Beamptes spring in die see om oliehouers uit te haal

Foto verskaf deur Stad Kaapstad

Beamptes van Stad Kaapstad se departement van kusbestuur het Donderdagoggend omstreeks 08:00 vinnig reageer toe die eienaar van die Shell-vulstasie by Drieankerbaai in Seepunt laat weet het dat 100 oliehouers in die see gestort is.

Marian Nieuwoudt, burgemeesterskomiteelid van ruimtelike beplanning en omgewing, het in ʼn verklaring gesê die beamptes het dadelik in die see gespring om die houers uit te haal. “Beamptes is steeds besig om die houers in die baai te versamel. As alles volgens plan verloop, sal hulle Donderdag die skoonmaakwerk afhandel.”

Nieuwoudt het gesê dit is nog nie bekend wie hiervoor verantwoordelik is of wat die motief was nie. “Ons is egter oortuig dat dit moedswillig was. Ons sal beeldmateriaal van kringtelevisiekameras in die omgewing gebruik om te kyk of ons die verantwoordelike persone kan identifiseer,” het Nieuwoudt bygevoeg.

Dit blyk dat die houers leeg is. Daar is geen bewyse van ʼn oliestorting in die omgewing nie.

“Ek loof die beamptes dat hulle so vinnig reageer het en hul toewyding om die houers uit die see te verwyder. Hulle het reeds 113 plastiekhouers uit die see verwyder. Dit is na ʼn afsonderlike perseel geneem.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

christo ·

Dankie julle is Supersterre! Ander ANC sou eers ‘n tender uitgesit het vir die comrades.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.