Bedrogsaak teen LP wat raadslid word begin

Peace Mabe. Foto: Twitter

Peace Mabe. Foto: Twitter

Die EFF het Woensdag ʼn strafregtelike saak teen Peace Mabe, die ANC se burgemeesterskandidaat in Mogale City, aanhangig gemaak omdat sy glo ʼn posisie as raadslid in die munisipaliteit aanvaar het sonder om as lid van die parlement te bedank.

Artikel 47 van die Grondwet verhoed LP’s om terselfdertyd in provinsiale en munisipale strukture te dien.

“Peace Mabe is al vir meer as vyf jaar lank ʼn LP. Sy ken die reëls vir staatstrukture, maar omdat sy ʼn bedrieër is, het sy gehoop niemand sal dit agterkom nie en sy kan ʼn paar maande lank ʼn dubbele salaris verdien vir niksdoen,” het die EFF gesê. Die party het gesê die aanklagte teen Mabe is in Kaapstad aanhangig gemaak.

Mabe het die burgemeesterspos aan die DA se Lynn Pannall afgestaan ná afloop van die onlangse munisipale verkiesing. Mogale City, wes van Johannesburg, is een van die land se 27 rade waar die ANC nie ʼn volstrekte meerderheid kon kry om te regeer nie.

Pannall het vroeër Woensdag haar burgemeesterskomiteelede aangekondig. John Steenhuisen, die DA se hoofsweep, het ook vroeër die dag gesê dat Mabe bedrog gepleeg het deur as ʼn munisipale raadslid ingesweer te word voordat sy as LP bedank het.

“Nadat Peace Mabe haarself vir verkiesing beskikbaar gestel het en ingesweer is as ʼn raadslid in Mogale City verlede week, het sy steeds aangebly as ʼn lid van die nasionale vergadering. Aangesien sy egter bedrog gepleeg het deur nie te bedank nie, het haar lidmaatskap as LP outomaties tot ʼn einde gekom,” het Steenhuisen gesê.

“Nadat dit duidelik geword het dat sy onsuksesvol was in haar poging om burgemeester te word, het Mabe doodeenvoudig weer op die bus gespring en haar sitplek in die nasionale vergadering ingeneem, sonder dat sy in terme van artikel 29b van die reëls van die nasionale vergadering weer ingesweer is as LP. Sulke gedrag kan nie aanvaar word nie.”

Steenhuisen het gesê hy sal aan speaker Baleka Mbete skryf en versoek dat Mabe toegang tot die parlement geweier word en verhoed word om aan enige komiteevergaderings deel te neem totdat haar lidmaatskap behoorlik geprosesseer is. “Ek sal ook [Mabe] se gedrag na die etiekkomitee verwys vir haar oënskynlike oortreding van die behoorlike proses in hierdie geval,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Maria van Dieweeck ·

party skep en ander wil sommer weghol met die pot!

jaco ·

Steenhuisen is laaste om haar te beskuldig. ELKE parlementslid kry R1miljoen per jaar plus n lekker kar plus verniet vlieg plus n lekker huis plus n lekker onthaaltoelae. Dis hulle almal; ook die DA, VF Plus en die EFF. Brood en melk kos dieselfde vir hulle as vir my. Reusagtige bedrae word dus gespaar. En so nou ELKE parlementslid, ook dié van die DA en EFF, ‘n mini-Nkandla.

E.K. - ek sê net! ·

Jaco jy verloor nou weer die hel storie. Alle mense in regeringsampte word vergoed, dis reg ja, Enige mens word vir hul beroep vergoed. Maar bv die ou van Tswane het ‘n reusesalaris verLAging geneem met die aanvaarding van sy burgemeesterspos. Die punt van hierdie storie is dat sy twee salarisse skelm wou ontvang. Lees tog net mooi ou.

GES ·

Mabe het self die bedjie vir haar opgemaak, nou moet sy maar in dit slaap. Sommige mense dink ook bedrog is ‘n deug. Siestog!!!

Johan ·

Ons kan sien dat sy n onthaal toelaag gehad het……in die geval amper twee….lekker man lekker…..

Scalla ·

Haar onthaal toelaag beleggings groei mooi by kfc en mc donalds,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.