Beamptes vas vir valse lisensies aan taxi-eienaars

Argieffoto

Argieffoto

Drie Kaapstadse beamptes is Maandag by hulle werk vasgetrek omdat hulle valse voertuigregistrasielisensies aan hoofsaaklik taxi-eienaars uitgereik het.

JP Smith, burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit, het gesê die inhegtenisnemings volg op ʼn ondersoek van sewe beamptes wat in Mei begin het. “Daar is ʼn interne oudit gedoen en ons het agtergekom iets is nie reg met die uitreik van voertuigregistrasielisensies nie,” het Smith gesê.

“Daar is vasgestel dat die beamptes maniere gekry het om die eNatis-stelsel te omseil om valse voertuigregistrasielisensies te registreer en uit te reik. Die lisensies is hoofsaaklik aan taxi-eienaars uitgereik wat verhoed is om weer ʼn lisensie te kry omdat daar ʼn admin-merk teen hul name is vir uitstaande verkeersboetes.”

ʼn Vierde beampte wat tans met siekverlof is, sou later Maandagaand in hegtenis geneem word. Die vier beamptes sal nie net strafregtelik vervolg word nie, maar staar ook dissiplinêre stappe in die gesig.

Die oorblywende drie beamptes het onmiddellik bedank toe hulle deur die ondersoekspan ondervra is. Hulle kan ook strafregtelike aanklagte in die gesig staar. “Ons kan hulle miskien nie afdank nie, maar hulle sal vervolg word,” het Smith gesê.

“Die taxi-eienaars en ander lede van die publiek sal ook die gevolge van hulle dade dra en aanklagte van omkopery en korrupsie sal aanhangig gemaak word.”

Hy het gesê die stad sal die provinsiale regering versoek om die bedryfslisensies van die betrokke taxi-eienaars op te skort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peet Schabort ·

Lisensies op te skort ?
Neem dit permanent weg !! Ek bedoel ” vir ewig”.

George ·

Die ergste van alles, die beamptes het in Mei daar begin werk en is reeds so korrup dat hulle ‘n gevaar vir die samelewing is. Nou wat meer …

Winston ·

Hoe gaan hulle n groot deel van die land se burgers vervolg? Hier nie eers genoeg plek vir aanhouding van moordenaars en verkragters in die land nie. Hierdie spul hoort ook agter tralies want is verantwoordelik vir n groot deel van taxi ongelukke.

Conrad ·

Ek sal darem baie graag wil hê solidariteit moet bietjie hier in Pretoria se middestad kom staan en kyk hoe swak word verkeer deur metropolisie beheer. Verkeers oortredings word reg voor die metrobeampte gedoen, en as jy vra vir die metro polisie ou, wat nou, word daar vir jou gewys vlieg in jou…. Ek dink daar is n serious ondergrondse beskerming van metro polisielede teenoor taxis. Hulle kan niks verkeerd doen in die oe van die metropolisie nie. Hulle skip robots reg voor die metro polisie en dan doen hulle niks. Voetoorgange is ook net vir die show. Solidariteit, kom krap bietjie en julle gaan groot ongeruimdhede oopgrawe.

sonnie ·

Die ondersoek beamptes kan gerus ook Hammanskraal naby Pretoria se Lisensie kantore besoek (Temba), net soveel korrupsie vind daar plaas.

Landie ·

Korrupte amptenare = korrupte taxi operateurs. Dit sal die beste dag van my lewe wees as taxi’s van die pad afgehaal word. Hoekom kan ons nie ook ‘n ordentlike openbare vervoerstelsel hê waar almal redelik veilig hulle werk en huis kan bereik nie. Nou moet soveel onskuldige mense hulle lewens in die wettelose barbare se hande plaas, net omdat ons regering nie hulle werk behoorlik kan doen nie. En ek hoop nie die beamptes word geskors met salaris nie, vat alles weg wat hulle het aangesien hulle dan nou korrup wil wees!!!

MJL ·

Die amptenare is daar geplant. As daar bietjie dieper gedelf word sal uitgevind word dat iemand hoër op in die Verkeersafdeling se sak gevul word met van die omkoopgeld. Die Taxis word deur bendegroepe besit. Openbare vervoer sal nooit deur die Taxi-operateurs aanvaar word nie. Kyk maar wat het nou onlangs in Mamelodi gebeur. Die regering sal ook niks hieraan doen nie. Raai maar hoekom nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.