Bedorwe stemme in KZN gelykstaande aan een setel

Foto: Maroela Media

Foto: Maroela Media

Die aantal bedorwe stembriewe in KwaZulu-Natal is gelykstaande aan een setel in die parlement, het die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) Vrydag gesê.

Die OVK het egter gesê dit is nie veel meer as in vorige verkiesings nie, en is nie ʼn rede tot kommer nie.

Volgens die voorlopige uitslae was daar bykans 52 000 bedorwe stembriewe in dié provinsie. Altesaam 43 713 stembriewe is in 2009 bederf.

Die ANC het die provinsie met 64.52% van die stemme gewen. Die Demokratiese Alliansie is die amptelike opposisie in die provinsie met 12.76%. Die IVP was in 2009 die amptelike opposisie en het vanjaar 10.86% van die stemme in die provinsie gewerf.

Die amptelike uitslag en hoeveelheid setels vir elke party word Saterdagmiddag bekend gemaak. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.