Beast nou ambassadeur vir kombuistoestelle

Tendai “Beast” Mtawarira is die nuwe gesig van die huishoudelike en kombuistoestelhandelsmerk AEG (Foto: Verskaf)

Tendai “Beast” Mtawarira, voorheen kookwaterstut vir die Springbokke, kook deesdae hy weer – maar dié slag in die kombuis.

Die geliefde oud-Bok is nou die nuwe gesig van die toonaangewende huishoudelike en kombuistoestelhandelsmerk AEG.

Beast het in 2019 sy rugbyskoene opgehang en het sedertdien sy aandag gerig op projekte in die sakeomgewing en om tyd saam met sy gesin deur te bring. Hy en sy vrou het tydens die Covid-19-pandemie hul huis se kombuis begin opknap met AEG-kombuistoestelle.

Nou is hy as ambassadeur van AEG-kombuistoestelle aangestel.

“Ek en my vrou is mal daaroor om vir ons familie en vriende te kook en hulle te onthaal. Daarom is dit vir ons belangrik dat ons kombuis ’n gemaklike ruimte is om in te werk en te gesels. Dit moet ook funksioneel en goed toegerus wees, want dit vorm omtrent die kern van ons gesin se huis,” het Beast gesê in ʼn verklaring uitgereik deur Plan B Alliance.

Beast sê in die verklaring hy is verheug om saam met AEG te werk. Hy beskryf die handelsmerk as ’n toonaangewende vervaardiger van “voortreflike huishoudelike toestelle” en “oplossings wat mense se daaglikse lewens verryk”.

Murray Crow, besturende direkteur by Electrolux Suid-Afrika wat huishoudelike toestelle vir AEG Electrolux, Kwikot en Kelvinator vervaardig, sê hulle sien daarna uit dat Beast hul handelsmerk in Suid-Afrika verteenwoordig.

“Hy verteenwoordig ons kernhandelsmerkwaardes in sy professionele en tuisleefstyl. Ons is verheug om hom aan boord te hê en sien uit daarna om saam met hom te werk,” sê Crow.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Samuel ·

Baie goeie keuse as ambassadeur vir AEG. Wens hom voorspoed toe.

Shakespeare ·

Sal net graag wil weet wat het Beast te sê oor sy geboorteland Zimbabwe. Sal ‘n BAIE goeie “eye opener ” wees t.o.v. sy integriteit en waarde sisteem.

Misky ·

Ek sal meer iemand soos Suzelle DIY (Julia Anastopoulos) geniet en kan sien in die tipe advertensies vir toestelle.

Wielspore ·

AEG is ‘n goeie produk wat van Duitsland af kom, ons AEG skottelgoedwasser het 23 jaar gehou.
Komaan Beast, wys ons hoe kook jy?

Loulou ·

Dit het my nou lekker laat lag. Beast is omtrent net so groot soos die yskas! :-)

Catherina ·

Goeie idee. Maak nie saak wat hy adverteer nie…hy was nog altyd almal se hero

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.