Agt beamptes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), wat in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie, het Vrydag aansoek om borgtog gedoen.
Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê die verdagtes, Lungile Magdeline Msimago (47), Nelle Silindile Lengwati (32), Phumzile Eunice Makaringe (47), Daisy Sitani Thwala (50), Graham Butini Ndlovu (52), Nomthandazo Rebeccah Nkosi (53), Racheal Skholiwe Khoza (42) en Jane Zandile Nkosi (40) het saam in die Tonga-landdroshof verskyn nadat hulle Donderdag in hegtenis geneem is.
“Al die verdagtes het om borgtog aansoek gedoen en borgtog van R2 000 elk is toegestaan op voorwaarde dat hulle hul paspoorte inhandig,” het Sekgotodi gesê.
Die saak is tot 26 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.
Maroela Media het vroeër berig die beamptes het glo Sassa se stelsels gemanipuleer deur mense sonder gebreke as gestremdes te klassifiseer om sodoende toelaes te bekom. “Die verdagtes het die staat glo so uit meer as R5,5 miljoen bedrieg,” het Sekgotodi vroeër gesê.
Die ondersoek na die bewerings het reeds in Desember 2015 begin.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
En Maandag is die sleg goed terug by die werk en steel verder!! Maar nou ja, Zumpie het hulle mos so geleer.
Al die tyd kon hul bedrog pleeg sonder om weg te kryp. Nou dat hul gevang is wil hul wegkryp
Maak gou die som: 55 miljoen gedeel deur 8 = R2000! Ja dit is…now leshen carefoerli…ons 576 miljin bil tril zumalion! Dis n MOE……sa bargain! PLUS hulle is gesuspend so hulle steel nog helle.sallleree ook elke maand.
Skelms
Dis hoekom Zupta net sommige vroue in Sy kabinet wil he. Goeie gehoorsame (Dames)