‘Bedrieër’ wis nie slagoffer is toe eintlik die broer nie

Lucas Neetling (Foto: SAPD)

Lucas Neetling (Foto: SAPD)

Lucas Matthys Neetling (58) wou ʼn sakeman van Emalahleni bedrieg deur voor te gee hy is ʼn vriend van die LUR vir menslike nedersettings, min wetend sy beweerde slagoffer is die broer van die LUR.

Neetling het Donderdag in die Bronkhorstspruit-distrikshof verskyn op aanklag van korrupsie en bedrog.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê Neetling wou na bewering die sakeman van Emalahleni met R100 000 bedrieg deur voor te gee hy is die nabye vriend van die Mpumalanga LUR vir menslike nedersettings en gemeenskapsveiligheid.

“Die man het beweer hy het toegang gehad tot tenders vir die oprig van HOP-huise en brûe,” het Sekgotodi gesê. “Min het hy geweet dat die sakeman wat hy wou flous, eintlik die LUR se broer is.”

Die Valke in Mpumalanga is in kennis gestel en ʼn lokval is vir die verdagte gestel. “Neetling is Dinsdag in hegtenis geneem. Hy is werkloos en gee voor dat hy die direkteur is van ʼn argiteksmaatskappy en konsultasiediens, maar dit is alles net propaganda.”

Neetling is vrygelaat op borgtog van R5 000. Hy moet op 9 Maart 2017 weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Boertjie ·

Vrygelaat op R5000 borgtog en werkloos ook,gaan lekker!!!

Anne ·

Laat my nou dink aan sekeres wat vir erenstiger aanklagtes aangekeer is en op R200 borgtog vrygelaat is, die man is ook werkloos.

Daan Erasmus ·

Wit. Werkloos. Kanse om werk te kry nul. Genoeg versagtende omstandighede.

janneman ·

In daai geweste loop baie bedrieers rond, selfs die steenkool bedryf is vrot van hulle, en hierdie ou was waarskynlik al deur een van hulle bedrieg, daarom slaan hy terug, net die verkeerde ou gekies ha ha ha.

cor ·

Hy is ‘n bedrieer is reg ,hy is uitgevang dit is ook reg. Hoekom word sy foto gewys seker omdat hy wit is en dit die LUR se broer is, maar wat van al die ander koruptes en bedrieers wat uitgevang word dan word die gesig nie gewys nie, daar word net gese ; n mens of mense is gevang vir bedrog en korupsie.

Scalla ·

Hy het ook seker gehoor van bribe, maar duidelik weet hy nie hoe dit werk nie, shame

Jean ·

Hehehe sleeping with the enemy? Ooops no . the enemy’s brother .. kry vir jou!

jaco ·

Hoekom is hy werkloos? Is dit dalk weens regstellende aksie? Nie een van julle wat die arme man nou so beskuldig, het ooit daaraan gedink nie. Wag totdat julle werkloos raak weens die “verkeerde” velkleur en dan dag na dag, maand na maand, aanmekaar moet hoor “sorry no job for you because you are white”. En dan ook: as dit by bedrog en korrupsie kom, sing die LUR se party al vir JARE voor in die koor. Dié arme man pleeg bedrog met R100 000; Nkandla was bedrog met meer as R200 MILJOEN.

ig ·

Jaco met alle respek,om wit en werkloos te wees is nie n lisensie om bedrog te pleeg nie.Ek weet ek sal nou moet koes oor my kommentaar maar my ondervinding is dat baie wit werkloses is hulle eie toedoen.

Ano ·

ig – so dis MY SKULD dat my vel wit is? Dis MY skuld dat ek moes plek maak vir iemand wat net mooi niks weet nie, en ook nie bereid was om te leer nie? KOM BY!!!! Ek wag vir die dag wat jy gaan werkloos wees – pasop wat jy van ander mense se. Sies vir jou

Louisa ·

Hy het onder valse voorwendsels ons kantoorfasiliteite in Pretoria misbruik. Duidelik het nie almal van julle eerstehandse ondervinding van hom nie…..

Nonna ·

Ek het nou lanklaas so lekker gelag. Kry die ou skurk skoon jammer oor hy so dom is.

Louisa ·

Ig probeer net doodeenvoudig sê dat dit moreel verkeerd is om bedrog te pleeg, ongeag wat….. En dit moet ons elkeen se motto wees. Indien enigiemand anders die verkeerde doen, moet jy nog steeds die regte ding doen. Dis mos hoe ons van kleinsaf geleer is, dan nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.