Becker glo wéér met selfoon betrap

Skermskoot uit die YouTube-video

Skermskoot uit die YouTube-video

Een van die sogenaamde Waterkloof-vier, Christoff Becker, gaan moontlik na ʼn ander gevangenis oorgeplaas word nadat ʼn selfoon glo in sy sel gevind is.

“Beamptes het Saterdagoggend tydens ʼn soektog ʼn selfoon in sy sel by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gevind,” het Zac Modise, Gautengse kommissaris van die departement van korrektiewe dienste, Maandag aan SAPA gesê. “ʼn Tugkomitee is Sondag byeengeroep en ons oorweeg om Becker nog deur die loop van hierdie week na ʼn ander gevangenis te skuif.”

Volgens Modise is al Becker se voordele vir die volgende 32 dae opgeskort. Dié voordele sluit telefoonoproepe, besoeke en vrye beweging tussen eenhede in.

“Die oortreder het bewys hy is nie gedissiplineerd nie, en sy optrede bewys dat hy nie gerehabiliteer is nie. Al dié aksies sal ʼn rol speel wanneer hy oor ʼn jaar weer vir parool heroorweeg word,” het Modise bygevoeg.

Die komitee sal ook ondersoek instel hoe Becker die selfoon gekry het.

Becker en Frikkie du Preez is op 16 Februarie, ses dae nadat hulle op parool vrygelaat is, weer in hegtenis geneem toe ʼn video van ʼn beweerde selpartytjie aan die lig gekom het. ʼn Video van die twee mans wat na bewering alkohol en ʼn selfoon in ʼn tronksel by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria gebruik, is op YouTube gelaai. Dit is onwettig om ʼn selfoon of alkohol in die gevangenis te hê.

Lees ook:
Waterkloof-twee bak brood in die tronk
Waterkloof-twee glo afsonderlik aangehou
NVG sê oor Waterkloof-twee
Aanval op Derby-Lewis glo te doen met Waterkloof-2
Waterkloof-twee: Korrupte tronkbewaarders dalk binnekort aangekeer
Waterkloof-2 voor paroolraad
Waterkloof-2 moet nog sit
Waterkloof-bewaarders gewaarsku
Facebook aan die gons oor twee van Waterkloof-4 wat weer agter tralies sit
Twee van Waterkloof-4 sal 72 uur aangehou word
Twee van Waterkloof-4 weer agter tralies
Video’s: Twee van Waterkloof-4 hou glo partytjie in tronk
Video: Waterkloof-4 op parool vrygelaat
Waterkloof-4 vrygelaat

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Theresa ·

Hy wil maar net nie leer nie. Nogsteeds windgat en dink hy kan wegkom met onderduimshede.
Hoop hy word nou vir eens en vir altyd “geroer” deur KD. Sy tjank moet afgetrap word en vinnig ook.

Marietjie ·

Ek is bly die ander twee van die Waterkloof 4 het hulle gedistansieer van hierdie arrogante, klein twak. Sy houding en dade spreek boekdele en hy neem net so min verantwoordelikheid vir sy dade soos ‘n kind van 3. O ja, ek vergeet geld praat mos in sy familie, maar geld kon nog nooit karakter koop nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.