Bedelaar by verkeerslig raakgery

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn 40-jarige vrou is Donderdag ernstig beseer toe sy deur ʼn voertuig getref is terwyl sy tydens spitstyd by ʼn verkeerslig in Johannesburg gebedel het.

Volgens Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 07:20 in Joe Slovo-rylaan in Berea plaasgevind.

“Die vrou het in die pad by ʼn besige kruising gestaan toe die voertuig haar getref het. Paramedici is na die toneel ontbied en kon haar stabiliseer voordat sy met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is,” het Mathe gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Lulu ·

Wat is daar om te ondersoek? Sy was in die middel van die pad. Dis vrek tragies dat mense moet bedel om kos te he, maar ai tog – bly weg uit die verkeer.

Sonra ·

Bedelaars by verkeersligte skep altyd die gevaar dat jy as motoris een van hulle gaan raakry EN die blaam daarvoor kry. Hulle moet eintlik beboet word omdat hulle ‘n gevaar vir motoriste inhou.

Laurika ·

Hier in Vanderbijlpark staan die boemelaars op hul kniee in die pad en bedel. Iemand met ‘n hoër voertuig soos ‘n 4 x 4 gaan eendag een nie sien nie en hom plat trap. Hul hoort nie in die pad nie.

Gesiggie ·

My hart gaan uit na die mense wat so bedel? n mens ken nie hul omstandighede,maar ja van hul meskien net te lui om te werk” verdien seker maar meer om te bedel.. by ons gaan dit dieselfde… jong mense sit op hul kniee en karre moet partykeer om hul ry”’ ek vrees vir die dag wat iemand om gery moet word… hul is al weggejaag… maar niks help” ons dorp darem nie so besig, maar mense ry vinnig”’ kan nie altyd uitswaai… Ek dink hul moet die robot bedelaars verwyder”

Paul ·

En dis hoekom ek nooit vir mense wat in die straat bedel, geld gee nie, al kry ek hulle hoe jammer. Dit skep ‘n gevaar vir hulself en vir padgebruikers. Hoe minder mense geld gee vir diegene wat in die pad staan, hoe minder mense sal in die pad staan.

alida ·

Ek stem verwyder hulle. In Pretoria sit een in Schoeman straat (kamtig gebreklik) op die wit streep. Ek het hom al gesien hardloop soos ‘n wafferse olimpiese atleet toe ‘n motoris hom wou aanrand !!!!

valdy ·

In vereeniging ,my mcdonalds sit die befelaars so op hul kniee en beddel.
En daai pad kan besig raak dat hulle nog nie daar iemand raak gery het nie is n wonder werk

Marike Brown ·

Ek dink die bedelaars moet beboet word wanneer hulle in ‘n openbare/publieke pad staan en bedel. Dit hou ‘n groot veiligheidsrisiko vir beide die bedelaar en padgebruikers in.

Anoniem ·

Ek moes ‘n verkeersbeampte gewees het. Elkeen wat so staaadig en onverskillig (wat sommer net loop, en nie links of regs kyk nie) by verkeersoorgange oorgaan , sal ek beboet.

Strydom-:Stryslim eerder ·

Bedelaars beboet??? Kom ons maak die armes meer arm, en gee die geld vir die regering…swak idee!

c ·

Ek stem hul hoort nie daar nie en dan is baie van hul bedelaars met n bybedoeling. Ek weet van baaaie kapings wat so plaasvind en mense wat so beroof word….ek self is deur die einste so called bedelaar geroof van my galaxy note 4….so JA beboet hulle of rehabiliteer hulle…doen net iets asb!!!

Charlotte ·

O en ek was nie op my foon nie….dit was besig om te herlaai….n mes word gewys en jy moet gee of bloei !!

alida ·

Die wat regtig gebreklik is bedel nie want hulle kry ‘n ongeskikheidstoelaag by die staat. Dit is die skelm jong mense wat maak of hulle bene lam is wat ‘n gevaar is. Verwyder hulle asb van ons strate.

DPJ ·

Ek weet dat ons armes altyd by ons sal hê. Maar party van hulle vat ook groot kans om so tussen karre deur te vleg. Mens weet ook nie deesdae ‘n rowe is nie.
Ek stel voor dat hulp aan Bekende organisaasies verskaf word wat kan toesien dat hulp aan regtig persone gaan.

Netta ·

my punt is – solank as die mense gee gaan hul daar staan. Ek weet van gevalle waar bedelaars werk geweier het want hul verdien meer op die hoek EN bonus hul hoef niks te doen nie. Ek bly in die oos Rand en hier staan die bedelaars ook op die kniee. Ek’t een oggend 5:00 amper een raak gery want hy was pikswart aangetrek en dit was donker (winter) en ek’t hom amper te laat gesien eers…… ek weet mense kry swaar en kry nie werk maar is dit die oplossing? Die ergste is die ma’s wat met hul klein kindertjies op ‘n besige kruising bedel……

Amelia ·

Beboet? En as die persoon sonder werk is, wie betaal die boete? Dit is papier mors. Dalk oornag in die trunk, ‘n beter idee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.