Bedrogsaak teen hoës by departement uitgestel

Wendy Nelson. Foto: ANA.

ʼn Saak van bedrog teen Wendy Nelson, voormalige LUR van finansies en ekonomie in Noordwes, en Andrew Lekalakala, voormalige hoof van die departement van gesondheid, is in ʼn hof in Noordwes tot November uitgestel.

Henry Mamothame, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê Nelson en Lekalakala het tydens die hooggeregshofsitting verskyn en die saak is tot 9 en 10 November uitgestel. Die staat en verdediging het Woensdag hul hoofde van betoog afgehandel.

“Die twee staan tereg op aanklag van bedrog wat verband hou met die aanstelling van Lekalakala in die amp van superintendent-generaal in die departement van gesondheid, terwyl Nelson voorsitter van die paneel was tydens die onderhoud. Toe die onderhoud afgehandel is, het Nelson na bewering gewys op Lekalakala se wanvoorstelling op sy aansoekvorm, maar tog het sy hom vir dié senior posisie aanbeveel.”

Mamothame sê die staat het dié klagtes aangevoer gebaseer op bewyse wat in die hof voorgehou is deur ʼn lid van die betrokke paneel wat bekommerd was oor inligting op Lakalakala se aansoekvorm (Z83).

“Nelson het glo ook versuim om die verkeerde inligting aan die voormalige premier van die provinsie, Supra Mahumapelo, uit te wys toe sy Lekalakala aanbeveel het as kandidaat vir die posisie.”

Die bedrog beloop sowat R8 miljoen, wat Lekalakala as vergoeding ontvang het as superintendent-generaal by die departement van gesondheid.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
JM

Ál waarvan ‘n mens lees, is bedrog, leuens, diefstal, noem maar op. Dit is waaragtig soos ‘n tsunami wat nie wil verbygaan nie! Hoe lank nog?!!

Anoniem

Bribery and corruption is deurentyd aan die orde van die dag by die goverment. Maak nie saak WATTER departement. Selfs die teagirl & cleaners score deesdae daarby.

Niklaas

En ek sal my huis daarop wed dat Madam Nelson weens haar hulp tot sy aanstelling , ryklik beloon is (lees “Africa Salute”) deur die dankbare nuwe superintendent generaal . Daar was soos berig , ongeveer 8 Miljoen waaruit hy die nodige betaling kon maak om sy waardering te toon , indien dit so gebeur het.

Willem

R8m!! Wat moet mens doen om sulke geld te vedien ??

Kokerboom

Laat hul kierankies braai!!