Beamptes vra borg ná Sassa-‘bedrog’

Van die beamptes wat in hegtenis geneem is. Foto: SAPD

Agt beamptes van die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa), wat in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie, het Vrydag aansoek om borgtog gedoen.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê die verdagtes, Lungile Magdeline Msimago  (47), Nelle Silindile Lengwati (32), Phumzile Eunice Makaringe (47), Daisy Sitani  Thwala (50), Graham Butini Ndlovu (52), Nomthandazo  Rebeccah  Nkosi (53), Racheal Skholiwe Khoza (42) en Jane Zandile Nkosi (40) het saam in die Tonga-landdroshof verskyn nadat hulle Donderdag in hegtenis geneem is.

“Al die verdagtes het om borgtog aansoek gedoen en borgtog van R2 000 elk is toegestaan op voorwaarde dat hulle hul paspoorte inhandig,” het Sekgotodi gesê.

Die saak is tot 26 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Maroela Media het vroeër berig die beamptes het glo Sassa se stelsels gemanipuleer deur mense sonder gebreke as gestremdes te klassifiseer om sodoende toelaes te bekom. “Die verdagtes het die staat glo so uit meer as R5,5 miljoen bedrieg,” het Sekgotodi vroeër gesê.

Die ondersoek na die bewerings het reeds in Desember 2015 begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Apie

En Maandag is die sleg goed terug by die werk en steel verder!! Maar nou ja, Zumpie het hulle mos so geleer.

Will i am

Al die tyd kon hul bedrog pleeg sonder om weg te kryp. Nou dat hul gevang is wil hul wegkryp

Johann

Maak gou die som: 55 miljoen gedeel deur 8 = R2000! Ja dit is…now leshen carefoerli…ons 576 miljin bil tril zumalion! Dis n MOE……sa bargain! PLUS hulle is gesuspend so hulle steel nog helle.sallleree ook elke maand.

Linda Koekemoer

Skelms

Noxthefox

Dis hoekom Zupta net sommige vroue in Sy kabinet wil he. Goeie gehoorsame (Dames)