Bedingingsrade loop deur onder kuberaanval

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Suriyawut/Vecteezy)

Die staatsdiens se bedingingsrade het die slagoffers geword van ʼn kuberaanval en drie daarvan moes in Maart alle dispuutbeslegtigingsprosesse opskort.

Kollektiewe bedingingsprosesse gaan soos normaalweg voort.

Thulas Nxesi, waarnemende minister van staatsdiens en administrasie, het bevestig dat dit ʼn losprysware (ransomware)-aanval was. ʼn Losprysware is skadelike sagteware wat in kubermisdaad aangewend word om slagoffers se toegang tot die data op hul eie rekenaars te beperk mits ‘n losprys betaal word, gewoonlik in die vorm van kriptografiese valuta soos bitcoin of monero.

Nxesi het die aanval op die Koördinerende Bedingingsraad vir die Staatsdiens (PSCBC), die Bedingingsraad vir die Algemene Staatsdienssektor (GPSSBC) en die Sektorale Bedingingsraad vir Veiligheid en Sekuriteit (SSSBC) veroordeel.

“Die gesamentlike uitvoerende komitees van dié rade het tydens ʼn spesiale vergadering op 28 Februarie ingestem dat ʼn force majeure verklaar sal word en alle prosesse van 1 Maart 2023 tot 31 Maart 2023 opgeskort sal word. Die rade sal in dié periode daarop fokus om die bedrywighede te herstel waarna ʼn verdere assessering gedoen sal word.”

Die force majeure bepaal dat hulle kwytgeskeld sal wees van enige kontraktuele verpligtinge rakende die prosesse as hul werk ontwrig sou word deur iets buite hul beheer, soos ʼn kuberaanval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Danie ·

Die bedingings rade is so korrupt en agterstallig met sake nou moet hulle rede soek as verskonings nog n staatsbeheerde ineenstorting.Jammer om van julle stron.t te hoor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.