing en ons hanteer hulle soos diere.

Ansie ·

Waar het hulle gebly voor die pandemie? Dis niks anders nie as kansvatters wat weier om na wettige skuilings te gaan, want hulle weet as hulle eers skuilings gebou het en daarin woon is dit ‘n groot storie om hulle daar weg te kry. Dink voordat jy Jesus se naam bysleep. Diefstal is teen Jesus se wet en besetting van ander se eiendom is niks anders as diefstal nie.

Ansie ·

Sal die hof en die MRK ook die onwettige plakkers op eie onkoste verwyder na die einde van die afsonderingsperiode? Want dan wens ek hulle baie sterkte toe. Daar is ‘n goeie rede waarom Stad Kaapstad dit doen. Besetters vat vet kanse tydens die afsonderingsperiode en nou word hulle in hulle kwaad gesterk. As onvoltooide en onbewoonde skuilings afgebreek word is dit nog nie skuilings nie en mag dit afgebreek word. Maar as dit eers daar is … dan is dit nag om die besetters weg te kry.

marius ·

Sit plakkate op dat hulle by die mrk se gebou kan intrek , dan sal hulle ‘n ander deuntjie sing .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.