Beamptes ondersoek ná voorval met sambok

‘n Skermgreep uit die video.

Die polisie het ʼn ondersoek van stapel gestuur nadat ʼn video wat wys hoe twee polisiebeamptes twee mans aanrand, soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei het.

In die video kan gesien word hoe een van die mans met ʼn sambok en die ander een oënskynlik met die hand geslaan word.

Die ondersoek na die voorval word gelei deur die bevelvoerder van die Worcester-polisiegroepering, genl.maj. Nomthetheleli Mene.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê dit is intussen bevestig die voorval het Maandag in ʼn nywerheidsgebied in Worcester in die Wes-Kaap plaasgevind.

Die polisievoertuig in die video behoort aan die Ceres-polisiestasie – soos op die voertuig gesien kan word – maar word op hierdie stadium deur ʼn polisie-eenheid op Worcester gebruik.

“Die polisiebeamptes in die video is geïdentifiseer en hulle is polisielede verbonde aan ʼn eenheid op Worcester,” het sy gesê.

Die ander twee mense wat gesien kan word, is steeds nie geïdentifiseer nie.

“Die verdere ondersoek sal na verwagting meer lig werp op wat gebeur het vóór die opname begin is,” het Potelwa gesê.

“Die polisie in die Wes-Kaap wil dit op die rekord plaas dat die slaan en afknouery van mense of verdagtes teenstrydig is met amptelike departementele instruksies wat polisiebeamptes se gedrag voorskryf.

“Die gebruik van ʼn sambok deur polisiebeamptes word nie net verbied nie, maar is ook onregmatig.”

Die polisie het gevra vir ruimte om die ondersoek af te handel en het die versekering gegee dat dit spoedig gefinaliseer gaan word.

“Bespiegeling oor wat gebeur het, asook die bekendmaking van die betrokke polisiebeamptes se name, gaan in hierdie stadium skade berokken aan die ondersoek wat gedoen word,” het Potelwa gesê.

In nog ʼn voorval wat skerp kritiek uitgelok het, het die polisie gesê hy doen ook ʼn interne ondersoek na wat Vrydag by ʼn kantoor van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) gebeur het toe ʼn waterkanon gebruik is om handhawing van sosiale afstand by mense wat in ʼn tou vir hul toelae gewag het, af te dwing.

Die polisie sal ook met Sassa se bestuur oor die kwessie vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Persheks Adri ·

Cele se trots die klomp en magsbehep pffft! Hoe verwag hulle ons moet hulle respekteer? Gaan lekker met Covid as verskoning om mense aan te rand gggmmmfff tsssk net ons hou in elk geval niks van julle nie!!!

Androclus ·

Of jy nou van hulle hou of nie as jy hulle nodig het sal jy moet maar na hulle toe gaan.

Keelvol ·

Maar dis okei as die ongeskikte publiek op die polisie manne vloek en met klippe bestook. Dan is daar absoluut niks verkeerd nie.

Aai ·

Ek dink dit is reg hulle moet bang wees vir die polisie dit is die begin van misdaad stop,want die howe laat hulle loop.Hulle moet twee keer dink voor hulle misdaad pleeg.(dit is ‘n misdaad om nie ‘n masker te dra reg so)

Michael ·

Wag tot jy of een van jou familielede of vriende onder hierdie onbevoegde beamptes deurloop dan praat jy weer.

koos10 ·

Alle blaam moet voor Cele se deur gelê word. Solank as wat hy dink hy is die Nasionale Kommisaris (Uitvoerende Hoof) en nie die Minister (Politieke Hoof) nie, gaan NIKS verbeter nie. Die ding is dat hy aan junior lede opdragte gee wat nie in lyn met wetgewing is nie. Ek kan nie onthou wanneer laas ek Genl. Sitohle gehoor praat het nie, op TV is dit net altyd hy!

Androclus ·

Hy was nie eens in die polisiediens nie seker mk veteraan aaahhahha

jzjz05 ·

Ek sal graag wil weet wat aanleiding gegee het tot die optreede van die persone in die vidio ?.

QueenB ·

Ek stem nogal saam jou wie nie hoor nie moet voel almal is mos so groot gemaak

Vlooitjie ·

Hoe op aarde regverdig jy sulke gedrag van die polisie? Ek is verstom !

Keelvol ·

Die publiek is min reg. Hulle is verwaand en arrogant. Met die inperking is dit bewys. Die publiek is soos kinders, hulle wil altyd teë praat en doen soos hulle wil.

SwartBees ·

Ek voel asdie polisie jou stop en albei partye respekteer mekaar fair enough. Aan die anderkant voel ek ook weer dat as jy skuldig is aan iets en die polisie stop jou dan moet jy jou broek nat maak van vrees vir die polisie.

domheks ·

Ons mini-ster het hulle opdrag gegee om geweld te gebruik! Hulle is mos nou almal ‘cowboys’ en bo die wet verhewe. Hoop geregtigheid geskiet.

Keelvol ·

Is die publiek altyd reg? Volg die publiek altyd die wet?

Willem ·

Cele se narre kan vinnig pak uitdeel,maar as dit na hul kant toe kom roep hul versterkings in!!Klomp slapgatte!!!!

Natasha ·

Dis ‘n hartseer realiteit dat ons banger vir die polisie & verkeersbeamptes moet wees as vir kriminele. Hulle is op ‘n groter “power trip” as ons regering & dink hulle het reg & mag om te maak en breek soos hulle wil & indien jy wit is het hulle meer reg om ‘n punt aan jou te probeer wys. Reg & geretigheid bestaan al lankal nie meer in ons mooie land nie.

Willem ·

As dit ń mes is wat die polisie man daar opgetel het, het hy hom te min geslaan met daai sambok

Plaaskind ·

Al wat ek kan sê is dat ‘n saak altyd twee kante het, onthou mense polisie werk nie altyd met wetsgehorsame mense nie, maar ook met harde misdadigers wat nie net alle opdragte van die polisie soos soet kinders uitvoer nie. Dis nie alle polisiemanne wat arrogant is en net hulle mag wil afdruk nie.

H ·

staat raak nou pateties… dit is asof die polisie manne nie kan dink wat is reg en verkeerd nie , kannie meer onderskei nie… wat gaan aan, is dit n IK probleem. My opinie is , as jy polisie toe wil gaan moet jy tenminste n graad he, daar sal minder korupte misdadigers wees met lae IK`s. betaal hul net genoeg en die slimste en mees suksesvolste persoon sal n polisie man wil wees !

Kosie ·

Ja gee hulle pak hulle word tog net vrygelaat as hulle gevang word en as hulle tronk toe gaan leef hulle te lekker want hulle gee nie om. om tronk toe te gaan nie, maar n pak slae is hulle baie bang voor.

Riaan ·

Miskien as hulle laaitjies terug bring sal die tronke minder verhoorafwagtendes hê?

O wee! ·

Die soort gedrag maak my woedend maar aan die ander Kant is meer as 38000 SA-ners reeds dood so hoeveel moet daar nog gepraat word?

RS ·

Dit wat gebeur het is nie reg nie. Ek neem die polisie ook nie kwalik nie. Hulle is moeg vir arrogante mense wat nie wil luister nie. Wat anders moet hulle doen?

Jaco ·

Almal op maroelamedia.co.za is moeg vir misdaad in SA, maar as die polisie hardhandig teenoor ‘n misdadiger optree, dan kla almal op maroelamedia.co.za weer oor polisie brutaliteit. Wat wil julle dan nou eintlik hê? Dieselfde met Corona en inperking. Almal op maroelamedia.co.za is moeg vir inperking, maar daardie selfde mense weier inenting teen Corona. So wat wil julle nou eintlik hê?

H ·

aiaiai , jy moker nie n ou wat nie n masker dra nie. dit het als met daai IK ding uit te waai waarvan ek vroeer gepraat het. Hulle konsentreer op verkeerde dinge, gaan soek die regte misdadigers, moenie maklike teikens probeer vind nie . as daar nou 1 ou op die sand by die see sit met niemand anders in die rondte nie, LOS HOM. moenie vir jou groot mnr hou , die ou gaan pluk en in jou “van” gooi en tronk toe vat nie . Dit is wanneer jy mense se lewens in gevaar stel om soos n idioot op te tree.

Androclus ·

Ek voel net soos jy voel,hulle kla oor alles,is nie eens ‘n bietjie positief in die nuwejaar nie.

Tanniepetoors ·

“Almal” is baie groot veralgemening. Op hierdie forum hou meeste van ons daarvan om individuele menings te lug en geniet die oor en weer geredekawel sonder om mekaar afgetakel. Ons hou ons kritiek vir “the powers that be” en hoop hulle gaan eendag leer Afrikaans lees en waardeer. Mooi loop Jaco en bly veilig.

Anton ·

“word nie net verbied nie maar is ook onregmatig” kan iemand dalk verduidelik wanneer iets “verbied” is maar regmatig is

Keelvol ·

Die polisie manne word gekritiseer deur n publiek wat self dink hulle is bo die wet verhewe.

twaalfboor ·

Dankie Johan. Publiek is vinnig om te kla oor misdaad, maar wanneer SAPS kriminele bietjie roskam dan is dit weer verskriklik. Weet nie wat hulle wil hê nie.

Adam Adriaan ·

Die apartheids polisie was in kindertuin mag, invergelyking met vandag se vergrype wat plaasvind.

Sonneblomkind ·

Nog n bewys van MAG SPEL….ja dis teen die wt om nie n masker nou te dra nie…maar om aangeand te word daarvoor…dis ongevraagd

Coenraad ·

Ons weet nie wat daartoe aanleiding gegee het nie! En die optrede by die Sassa-kantoor? Al gesien hoe hordes sonder maskers téén mekaar daar saamdrom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.