Bedrieër gebruik hoofregter se naam

Hoofregter Mogoeng Mogoeng. (Foto: Flickr/GovernmentZA)

Die kantoor van hoofregter Mogoeng Mogoeng is bewus van die persoon wat wederregtelik die hoofregter se naam gebruik om ander mense te bedrieg.

Die vermeende bedrieër teiken mense met die doel om groot bedrae geld te steel deur hom as die hoofregter voor te doen.

Nathi Mncube, woordvoerder van die kantoor van die hoofregter, het gesê die persoon stuur na bewering e-posse en boodskappe vanaf ’n versonne e-pos‑adres ([email protected]) en nommer (064 462 2378).

“Nóg die hoofregter nóg die kantoor kan verbind word aan hierdie e-pos‑adres of aan die persoon wat hierdie e-posse uitstuur,” het Mncube gesê.

Mncube doen ʼn beroep op belanghebbendes, lede van die publiek en die media om enige sodanige kommunikasie vanaf bogenoemde e-pos-adres of selfoonnommer by die polisie aan te meld.

Enige persoon wat vermoed dat hulle bedrieg word deur iemand wat beweer dat hy ’n beampte van die regbank of ’n amptenaar van die kantoor van die hoofregter is, word versoek om die kantoor te kontak. Navrae kan per e-pos aan [email protected] gestuur word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jaco ·

karma. dis mos dieselfde hoofregter wat regstellende aksie, BEE, pornografie en en en alles toelaat TERWYL hy beweer hy is ‘n wedergebore christen…

JC Venter ·

Maar gee die ou ‘n kans, kom ons kyk éérs hoe hanteer hy uitsprake oor moedertaal, SEB en dalk is hy ewehandig in sy uitsprake oor ras!

Dalk het hy ook alreeds die boek ‘There is no supreme constitution’ van Koos Malan gelees en deel hy die Prof se sentimente.

JC Venter ·

Hehehe, ek sou wat wou gee om die hoofregter se gesig te sien as hy hiérdie kommentaar lees!

marius ·

En wat presies vra die bedrieer dat dit mense noop om soos swape te betaal?

Sean ·

Hoe weet die bedrieer wie om te bel???? Sy cronies gee hom natuurlik info

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.