Beamptes skiet ‘motordiewe’ dood

Argieffoto ter illustrasie

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek ’n voorval waartydens twee Johannesburgse polisiebeamptes drie verdagtes in dié stad doodgeskiet het voordat hul glo ’n minibustaxi kon steel.

Ndileka Cola, woordvoerder van Opod, het Sondag in ’n verklaring gesê twee polisiebeamptes verbonde aan die Parkview-polisiestasie was Saterdag besig om die strate te patrolleer toe hulle verdagtes opgemerk het wat besig was om ’n minibustaxi te steel.

Volgens Cola het een van die verdagtes na bewering ’n vuurwapen op die polisiebeamptes gerig terwyl hy en sy makkers in hul voertuig geklim en weggery het. “Na bewering het ’n skietery uitgebreek ​​en drie verdagtes is doodgeskiet. Een is in hegtenis geneem.”

Luidens die verklaring is die verdagtes in besit van ’n pistool, toerusting waarmee by huise en voertuie ingebreek kan word en verskillende motorsleutels gevind.

Die verdagtes het ook na bewering met ’n voertuig met vervalste nommerplate gery.

Volgens Cola is die oorledenes na die Hillbrow-lykshuis geneem, terwyl die voertuig na die voertuigondersoekeenheid ingesleep is.

Die twee polisiebeamptes betrokke by die voorval is opdrag gegee om hul dienspistole by die polisiestasie in te gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Spyker ·

Sou graag wil weet hoekom Opod die be-amtes onderdoek? Iets klink nie lekker nie!

Oros Soros ·

Volgens wet moet enige sterfgeval wat plaasvind agv polisie optrede of enige sterfgeval van ‘n persoon in polisie aanhouding deur Opod ondersoek word. Dit is verpligtend.

007 ·

Die beamtes doen hulle werk, seker dit te goed gedoen. Nou is hulle n sagte teiken sonder hulle diens pistole?

Prikkie ·

So nou word daardie beamptes wat hulle werk gedoen het totaal weerloos gelaat en blootgestel aan wraakaanvalle.

Ek hoop van harte hulle het ook persoonlike vuurwapens.

4ntj13 ·

Lyk my OPOD sukkel om werk te identifiseer. Aan die ander kant: Ek dog élke polisie-verwante sterfte word outomaties deur hulle ondersoek.

Busy Body ·

Dit is normale prosedures dat vuurwapen ingehan dig moet word vir balistiese ondersoeke. In enige geval waar polisiebeampte betrokke is word Ipod betrokke gemaak. Dit is hoe dit werk, niemand diskrimineer hier teen niemand. Prosedures is prosedures. Ipod doen die ondersoeke en maak aanbevelings

Pierreli ·

Hoe word die rowers nou geklassifiseer as vermeende rowers? Hulle is dan op heterdaad betrap!

Piet ·

Geluk aan die beamptes. Jammer dat julle aan die pen gaan ry terwyl julle jul plig gedoen het.

Ansie ·

Nee, gee terug hulle dienswapens en bekroon hulle goeie werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.