Bebloede man in kattebak gevind; 6 vas

Argieffoto: SAPD/Facebook

KwaZulu-Natalse polisiebeamptes het ses mans in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn erg bebloede man in die kattebak van hul motor aangetref het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die ses mans, tussen 20 en 25 jaar oud, sal hierdie week in die Ntuzuma-landdroshof verskyn.

Volgens Gwala het die inhegtenisneming gekom nadat polisiebeamptes in KwaMashu Vrydagoggend ʼn verdagte motor in die F-gedeelte van die gebied opgemerk. “Hulle het die silwer Toyota Tazz gesien met ses insittendes wat verdag voorgekom het. Die beamptes het die voertuig voorgekeer en deursoek,” het Gwala gesê.

Tot hul skok het hulle ʼn man in die kattebak gevind wat ernstig beseer was en uitermatig baie gebloei het, het sy gesê. Daar is ook hamers, stokke en ʼn bofbalkolf in die motor gevind wat vermoedelik gebruik is om die beseerde man mee aan te rand.

Die bebloede man is na ʼn hospitaal gehaas en die insittendes van die motor is in hegtenis geneem.

Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie, maar boendoegeregtigheid kan nie uitgesluit word nie. “Voorvalle van vigilantisme sal nie in ons provinsie geduld word nie. Ons doen ʼn beroep op lede van die gemeenskappe om nié reg in eie hande te neem nie, maar misdaad by hul plaaslike polisiestasie of die polisiemisdaadlyn (08600 10111) aan te meld,” het Gwala gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wilma ·

Indien boendoehof en dai beseerde is misdadiger het ek gn simpatie met hom. Mense is keelvol vi misdaad

anti boendoe ·

“ons sal dit nie duld nie” ek is seker die ses kriminele loop klaar weer los.

Christien vd Westhuizen ·

Is daar nog genoeg polisie selle vir aanhouding en is daar nog plek in tronke beskikbaar vir die besetenes dis dag en nag moord en doodslag gebruik uitgewerkte myn skagte

Martie ·

Christine, uitgewerkte mynskagte klink na ñ oplossing. In ñ japtrap gaan ons ontslae wees van al die kriminele. Dink net hoe salig gaan dit wees om vreesloos te lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.