Bedelaar in straat raakgery

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn 39-jarige man, wat vermoedelike ʼn bedelaar is, is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem nadat hy Dinsdagoggend in Pretoria deur ʼn motor getref is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 06:10 in Garsfonteinweg, in die ooste van die stad, plaasgevind.

“Volgens inligting van die toneel was die man besig om die pad oor te steek toe hy getref is,” het Mathe gesê.

Die man het kritieke beserings opgedoen. Paramedici van Netcare 911 het hom op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Werner ·

Slegs voertuie hoort op paaie, dit is nie n plek vir bedelaars en smouse nie.

mercia ·

Dis so hartseer. Of jy nou n boemelaar of wat is. Bly n persoon. Paaie is daar vir almal om te gebruik. Sterkte vir hom. Mag jy gou herstel.

Koolkop ·

Dis ook hartseer hoeveel mense beroof, geskiet en gehijack word by stopstrate en rooi robotte deur mense wat hul voor doen as boemelaars. Party boemelaars intimideer vroue en bejaardes, en ek weet van baie boemelaars wat nie wil werk nie omdat hulle eerder wil bedel (Ek het al werk aangebied vir sommiges maar hul stel nie belang). Ek soek niks boemelaars by my venster nie, hulle moet van ons paaie af!

Boerseun ·

Nou hoekom moet ek dan road tax betaal? En dan dis ook teen die wet on by verkeersligte to bedel of smous

Karma ·

@Werner – dit is waar, paaie is vir motors en vragmotors gemaak, nie vir mense nie. Maar vertel dit nou vir die spul plattelandse skoolkinders en ander dronkies oor naweke hier in die Boland! Net die vorige week is die soveelste skoolkind op die Slanghoekpad buite Rawsonville doodgery – toe is die koerant se hoofopskrif ” Slanghoekpad eis nóg ‘n kind se lewe.”, asof dit die pad se skuld is dat die kind, sonder om te kyk waar sy hardloop, die pad gekruis het, reg voor ‘n aankomende voertuig in. Terselfdertyd is sulke gevalle ook tragies – maak nie saak wat die ekonomiese of maatskaplike stand van die beseerde is nie. Ek hoop die person maak ‘n goeie herstel.

Pops ·

Paaie is daar vir voertuie. Sypaadjies en robot-oorgange is daar vir voetgangers. Maar die helfte van SA se bevolking is mos kleurblind, verstaan nie die verskil tussen groen en rooi nie. En veral op die Garsfontein-pad hardloop hulle mos soos skape voor die motors in, terwyl daar net 10 tree verder ‘n robot is om by oor te gaan. En boonop kan hulle geen distansie skat nie. Het nie ‘n idee of ‘n motor 10 of 100 meter ver is nie!! Wat ‘n jammerte dat die voertuig-eienaar nou skade het agv onnosele optrede deur ‘n voetganger.

KLEIN ·

Party mense stop nie eers by `n ROOI robot by `n voetoorgang kruising nie. hulle dink ook dat die strepe by `n gewone voetoorgang is daar as `n versiering op die pad.

Kyk waar jy loop ·

Ja Jakes, dis waarom jy moet Kyk waar jy loop en nie in die pad moet staan nie. Lewe is baie kosbaar.

Gatvol ·

Ek raak nou gatvol vir voetgangers en bedelaars wat voor karre inloop. Die bedelaars hoort nie op die paaie nie, klaar. Dit is inelkgeval onwettig om in die pad te staan, jy is n gevaar vir jouself en ander padgebruikers.

Hoop ·

Gatvol jy moet net bid dat nie jy of een van jou familie dalk daar eendag gaan staan om n geldjie om vir sy mense n broodjie op die tafel te sit nie.

charmaine ·

Dit verbaas my glad nie, inteendeel ek het gewonder wanneer van so iets gaan hoor. 06:10 in die oggende is nogals donker en die mense dra nie iets aan of by hulle wat hulle helder maak nie. Soos by Roger Dyson se robort staan n paartjie die vrou in die rolstoel hulle het al daai ook raak gery hulle loop aan die kant van die pad dit is nie altyd moontlik om uit te swaai nie. Soos die wat in die middel vankruising staan soos by Fonteine regtig waar dis jou eie skuld as jy omgery word want JULLE IS IN DIE PAD!!

Hennie ·

Obviously moes hy besig wees om die pad oor te steek toe hy getref is. Hy is dan in die pad
raakgery.

Ronel ·

Daar is te veel bedelaars op straat. Mens moet behoorlik om hulle ry om hulle te vermy en sodoende stel jy jouself in gevaar op die pad. Haal al die bedelaars van die straathoeke af.

Daleen ·

Die ergste is as hulle op hulle kniee staan, veral in die aand. Mens sien hulle absoluut net nie raak nie.

Nkielendebedelaars ·

Ja, hulle is die ergste. Ek het noudiedag een doodgery sien le. Die persoon wat n besigheid langs die toneel het het vertel dat hy die bedelaar baie gewaarsku het om dit nie te doen nie vir sy eie pad veiligheid, maar hierdie bedelaar het hom net gevloek wanneer hy die raad gee.

Koos1 ·

Daar is een wat in Mayville by die kruising van DF Malan en Paul Kruger staan op sy kniee. Seker een van die besigste kruisings in die Noorde van Pretoria. Ek het hom al seker 3 keer net-net gemis, maar sy geluk sal seker eendag draai en raak gery word. Wonderboompoort SAPS het hom ook al verwyder maar hy kom elke keer terug. Ek glo nie hy sou terug kom as dit nie die moeite werd is nie.
Motorise moet ophou om geld en kos te gee, dan sal die bedelaars verdwyn en net die kriminele sal agter bly, en dit sal die SAPS se werk ook dan makliker maak…… laai hulle net op.

Almoesse moet stop ·

Koos1 is reg, om vir bedelaars geld te gee laat hulle terugkom en maak dat hulle nie wil werk of hulp soek nie. Hulle kry baie geld, die dat hulle nie in werksaanbiedings belangstel nie. Hou heeltemal op om enigiets te gee, selfs al is jy gullable genoeg om te dink daardie kopgebewe of huppelstap is eg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.