Bedrieër probeer weer borgtog kry

Lida Potgieter. (Foto: Facebook)

Lida Potgieter (62), die vrou van eMalahleni (Witbank) wat vroeër skuldig bevind is op 737 aanklagte van bedrog, gaan weer ʼn poging aanwend om op borgtog vrygelaat te word.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, sê Potgieter het gister in die eMalahleni-streekshof verskyn waar haar borgtogaansoek aangehoor is. Die saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer die verrigtinge sal hervat. Potgieter bly dus die naweek in aanhouding.

Potgieter is al voorheen op borgtog vrygelaat, maar is weer in hegtenis geneem nadat sy haar borgtogvoorwaardes verbreek het.

Maroela Media het vroeër berig Potgieter was tussen Januarie 2004 en Julie 2009 ʼn bestuurder van die eMalahleni- plaaslike munisipaliteit se interne sportklub. Werkers by die plaaslike owerheid het ledegeld aan die klub betaal, wat van hulle salarisse afgetrek is, het Sekgotodi vroeër gesê.

Toe bydraes ʼn beduidende bedrag bereik het, het Potgieter ʼn interne uitleenskema aan die gang gesit wat werkers aangespoor het om nóg geld te belê met die hoop dat hulle rente daarop kan verdien.

Die skema het ineengestort toe Potgieter net meer as R4 miljoen van dié geld in haar persoonlike bankrekening inbetaal het. Potgieter is in hegtenis geneem en het tereggestaan op 737 aanklagte van bedrog. Sy is in Februarie 2015 skuldig bevind en ses jaar tronkstraf opgelê.

“Sy het teen die skuldigbevinding geappelleer en is op borgtog van R10 000 vrygelaat,” het Sekgotodi gesê.

Sy is egter op 12 Julie weer in hegtenis geneem. Besonderhede oor watter borgtogvoorwaardes Potgieter glo verbreek het, is nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

25 Kommentare

jongste oudste gewildste
Maljan

Sy kon al op parool gewees het.

Poppie

Kan so n intelligente vrou nou sulke dom foute maak. Ek bly eerder arm en suffer in silence, of wag maar vir die lotto. Dit is al hoe ek ooit eendag ryk gaan word. Rykdom beteken vir my niks. Ek het baie meer, net nie geld nie. Sy het niks gehad behalwe geld..

Elvira

Goed en wel maar wat van AL DIE ANDER MUNISIPALITEITE SE SKELMS. Wanneer gaan hulle gearresteer word. Ek sien hierdie is n ……e vrou.

Niki

Mika, werklik?! Maak oop jou oë en ‘free loaders’ van alle kleure, oral…

Melanie

Daar sal seker altyd mense wees wat meer en meer geld wil hê, maak nie saak waar hulle dit vandaan kry. Jare gelede het ‘n man die stadsraad ingedoen met ‘n klomp miljoene. Hy was so besig met sy bedrogspul dat hy nie naweke met sy familie by suncity deur kon bring nie. Toe hy uiteindelik uitgevang is, was die tronk sy voorland. Hy het besluit om eerder sy lewe te neem. Dit kon so anders gewees het maar O WEE daardie gulsigheid van die mensdom.