Beddens buite staatshospitaal ‘onveilig vir pasiënte’

Die hospitaalbeddens lê glo en verweer buite die Chris Hani-Baragwanath-hospitaal in Diepkloof.

Die honderde ongebruikte hospitaalbeddens wat buite die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Diepkloof staan, gaan weggegooi word nadat die bestuur van die hospitaal besluit het om dié beddens te vervang in die hospitaal se mediese, chirurgiese en kraamafdelings.

Maroela Media het vroeër berig dat ʼn verbyganger ʼn video van die beddens geneem het waar dit op die hope buite lê en verweer.

Lesemang Matuka, woordvoerder van die departement, het gesê die hospitaal gaan nie meer gebruik maak van dié staalbeddens nie aangesien pasiënte hulself aanhoudend teen die beddens se staalstruktuur stamp. Talle pasiënte het ook van die beddens afgeval waarna die besluit geneem is om dit te vervang met die soort waarvan die hoogte verstel kan word om beserings te verhoed.

Dié besluit is reeds gedurende die finansiële jaar 2016-’17 geneem met inagneming van die hospitaal se pasiënte, het Matuka aan Health-e verduidelik.

Dít kom nadat Jack Bloom, die DA se woordvoerder van gesondheid in Gauteng, sy kommer oor die video uitgespreek het aangesien talle beddens nog in ʼn goeie toestand is.

“[In] onbeskermde toestande gaan dit vinnig agteruitgaan. Dit is ʼn duidelike vermorsing van staatsbates en die beddens behoort beter aangewend te word, eerder as om buite te roes. Daar is ander hospitale wat dringend beddens benodig waar dit gebruik kan word,” het Bloom vroeër gesê.

Die verbyganger het gesê hy skat daar staan nagenoeg 3 000 beddens buite die hospitaal rond.

Prof. Mkhululi Lukhele, hoof van die Gautengse departement van gesondheid, het egter gesê die beddens kan nie onder ander hospitale versprei word nie aangesien dit nie veilig vir pasiënte is nie.

Voorvalle van waar pasiënte val, het “aansienlik” afgeneem sedert die staalbeddens vervang is en nog meer beddens word benodig, het Matuka gesê.

“[Prof. Lukhele] het vertroue in die bevoegdheid van die bestuur van die Baragwanath-hospitaal … Die proses van die wegdoen van die staalbeddens het begin en is aan die gang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Trots Afrikaans ·

Sjoe, ou bed is seker beter as geen bed nie…….

Gee die beddens vir ‘n privaat instansie om te herstel en dan te verkoop.

Heksie ·

As dit dan nou so onveilig is vir pasiënte, hoekom dit nie gebruik iewers anders nie? Gee dit vir arm mense, gebruik dit by klinieke,
Nou staan dit en oproes in die wind en weer!!!
Mens kan sien julle het nie daarvoor betaal nie!

Bokkie ·

Stem saam met Heksie……. Ek is seker daar is meer plekke in hospitale wat onveilig is. Kyk hoe lyk die toilets van sekere hospitale. Party toilette waterbakke het nie deksels nie. Toilette het nie sitplekke op nie. Die reuke wat daarmee gaan is iets verskrikliks, want toilette is nie in werkende toestande nie.

Anni ·

Ja probeer tender in sit. Maar hul gaan allerhande stories hě. Van dit mut verkoop word by die scrap yard ens. Ek kan ook dun met n klomp vir di arm kinderhuise rondom my dorp. Daar’s plakkars kampe rondom gauteng Wat ook kan dun met beddens.

Donderstorm ·

Die beddens is standaard oorals oor die wêreld en het rondings nie skerp punte en ht gewoonlik sye wat opvou jys omte verhoed dat iemand kan afrol per abuis en seer kry staal word gebruik omdat dt maklik ontkiem kan word en jare kan hou .

Andrea van Vuren ·

Nie nodig vir herstelwerk. Hulle is splinternuut. Daar kan wel aandag aan matrasse gegee word.

Stephen Namibia ·

Die beddens nie onveilig nie . Iemand het iewers n nuwe Tender gekry. Hoekom die beddens weggooi? n Skroot handelaar sal graag die beddens wil koop. Die amptenaar verantwoordelik daarvoor sal natuurlik in ooreenstemming met alles wat die korrupte Regering doen die opbrengs wil “pocket”

Marlene Malherbe ·

Dit lyk nie vir my die beddens lê op hope nie dit lyk nogals mooi netjies gepak maroela?

Enna Burger ·

Kan ons asb. 1 bed kry asb . Vir oumense word oud en die bed hoogte net reg. Groete

IK ·

Nonsens! Dis reeds baie jare dat beddens met relings toegerus is reeds om die af val te verhoed maar personeel té lui om dit in posisie te hou.

Welkom ·

Daar bestaan nie iets soos om herstelwerk en onderhoud te doen in die staat nie.

NUWE BEDDENS IS DIE ENIGSTE OPSIE

DIE BELASTINGBETALER HET GELD

Stel dan die ou beddens beskikbaar aan julle bedlêende pasiënte om te kan koop en te herstel as om dit in wind en weer te laat oproes en vir skroot te verkoop

Els ·

Stem saam Adrian! Hulle kan nie meer afval nie! Wonder hoeveel dokters en verpleegpersoneel gaan af op hul knieë om pasiënt te ondersoek en te help?!!! Dis twak stories die!!! Om Sommer net te mors Met dinge waarvoor Jy nie betaal Het nie, is “lekker!” Hoeveel mense beheer nie So ‘n bed nie!!! Sies almal van julle aandadiges!!

bambi ·

Snert man!!! skenk en versprei hierdie beddens aan instansies waar mense sukkel etc. Begin by Munsiepark onderandere!!!

MyFlokMarelize ·

Dit is wat gebeur as daar nie ‘n behoorlike behoeftebepaling gedoen word voor die tyd nie… Dit is mos nie nodig nie want dit is nie hul eie geld wat gemors gaan word as die produk nie werk nie… dit is ons belastinggeld, so die slimkoppe wat die aankope maak voel ‘n veer daaroor… Dankie ANC nog ‘n manier wat julle wys julle het nie ‘n idee wat julle doen nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Die die mees lagwekkende redenasies wat hier uitkom. Beddens word vervang want pasiënte val af………….Daardie beddens is gebruik gewees in elke hospitaal in die land vir die laaste 200 jaar…en het heel goed gewerk. Dis amper soos om te sê kom ons verwyder alle voertuie se bande, want daar is net teveel mense wat met pap wiele langs die pad staan?? Ek is seker dis goedkoper om vir ‘n bed ‘n reling aan te sit as om dit te vervang met nuwe beddens?? Maar nou ja, as dit nie jou geld is wat jy spandeer nie…..

Marinda ·

Hulle gaan die beddens weg gooi. Regtig? Iets klink nie vir my lekker nie. Wat gaan hulle regtig doen met hierdie beddens? En hoekom verkoop hulle dit nie eerder om te betaal vir die nuwe beddens nie?
Val die pasiente van die trollies ook af wat in die video is? Stamp hulle hulle self daarop ook?
En die stretchers? Wonder maar net.

SjN ·

Snert man, gebruik bv twee beddens om een 100% te herstel, hoekom moet daar eers n video geneem word voor daar aksie plaasvind, hier by ons staan seker n stuk of 10 ambulanse wat nog mooi lyk, party se deure is af, ander gestamp, of het nie meer wiele nie, hul kan ten minste 50% weer diensbaar maak deur parte van ander te gebruik, geen benul van waarde, soek nuwes.

alwyn burger ·

Beddens onveilig!?. Afgesaagde ou ANC verskoninkie. Die ANC het ñ voltydse komitee wat veskonings genereer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.