Bedrogsaak teen oud-Eskom-hoë moet voortgaan – hof

(Argieffoto)

Landdros Adriaan Bekker het Donderdagoggend France Hlakudi, voormalige senior bestuurder van Eskom, se versoek om die klag van bedrog van die klagstaat te verwyder, van die hand gewys.

Hlakudi word nou deur ʼn saak van multimiljoenrandse belastingbedrog in die gesig gestaar.

Die uitspraak, wat vroeër vandag in die Pretoriase streekhof gelewer is, laat die staat en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) toe om met die saak van bedrog en belastingontduiking teen Hlakudi voort te gaan.

Die voormalige Eskom-hoë het glo tussen 2016 en 2018 nie sy inkomste verklaar nie, wat ʼn verlies van sowat R30,2 miljoen vir SAID beteken het.

Volgens Sindisiwe Twala, woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), is die saak tot 24 Mei uitgestel.

Maroela Media het vroeër berig dat Hlakudi ook saam met vier ander persone daarvan beskuldig word dat hulle nagenoeg R745 miljoen, wat bedoel was vir Eskom-projekte, gesteel het. Hlakudi het glo miljoene van Eskom se subkontrakteurs ontvang tydens sy tyd as senior bestuurder van Eskom se Kusile-kragstasie.

Hlakudi sal weer op 1 Junie in die hof verskyn in verband met dié saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Thelsa ·

Watse vermetelheid om te dink jy mag nie vervolg word nie. Only in Souf Efrika

Johanncb ·

As die SAID uit soveel geld bedrieg is, wat op aarde was hierdie man se verdienste dan? Liewe aarde!!!

Frank ·

Sy van spel darem baie amper soos SABC se oud CEO Hlaudi……….

anko ·

Kroonwild, sal nie gebeur nie soos met al die ander. Jy hoor en dan is dit stil.

Jack ·

Hy kwalifiseer nou om n pos in die regering te kry. Sy cv is reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.