Bedrog van R36 miljoen by munisipaliteit ondersoek

Argieffoto (Foto: Ian Landsberg/ Afrcan News Agency/ANA)

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (die Valke) stel ondersoek in na beweerde bedrog van R36 miljoen by ʼn munisipaliteit in die Oos-Kaap.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het Vrydag in ʼn verklaring gesê ʼn klopjag is uitgevoer in Mount Ayliff in die Alfred Nzo-munisipaliteit ná bewerings van bedrog en korrupsie.

Daar word beweer dat senior munisipale beamptes met diensverskaffers saamgespan het en ʼn kriminele netwerk op die been gebring het. “Die netwerk het duplikaat tenderkontrakte geskep wat reeds in plek was en aanskaffingsprosesse is geïgnoreer,” het Nkwalase gesê. “Dié tender, ter waarde van R36 miljoen, is aan ʼn ander diensverskaffer toegeken wat glo met die sindikaat verbind word.”

ʼn Subkontrakteer het na bewering geld na die munisipale beamptes oorgeplaas om die bron en beweging van die geld te verbloem.

“Die munisipaliteit het ʼn verlies gely weens onbehoorlike betalings in die tydperk tussen 2014 en 2018 vir die duplikaat dienslewering van ʼn inkomste- en faktuurbestuurstelsel.

Nkwalase het gesê die doel van die klopjag was om beslag te lê op dokumente wat met die bewerings van bedrog en korrupsie verbind word.

“Geen inhegtenisnemings is uitgevoer tydens die operasie by die munisipale kantoor nie, hangende die afhandeling van die ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Hercules ·

“The wicked plot against the godly; they snarl at them in defiance. But the Lord just laughs, for he sees their day of judgment coming. The wicked draw their swords and string their bows to kill the poor and the oppressed, to slaughter those who do right. But their swords will stab their own hearts, and their bows will be broken” ~ Ps 37:12‭-‬15 NLT ~

My siening ·

Terwyl mense dood gaan van honger ver lustig ANC munisipaliteite hulle in vergrype, en ons bly apartheid blameer en ontneem wit mense hul erfenis. Wat se erfenis los ANC vir die land??

Kokerboom ·

Die ANC gespuis het NOU hul vervaldatum bereik. Dit gaan my verstand te bowe dat dir President van “our people” nie weet van die munisipale fiasco in die munisipaliteiter deyr sy kapingsorganisasie bestuur!!!!Wanneer gaan hy die guts toon en die hele spul ontbind? Hoe kan mens soo blind wees en die status quo net toelaat????

Johan ·

Behoort deesdae eerder nuus te wees as daar geen bedrog gevind word by ‘n munisipaliteit.

Jacobus ·

Geen oranje oorpakke – maar klompie bevorderinge in die pyplyn! “true to form”. Met Ace ja met Ace!

Jakes ·

Ek is verbaas dat die bedrag net 28 mlj is en nie 28 miljard nie want hierdie knape glo net in baie miljoene op n slag. Hulle sal nog n tugondersoek moet ondergaan om te verduidelik hoekom hulle so min gevat het.

Sarel ·

Wat is nuut. Die dag as ons hoor van iemand wat skuldig bevind is gaan dit nuus wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.