Beamptes wys akkommodasie van die hand

Foto: TrafficRTMC, Twitter

Die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) het die gedrag van sommige lede van die nasionale verkeerspolisie wat in Mpumalanga ontplooi is, veroordeel.

Ongeveer 20 beamptes het Donderdagaand geweier om kamers te beset wat vir hulle by Komatipoort in Mpumalanga bespreek is. Hulle het eerder gekies om buite te slaap.

RTMC het gesê die beamptes se gedrag is ʼn klad op die korporasie en die hele regering se naam en ondermyn die regering se pogings om veiligheid tydens die besige Paasnaweek op die land se paaie te verbeter.

“Die RTMC wil graag die lede van die publiek verseker dat die gedrag van dié lede nie aandag sal aftrek van die belangrike taak om seker te maak dat ons paaie hierdie naweek veilig sal wees nie. Stappe sal ook gedoen word om seker te maak die beamptes word aanspreeklik gehou vir hul gebrek aan dissipline,” het Simon Zwane, woordvoerder van die RTMC, in ʼn verklaring gesê.

Zwane was nie beskikbaar om kommentaar te lewer waarom die beamptes die bespreekte akkommodasie van die hand gewys het nie.

Intussen berig EWN ʼn anonieme bron het gesê slegs 18 kamers is bespreek vir 32 beamptes en hul seniors. Hulle is nie vooraf in kennis gestel dat hulle kamers sou deel nie, en dit maak inbreuk op hul privaatheid, omdat meeste van hulle vroue is – en nie almal heteroseksueel nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Rupert Ashford ·

As die anonieme bron se storie reg is, ondersteun ek die beamptes. Mens moet darem vooraf die mense vra of hulle gewillig is om akkommodasie te deel en ook met wie.

CHRISTA ·

Was hulle so bevoorreg om almal privaat akkommodasie te ontvang waar hulle OPLEIDING gekry het? Selfs in die weermag het ten minste 8 mans / vroue een slaapvertrek gedeel!! WAT GAAN NOU AAN?

SjN ·

Daar is baie ander wat die werk met graagte sal wil doen. Tree op teen die ondankbare lede , stuur hulle almal Dinsdag vir n uur na n begraafplaas. Hulle moet besef dat die afgestorwes daar nie onmisbaar en onvervangbaar is nie, die lewe gaan aan

Boeta ·

Ek nou op die fotos gekyk hulle lyk rustig en vas aan die slaap slaap in elk geval beter as ń sitplek van ń voertuig

Marianne ·

Pateties!!!
Hulle kan dankbaar wees dat daar vir hulle wel verblyf gereel was. Goeie genade wil hulle in die Protea Hotelle woon? Steeds betaal word? Uitslaap fooi ontvang? Oortyd boek? EK WENS EK HET VIR DIE STAAT GEWERK.

Ems ·

Hoe meer hul vernuut kry hoe meer wil hulle he. En die betaaling kom van belasting geld.

Gerrit ·

Ek het n paar weke terug gesien n video insetsel van verkeers beamptes wat hulle hande tydens n geetery met geld note afvee , n mens moet nie hulle inkomste uit omkopery onderskat nie , en dis dalk die rede dat hulle neus optrek vir die akkommodasie.

Vanessa ·

Ek verstaan glad waaroor die drama aan weerskant gaan nie.
Om kamers te deel, is nie abnormaal nie. Dit is beslis meer koste-effektief.
Wat het seksuele oriëntasie met die saak te doen?
Aan die ander kant….as die beamptes verkies om buite te slaap( dom), maar hul keuse.

Ems ·

Presies! Hul is nie daar met vakansie om die aand met partner te geniet. Dis net oorslaap.

Ems ·

Net so. ONTDANKBAAR se moses. My dogter se swemspan was in Pretoria ook te kamers vir privaatheid hul MOES eenvoudig deel. Sommige kamers het 3 swemmers gedeel, waar val hulle uit. Hul is net GREETING!!!

Oom Kalahari ·

Dit sou meer verdraagsaam gewees het indien daar goeie onderhandelinge en voorbereidings gedoen was voor die ontplooing van die lede en kan opreg hul frustrasies verstaan. Dan kon daar bepaal gewees het wie en om watter redes wel bereidwillig is om met mekaar te deel en keuses uitoefen onder sodanige lede. Dit is ook so dat weens geslag en seksualiteit voorkeure ‘n impak op so ‘n gesamentlike deling kan uitoefen, maar in die anderkant kan akkommodasie nogal beperk wees oor sulke langnaweke. Neem ook die lede se gevoelens in ag.

Annatjie Z. ·

Mariette ek sou ook nie deel nie. Mariaanne jammer om jou bubel te bars dis nie alle mense wat soos jy redeneer nie. Mans/vroue deel nooit, dit is nie ‘n noodgeval nie soos bv. oorlog nie dis teen my beginsels om met ‘n ander man of in geval van man ‘n ander vrou/ n kamer te deel. Dan slap ek ook eerder op die sypaadjie of in voertuig alleen. Die person of persone wat die akkomidasie gereel het moes eers hul huiswerk gedoen het maar duidelik het hul nie. JAMMER maar dit is onaanvaarbaar en ek stem 100% saam met die persone wat op die sypaaitjie geslaap het dit is veiliger.

Kaptein ·

Die groep was oorwegend vrouens. Hulle dui aan dat 32 mense in 18 kamers sou moes inpas. Dit beteken 4 kamers is oop vir enkelbesetting, 14 kamers moes gedeel word.
Kom ons aanvaar dat die mans/onveilige vrouens enkelkamer voordeel ontvang. Sou daar dan ‘n ewe getal mans/onveilige vrouens in die groep oorbly, kan hulle mos kamers deel (Ek aanvaar dat die onveilige vrouens hulleself vir een aand kan uitsorteer). In geval van ‘n onewe getal, kan die 2 persone maksimum mos in ‘n enkelkamer ingedeel word.
En verder – mens kan mos met die gebruik van slaapdrag en ‘n kamerjas ‘n yslike hoeveelheid privaatheid behou, dan nie? Het die mense al ooit gaan kamp?

Thali ·

Ek sal en wil beslis nie ñ kamer deel nie!
Dis duidelik dat hul nie vooraf ingelig is oor die slaap reëlings nie. Ek moes al ñ kamer met ñ vreemde persoon deel en dit was uiters onaangenaam. Ek het ook eers van dié reëling verneem toe ek in my kamer instap.
Ek sou ook die sypaadjie verkies het, daar sou ek nie in my naak kamermaat moes vaskyk wat daarvan hou om vars lug op haar vel te voel terwyl sy haar tee drink nie!!!

AH ·

Ek dink ook dit is pure ondankbaarheid. Ek glo nie iemand het verwag dat mans en vroue ‘n kamer deel nie. Dit sou in elk geval meet privaat en gemakliker wees as om op die grasperk te slaap! Ek was ook in die Weermag. Privaatheid was ‘n luukse, want nie net kamers, maar stortgeriewe ens was geensins privaat nie. Hulle wil duidelik die situasie uitbuit tot hul eie voordeel……. Baie swak!! Ongedisiplineerd!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.