Bedrieglike Covid-19-kontrakte: Valke slaan toe op munisipaliteit

Argieffoto ter illustrasie (Foto: Unsplash)

Die Valke in Mpumalanga het vandeesweek op ’n munisipaliteit in dié provinsie toegeslaan nadat bewerings van bedrog rakende Covid-19-kontrakte ook hier aan die lig gekom het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het in ’n verklaring gesê die Valke het Donderdag op verskeie dokumente by die Nkomazi- plaaslike munisipaliteit (Malalane) beslag gelê om bewerings van bedrog rakende die verkryging van Covid-19-kontrakte te ondersoek.

Volgens Mulaudzi was die munisipaliteit se aanstelling van kontrakteurs en diensverskaffers na bewering strydig met die vereiste verkrygingsregulasies.

Niemand is egter nog in verband met die bewerings in hegtenis geneem nie.

Dié operasie volg kort nadat bewerings oor onreëlmatige tenders vir die verskaffing van persoonlike beskermingstoerusting (PPE) in die Gautengse departement van gesondheid onlangs aan die lig gekom het.

Maroela Media het vroeër berig Bandile Masuku, die LUR van gesondheid in Gauteng, sy vrou, Loyiso, en die president se woordvoerder, Khusela Diko, is intussen op spesiale verlof geplaas terwyl die bewerings ondersoek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Kokerboom

AL die ANC beheerde metros en munisipaliteite kan maar ondersoek word. Die afkorting ANC is sinoniem met woord bedrog