Bedrogsake by Valke hoop op

Argieffoto

Die polisie se direktoraat vir prioriteitsmisdaad, ook bekend as die Valke, sê hy is besig om altesame 2 158 bedrogdossiere wat meer as R182 miljard beloop, uit die vorige boekjaar te verwerk.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, het by ʼn konferensie van die Internasionale Vereniging van Finansiële Misdaadondersoekers in Rosebank, Johannesburg, gesê beperkte finansiële misdaadondersoekers het ʼn groot uitwerking op die eenheid.

Van die Valke se 2 500 personeellede is nagenoeg 1 700 ondersoekers.

“Minstens 3 558 beskuldigdes wat tereg gestaan het op 15 077 aanklagte van bedrog, is skuldig bevind. Gedurende dieselfde tydperk het die groter polisiediens 73 861 bedrogsake ontvang. Hiervan is 36 847 beskuldigdes in hegtenis geneem en 11 150 is skuldig bevind,” het Lebeya gesê.

Die bedrogsake wissel van tenderbedrog ter waarde van miljoene rande in die regering tot aanlynbedrogskemas, belastingbedrog, vervalsings en skynhuwelike, en van probleme met burgerskap tot identiteitsbedrog en die onwettige jag van bedreigde spesies.

“Al bogenoemde sake kan in die kuberruim gepleeg word. Jy het nie meer Tipp-Ex en tikmasjiene nodig nie, jy ontwerp jou eie sertifikate,” het Lebeya gesê.

Hy het gesê misdadigers vorm nou sindikate, werk vinnig en word nie deur enige grense gekeer terwyl hulle chaos op die staat en die ekonomie loslaat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Skaap ·

Ja en die Valke moet natuurlik hulle self ook nog ondersoek.
Baie werk ne’

Gert van Wierdapark ·

Valke VAT ‘n paar GROTES en Handel dit af (skuldiges in tronk en geld terug, = uit hul wegsteekgate). Met al die miljuisende sake wat ondersoek word, wat is die vordering tov skuldigbevindings? Die publiek wil resultate sien, want valke sonder snawels kan deurgaan as onskuldige mosses!!

Pieter ·

Haha hulle werk vir die anc daar sal niks van die sake kom nie hulle wag n vir hulle pay dis al

Pieter ·

So gaan dit as jy die eendag n konstabel is en die volgende word jy bevorder tot kaptein en dan reel jou pa nog vir jou om by die valke aan te sluit maar jy kannie eers n dosier open nie want jy weet nie hoe nie die land is om van siek te word

Jerry ·

Wanneer die Valke reken dat misdaadsindikate chaos op die staat en ekonomie loslaat, dan is die Valke nie te vertrou nie, omrede daar bewyse en bewyse is dat dit die ANC/eff kaders van die staat en die ANC/eff kaders by vakbonde is wat deel is van georganiseerde misdaad vir georkestreerde de-kolonisasie! Lebeya moet sy nonsens met zuma, molefi en ace gaan praat! Hierdie sake is net die oortjies van die seekoei wat intussen gegroei het tot by n Buffel!

Gemaskerde Sopbeen ·

Goeiste, maar hy noem darem maar GROOT getalle “skuldig bevindings”? Kan ons ‘n paar regerings-amptenare se name hoor, en sien hoe hulle terug betaal en tronk toe gaan? Of is hierdie sake net sindikaat-verwante kredietkaart bedroggies/bedraggies? Dit wil nie vookom of ‘n Valk kans sien vir ‘n Minister of ‘n Misister nie….want dan is hy sy bonus en voordele kwyt. Shame man…

John ·

Om mense darem valke te wil noem is verregaande want sien, sien ons maar sleg meeste van die tyd en valke kyk ook net uit vir dit wat hulle pas. Die ANC praat nie van geestelike inkeer nie en straf vir verkeerd bly uit. Selfs die prez, wat skaars die stuurwiel oorgeneem het by die vorige verkeersoortreder, jaag alweer dat die bossies bewe om van hoogsbetaalde verkeersbeamptes en struikrowers te ontvlug. Die ou kar kort ‘n goeie diens want die wiele wil-wil afval. Die spaarwiel is reeds missing en die remme… Ho nou!… Helppp!_______

Hennie ·

Hier is vir ou Chirrel ‘n idee om werk te skep, en ek glo dit sal nooit ooit ophou werk verskaf nie! Ou chirrie, laat jou mense TRONKE BOU!

LK ·

Foeitog… en terselfdertyd kom die misdaad SYFER gereeld af… Iemand kan nie tel nie… sien ons alweer. Algemene probleem in SA. skoolgeld terugvra gaan nie help nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.