‘Bedrieër’-sakeman dood aangetref

Adriaan en Rika van Vuuren. Foto: Facebook

Adriaan van Vuuren (44), die Pretoriase sakeman wat glo R500 miljoen by ʼn filiaal van Telkom gesteel het, is Donderdagmiddag dood aangetref.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê Van Vuuren het Woensdagaand by die Centurion Lake-hotel ingeboek. “Hy was veronderstel om gister teen 10:00 uit te boek. Personeel het omstreeks 12:00 op sy liggaam afgekom toe hulle wou gaan skoonmaak.” Volgens Mulamu het Van Vuuren homself vermoedelik in die kamer vergas.

Van Vuuren het na bewering oor ’n tydperk van nege jaar R500 miljoen by Trudon gesteel terwyl hy hoofbestuurder van inligtingstegnologie was. Volgens die Valke het hy glo vals eise ingedien vir IT-dienste aan Trudon deur die “front”-maatskappye Bites Bee Holdings en The Corporate Choice. Die dienste is glo egter nooit gelewer nie.

Sonya Joubert

Albei maatskappye se bankrekeninge is glo in Sonya Joubert se naam. Sy is Van Vuuren se medebeskuldigde. Die Valke het vroeër gesê Joubert is deur die beweerde bedrog bevoordeel. Volgens die Valke is Joubert vermoedelik in Nieu-Seeland waar sy in weelde saam met haar man leef. Die Valke het enigiemand met inligting oor haar versoek om ao. Jonathan Makhado by 071 481 3603 of lt.kol. Mandla Mbatha by 082 781 3207 te bel.

Van Vuuren se vrou, Rika (38), voer aan sy het nie geweet van haar man se beweerde onwettige bedrywighede nie. Hulle was besig om te skei. Daar is in ʼn stadium vermoed dat Van Vuuren ook na Nieu-Seeland gevlug het. Sy regsverteenwoordiger het dit egter ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Ange ·

Hoe is dit moontlik om so baie te steel en niemand van die Trudon maatskappy kom dit agter nie? Sekerlik is iemand daar ook betrokke. Hoe eis jy vals dienste en die rekening afdeling betaal net? Hierdie twee het beslis nog medepligtiges.

Senet ·

Stem saam en dan na soveel jare wat verby is, pop dit nou uit!

Ekke ·

Dis moontlik, daar is al mense (veral kinders), dood in badkamers met gas geisers. Die vlammetjie dood en dit blaas gas. Jy is rustig in badkamer en voel nie jy raak aan die slaap – gaan dood – nie.

Werner ·

Ekke – Meskien die baie baie baie ou gas geysers maar vandag se tyd werk dit nie meer so nie, as die vlam dood gaan dan stop die gas, dis die selfde met stowe.

AL ·

Waarom steel jy as jy weet jy gaan tog die een of ander tyd uitgevang word?
Mense skrik wakker, dis nie die moeite werd nie!

Annelize ·

R500 MILJOEN?!? Blikemmer mense, daardie tipe geld le nie sommer hier nie! Die vermetelheid van party mense om hulle ryk te steel gaan my verstand te bowe. Dan spartel ek my maar eerder poegaai om my middelklas bestaan op die eerlike en eerbare manier te onderhou.

Tess ·

Dit is so hartseer, dat n vrou van haar man sal skei, as hy alles verloor het. Maar toe daar geld was, was die lewe lekker. In n mate kry ek die man jammer. Hy het alles verloor.

Jy maak my kwaad ·

Tess, jy maak my kwaad, as jy met so krimineel wil bly, is dit jou keuse, maar ek glo die vrou verkies dit nie. Dit is haar reg om dit te kies. As sy geweet het waarmee hy besig is, maak dit van haar n swak huweliksmaat, maar ek twyfel in die geval. Ek hoop hul kry Joubert ook,verdomde merrie!

Tess ·

Dit is so hartseer as n vrou van haar man af skei, as die geld op gedroog het. Maar toe daar geld was, Was die lewe mos lekker. In n mate kry ek die man jammer. Hy het alles verloor.

Hi ·

Dit is so hartseer as n vrou van haar man af skei, as die geld op gedroog het. Maar toe daar geld was, Was die lewe mos lekker. In n mate kry ek die man jammer. Hy het alles verloor.

apie ·

Afgryslik. Hierdie mense lyk na grootskaalse misdadigers, hoop geregtigheid geskied.

ken benoni ·

Hy het seker navorsing gedoen op internet omtrent houtskool (koolstolmonoksied ) vergiftiging! Dis pynloos en blykbaar rustig. Indien jy gekry word voor jy dood is, is jy in elk geval ‘n zombie vir lewens lank
Hy het maklike manier gekies..

MvR ·

Dis eintlik baie hartseer. Kies die maklike uitweg en los die ander om jou kastaiings uit die vuur te krap!

Tanya ·

Daar is niks so selfsugtig soos iemand wat sy eie lewe neem nie.

Sonja ·

Tanya, ek stem saam met Sue. Jy het duidelik nog nie iemand na aan jou so verloor nie, ek wens jou dit ook nie toe nie. Mag jy ook nooit!

Ag nee ·

Ag nee hoe verstaan jul dan nou, Tanya se juis die persoon wat dit doen veral so krimineel is selfsugtig en dit is onregverdig teenoor die wat agterbly. Hul sit met die rooi gesig en skade etc.

Steven ·

Wat wel bekommer….. is die manier waar geld net uitbetaal….. vir dienste wat nie ontvang word nie. Die is maar slegs een wat uitgevang word.

Kosie ·

Ek was `n kollega van Adriaan. Bietjie van `n diva, maar goeie, vriendelike IT ou. Die hele Trudon is een korrupte spul. Mense soos Janene de Beer word onregmatig afgehandel, sodat selfs die regter in die saak net sy kop skud. Ange is reg: hy konnie soveel gesteel het sonder die aankope-afdeling se kennis nie. (Adriaan kon slegs aankope goedkeur tot op R5 miljoen.) Des Staniforth het lede van die TelkomRetirement Fund se aftrekkings vir twee jaar nie aan Ou Mutual oorbetaal nie. Hulle is nie vergoed nie; die saak is doodgesmoor. Des het selfmoord gepleeg. So gaan dit aan… Ek is baie hartseer oor Adriaan se dood, ten spyte van wat hy gedoen het. Hy was `n mens, met menslike foute. Wie is ons om vinger te wys?

Speedguard ·

Dito Dankie Christine!!! Ongelukkig/Gelukkig “if you live by the sword you will die by the sword” !

Naomi ·

Tess hy het niks verloor nie want dit wat hy gehad het was in elk geval nie sy eiendom nie. Enigeiets wat hy besit het was in der waarheid gesteel. Hy het alles verloor die dag toe hy begin steel het.

Gerda ·

Sjoe so hy het as n dief gesterf. Watter jammerte. Die mensdom moenie na wêreldsgoed strewe nie want dit gaan jou in die hel laat beland.!!!

Jan ·

Dood in ‘n hotelkamer. Klink soos ‘n skulderkenning of “cover up”. Wie sal weet. Sal graag wil hoor wat die duur ouditeure oor die boekhouding te sê het.

kobus ·

In sekere lande, ook in Nieu-Seeland, kan jy wettiglik ‘n ‘selfmoordsakkie’ met ‘n koppeling vir ‘n gasbottel(stikstof, gewone LP gas, ens) koop wat oor die kop gesit word. Kyk op die internet, ek dink onder ‘suicide bag’.

Gatvol ·

Ag pragtig en so kry elke boontjie sy loontjie,jou skuld gevoelens haal jou een of ander tyd in

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.