Beamptes vas ná hulle verdagte glo help

Argieffoto: SAPD

Twee polisiebeamptes sal na verwagting vandag in die Kaapse landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie en regsverydeling.

Die beamptes wat aan die Kensington-polisiestasie verbonde is, is Dinsdag in hegtenis geneem, het sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, gesê. Volgens Rwexana is die beamptes onderskeidelik ʼn 25-jarige konstabel en ʼn 41-jarige reservis.

Die twee beamptes het glo op 1 April ʼn huis in Kensington deursoek waar daar op Mandrax-tablette en ʼn groot bedrag kontant beslag gelê en ʼn verdagte in hegtenis geneem is.

“Die beamptes het egter nadat hulle by die polisiestasie aangekom het, net ʼn gedeelte van die dwelms ingehandig en die verdagte is vrygelaat sonder om aangekla te word.”

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het sy kommer uitgespreek ná die inhegtenisneming van die twee beamptes.

Hy het gesê dit is kommerwekkend dat diegene wat vertrou word om wet en orde te handhaaf hulself aan die verkeerde kant van die gereg bevind.

“Daar is geen plek vir korrupte polisiebeamptes in die organisasie nie. Ons mandaat is om misdaad te bestry en oortreders vas te trek. Ons vertrou dat dié inhegtenisnemings as ʼn waarskuwing vir ander sal dien.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Theresa ·

En die geld is ook seker verdeel. Gee bevordering en behou die poste.

Johanna Botha ·

En toe verkoop die polisie die dwlems weer verder …weet dat dit gebeur …wat n VROT spul ! !

fred ·

die polisie kommisaris is bekommer..weet hy nie daar is tenminste 4000 van hulle met kriminele rekords? hy behoor dit te weet want hy is die “hoof”…

Heksie ·

Waar is die geld wat hul ook op beslag gelê het?
Korrup, korrup, korrup, skokkend en tog ook hartseer, want wat eers ‘n passie en eerbare werk was vir meeste van ons, is nou afgewater tot net nog ‘n “job” met byvoordele.

waarheid ·

Hulle is almal vrot en korrup want die sogenaamde ‘leiers’ is – hulle leer dit by die ‘leiers’ van die land.

Willie ·

Dit verbaas my nie… Belasting betaler se grootste diewe… korrup, werk nie, maar kry salaris en so ….

Hennie ·

Met die dat die fliek Aladin weer ter sprake gekom het, is daar geskreeu dat al die slegte karakters in donker uitgebeeld word. En so wys die praktyk dit ook.

Wielspore ·

Wat kos dit jou om ‘n verkeersboete langs die pad af te koop – R50
Wat kos dit om ‘n wets oortreding by die polisie af te koop – R50
Wat is die waarde van ‘n SA polisieman se lewe in SA, niks, die rede daarvoor is daardie R50.
Die kultuur van omkoop van regsdienaars vernietig die respek vir geregtigheid.

jakes ·

Mense hoef nie te gaan fliek nie, ons daaglikse lewe in SA is n fliek met die mees ondenkbare dinge wat gebeur en wat eintlik die norm geword het. Hier is miljoene demone wat hier werksaam is en die mense het kranksinng geword. Sal net vererger.

Bribe ·

Korrupte , oorbetaalde politici verwag onderbetaalde, oorwerkte polisie moet eerlik wees! Seker n grap!

SjN ·

Kan nie verstaan dat die manne met rekords nog in diens is nie, die getal het dus gegroei na 4002 sedert bekendmaking.

Gert van Wierdapark ·

Die tweetjies het die woorde “Behulpsaam” of Hulp-vaar-dig net te ver geneem!. He-he-he!!!

Chris Ws ·

Korrupte polisie beamptes behoort die maksimum straf te kry maar ek weet hulle twee gaan net oor die vingers getik word.

lanie ·

Dis nie net in die SAPD nie maar in die parlement ook. Verbasend.

Alida ·

Geld ken nie integriteit nie. Dit vergemaklik jou lewe aansienlik.

Michelle ·

Dit is vandag ‘n prestasie is jy met ‘n kriminele rekord ‘n uniform dra in die polisie wat nie skande. Dit is hoekom als uit verband uit geruk is niemand het meer respek vir die polisie nie watter voordeel is dit nou. Wet en orde is lankal by die voordeur uit .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.