Bedrieglike aptekers in Limpopo aangekeer

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

Argieffoto (Foto: stevepb, Pixabay)

ʼn Verpleër is in Limpopo in hegtenis geneem op aanklag van diefstal en dat hy ʼn apteek bedryf het sonder ʼn lisensie.

Matimba Maluleke, provinsiale woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het Vrydag gesê die 34-jarige man is ondersoek en daar is bevind dat medikasie sonder ʼn lisensie aangeskaf is.

“Tydens ʼn soektog by die apteek is medisyne gevind wat slegs met ʼn lisensie verkoop mag word en op voorskrif verkoop moet word,” het Maluleke gesê.

Beamptes het ook medikasie gevind wat na bewering gesteel is van die departement van gesondheid.

Die apteek is dadelik toegemaak en die man staan tereg op aanklag van die oortreding van die Wet op Medisynebeheer.

ʼn Tweede apteek is ook in Mamaila naby Sekgosese (sowat 50 km buite Modjadjiskloof) toegemaak. Dié apteek het ʼn lisensie van ʼn ander geregistreerde apteek gebruik. “Beamptes het in hierdie apteek beslag gelê op ʼn groot aantal medisyne, mediesefonds-eise en ander finansiële registers. Die eienaar van die apteek sal binnekort in hegtenis geneem word op aanklag van bedrog, oortreding van die Wet op Medisynebeheer en die bedryf van ʼn apteek sonder ʼn lisensie,” het Maluleke bygevoeg.

Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lida ·

Geen wonder daar is nooit medikasie by die klinieke en hospitale nie.

Drieks ·

Die staatshospitale se apteeke word leeg gesteel al van “94 af. Geen koerant kan al die misdaad wat daagliks in ons land gebeur dek nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.